Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly
Afrikaans South AfricaBooks · Language LearningAuthored by Christa Steyn-Bezuidenhout, Esté Meyer Jansen Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
Elise Nel, skrywer van 'Ons raaiselpad met Alzheimersiekte', gesels met Maroela Media oor hoe die Covid-19-pandemie pasiënte se versorging beïnvloed en deel ook raad hoe om geliefdes met die siekte by te staan.
Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Francois Jacobs en Edward Blignaut, skrywers van 'The Flipside of studying Medicine', gesels. Jacobs en Blignaut, twee sesdejaar- mediese studente aan die Universiteit van Pretoria, het onlangs ʼn boek oor mediese studie in Suid-Afrika geskryf.
Die skrywer André Trantraal se ma, Charmaine, sit ’n handjie by met dié voorlesing uit ‘Keegan en Samier 1: Die Sleutel Speurders’. Laat die jong span vir twee minute saam luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met die debuutskrywer Ivor Swartz, skrywer van 'Die verlore seun vannie Gaatjie', gesels oor sy tronk-outobiografie. Hy vertel hoe sy beskouing van God oor die jare verander het, wat sy rol as jeugpastoor vir hom beteken en hy verklap ʼn geheim uit sy tronkdae.
Hannelie Groenewald, skrywer van ‘Terreur in Kaboel’, het ses jaar gelede haar gesin in ʼn terreuraanval in Afganistan verloor. Luister hier na ʼn gesprek oor haar helingsproses, verhouding met God en raad wat sy met Christene deel.
In “Die Seders van Libanon” kruis vier vroue se paaie en elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra. Luister hier na ʼn voorlesing deur Adriana Faling. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing…
Vir die volgende vyf minute kan jy jou skoolwerk opsy skuif en na ʼn voorlesing van “Z-A-K: Die reis na Zenkion” luister. Dié jeugroman deur Theresa van Baalen is die opvolg van “Z-A-K: Die Blou Planeet” en dit is geskik vir tieners dertien jaar en ouer. Die voorlesing word in…
“Wat help dit as sy skree? Wie sal haar hoor?” Skuif nader en luister saam na ʼn voorlesing van Annerle Barnard se debuut-jeugroman “Sweepslag”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur…
“Die Brug: Na die hel en terug in Angola” vertel van dienspligtiges se reis van jong man na veteraan. Die boek gee ook ’n stem aan die vroue in hul lewe. Luister hier na ʼn voorlesing deur Deon Lamprecht. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak…
Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Anzil Kulsen en Nadine Blom, skrywers van "Skarlakenkinders", gesels oor hul emosionele reis tydens die navorsings- en skryfproses, die invloed wat mensehandel op slagoffers het en waar om vir hulp aan te klop wanneer iemand vermis word.
Rudie van Rensburg is terug met nog ʼn Kassie Kasselman-speurverhaal. Luister hier na 'n voorlesing deur Neels van Jaarsveld uit "Merk". Die voorlesing is deur NB-Uitgewers vervaardig en goedgunstig aan Maroela Media verskaf.
Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal? Anzil Kulsen ondersoek dié en ander huwelikskwessies in haar jongste boek, “Reënboogmelodie”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in…
Vakansie is sinoniem met ure lange pret met die jongste rekenaarspeletjies en fietsry in die straat. Maar vir Paul, Adriaan en Karlien ontaard die vakansie in ʼn nagmerrie. Luister hier na ʼn boekvoorlesing van “Sindikaat” deur Annerle Barnard. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak…
“Om eerlik te wees, ek was party aande ʼn bietjie bang,” vertel Anel Heydenrych, skrywer van die sielkundige riller “Die afloerder”. Maroela Media het tydens ʼn Zoom-onderhoud met Heydenrych gesels oor karakters wat haar op hol gejaag het, uitdagings tydens die skryfproses en stories wat haar inspireer.
Wat is dan lekkerder as om ʼn groot bak springmielies nader te trek en na opwindende kinderstories te luister? "Stories uit ʼn Mammahart" bied 12 unieke kinderstories wat jou en die kroos ure lank sal vermaak. Luister hier na “Sandra Slang en die orkes”. Dit is goedgunstig deur die skrywer…
Het jy al gewonder hoe ʼn mens met ʼn stert sal lyk? Luister hier na Fanie Viljoen se voorlesing van “Stert” om vas te stel. Die kortverhaal is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Dit word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die…
“Lewies het gedink ons moet dit maak Swerm-Voëls-Vlieg-Met-ʼn-Boom-Weg-Fontein. Pa het ʼn ander naam gedink, en ek ook. Dis Ma wat gesê het die wilkers lyk te pragtig, ons noem dit Sewewilkerwerf." Dié week lees Johny Klein een van Tom Ackermann se kortverhale voor. Luister hier na “Gevleuelde bome”. Die voorlesing…
Johny Klein is terug met nog ’n voorlesing. Skuif nader en luister saam na PG du Plessis se kortverhaal “Breins”. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
“Sommer van piepklein af was die kuiken anners. Jy kon dadelik sien sy’t ʼn houding. En as groot hen was dit nog so, en met reg, want sy was nie sommer hierjy se hoender nie.” Luister hier na Johny Klein se voorlesing van “Nog ʼn eier te lê” deur Tom…
8 Jun 2020
7 min
160 – 180
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.