Taaltoffie

Ons gesels met skrywers, deel interessanthede oor boeke en luister saam na boekvoorlesings.
"Taaltoffie" word vervaardig deur Maroela Media.
Weekly Afrikaans South Africa Books · Language Learning Narrated by Afrikaanse skrywers en taalfoendi's
192 Episodes
180 – 192

Boekvoorlesing: Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai

Het jy nodig om asem te skep? Vir die volgende vyf minute kan jy en die jongspan heerlik luister na Fanie Viljoen se voorlesing van "Aksieheld Austin: Onheil op Skedelbaai". Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik…
6 May 2020 4 min

Boekvoorlesing: Kowie Brönn van Montagu

Saam met ’n koppie boeretroos sal ’n voorlesing van ‘Kowie Brönn van Montagu’ deur Abraham H de Vries vorentoe smaak. Luister hier na Johny Klein, bekende akteur en storieverteller, se aanbieding. Die voorlesing is in samewerking met Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
4 May 2020 7 min

Boekvoorlesing: Hans steek die Rubicon oor

Luister saam na ʼn voorlesing van Rudie van Rensburg se komiese boek “Hans steek die Rubicon oor”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
23 Apr 2020 4 min

Boekvoorlesing: Die Bergengel

Carina Stander lees ʼn gedeelte uit die eerste boek in haar ‘Bergengel’-trilogie voor. Luister hier na “Die Bergengel”. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
22 Apr 2020 4 min

Boekvoorlesing: 40 dae tot hoop

“40 dae tot hoop” help lesers om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar hulle vandaan kom en waarheen hulle op pad is. Luister hier na 'n voorlesing deur die skrywer, Ronell Bezuidenhout. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat…
13 Apr 2020 5 min

Boekvoorlesing: Uit die Beek 2020

“Uit die Beek 2020” deur dr. Barend Vos is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Luister hier na sy boodskap vir Paasfees. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur…
10 Apr 2020 5 min

Boekvoorlesing: Die wolkversamelaars

Nadia de Kock lees ʼn gedeelte uit haar derde roman "Die wolkversamelaars" voor. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
31 Mar 2020 5 min

Boekvoorlesing: Olke bolke, Lulu

Drie minute is net genoeg om ʼn sluk van jou koffie te vat. Sorg net eers dat die kleinspan aandagtig na Fanie Viljoen se voorlesing van "Olke bolke, Lulu" luister. Dit is geskik vir kinders sewe jaar en ouer.
31 Mar 2020 3 min

Boekvoorlesing: 2048

Réney Warrington lees ʼn deel uit die manuskrip van haar distopiese roman "2048". Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.
30 Mar 2020 3 min

Boekvoorlesing: Die kas

Dis so maklik soos een-twee-drie minute! Skuif vinnig nader en luister na 'Die kas'. Wees gewaarsku – dié spookstorie deur Fanie Viljoen sal jou behoorlik laat ril! Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis…
26 Mar 2020 2 min

Boekvoorlesing: Pieksel

Het jy vier minute? Kry die jongspan en skuif dan sommer gou nader om te luister na Fanie Viljoen se voorlesing van "Pieksel". Dit is geskik vir kinders nege jaar en ouer. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie…
20 Mar 2020 3 min

Boekvoorlesing: Die bruin tas

'Die bruin tas' word deur die skrywer, Jaco Jacobs voorgelees. Dit het in "101 Nagmerries" verskyn en is in samewerking met die skrywer en Lapa Uitgewers moontlik gemaak.
19 Mar 2020 3 min
180 – 192