OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1180 – 1200

Charl Shaunderson gesels vandag in ‘n nuwe reeks oor verhoogde winsgewendheid

Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie begin hy in ‘n nuwe reeks oor verhoogde winsgewendheid, spesifiek in die veebedryf. Saunderson verwys na faktore soos predasie, naspeurbaarheid, droogte, knellende ekonomie,…
27 Jan 2022 12AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar en druk op graanpryse veroorsaak. Speenkalwers se pryse het ook steeds sywaarts beweeg. Afwaartse pryse word egter vir…
26 Jan 2022 1AM 5 min

PM berig oor Botswana wat miljoene dollars verdien uit olifantjag

Botswana het verlede jaar meer as $2,7 miljoen uit olifantjag verdien. Meer as 287 lisensies was uitgereik en jagters het tot soveel as $43 000 betaal om ‘n olifant te skiet. Kritici is baie gekant teen die opheffing van die verbod op olifantjag in 2019, maar die betrokke minister het…
25 Jan 2022 12AM 1 min

PM berig oor vordering wat gemaak is om geldwassery by wildsmokkelaars te onthul

Groot vordering is die afgelope tyd gemaak met die blootlegging van hoe kriminele sindikate finansiele stelsels gebruik om te funksioneer. ‘n Suid-Afrikaanse taakmag teen geldwassery het met goeie navorsing, groot vordering gemaak om dit hok te slaan en dit word internasionaal geloof as ‘n uitstekende bedryfsmodel. Daar word ook gehoop…
24 Jan 2022 1AM 1 min

PM berig oor ‘n kompetisie om Suid-Afrika se eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys

‘n Interessante kompetisie het pas afgeskop om Suid-Afrika se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur aan te wys. Die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur-kompetisie het op 10 Januarie afgeskop en inskrywings sluit op 28 Februarie 2022. Dit word deur Plaas Media en ‘n veeboerderykonsultant, dr Louis du Pisani aangebied en beloof klaar baie gewild…
24 Jan 2022 1AM 2 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Sy onderwerp is vandag “Tevredenheid is die Moeder van gelukkigheid”.
21 Jan 2022 12AM 4 min

PM berig oor kommer in wolkringe teen sekere wetgewing in die buiteland

Kommer bestaan in die wol- en sybokhaarbedrywe oor die definisie van volhoubaarheid. Die mening van die onderskeie bedrywe is, dat die etikette oor volhoubaarheidsgradering, natuurlike vesels soos wol in ‘n swak lig kan stel. Die huidige metodes gee voorkeur aan sintetiese weefsels omdat dit meer herwinbaar kan wees.
21 Jan 2022 12AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers skerp gestyg die afgelope week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het ook steeds gestyg. Hoenderpryse het weer gedaal, terwyl varkvleispryse ook effens gedaal het. Verdere dalings…
19 Jan 2022 1AM 4 min

PM gesels oor die opwindende Jong Afslaerskompetisie vir 2022

Toyota SA se Nasionale Jong Afslaerskompetisie vir 2022 het afgeskop. Daar is twee kategoriee, naamlik Nasionale jong afslaers tussen 19 en 35 jaar oud en ook junior afslaers tussen 14 en 18 jaar oud. Groot pryse kan gewen word en dit sluit in ‘n oorsese reis ter waarde van R55…
19 Jan 2022 1AM 2 min

PM berig oor sonkragplase wat ook vir skaapweiding aangewend kan word

Sonkragplase word dikwels nie meer vir weiding gebruik nie, maar die grond word eerder verhuur vir groter inkomste. Daar is egter toenemende belangstelling in oplossings wat landbou- en sonkragproduksie op een plek kan kombineer. Skaapweiding kan die antwoord wees en sonkragprodusente werk nou saam met skaapboere om grond ook as…
17 Jan 2022 2AM 1 min

Claude Moller gee sy naweek inspirasie vir landbouers

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem.
14 Jan 2022 12AM 4 min

PM gesels vandag oor ‘n onlangse studie wat seesterre aanbeveel as veevoer

‘n Studie wat onlangs gedoen is, het die potensiaal uitgewys om seesterre as veevoer te gebruik vir speenvarke en pluimvee. Seestermeel bevat aansienlike vlakke van broodnodige aminosure en dit word goed deur varke verteer. Seesterre is ‘n plaag by mosselplase en kan groot verliese in mosselproduksie veroorsaak. Die nuwe studies…
14 Jan 2022 12AM 1 min

PM gesels oor die moontlike gebruik van hommeltuie om skape te beheer

Die tradisionele gebruik van skaaphonde om skape op ‘n plaas te beheer en selfs te beskerm teen roofdiere, het onder skoot gekom met nuwe navorsing wat oor die gebruik van hommeltuie gedoen is. ‘n Nuwe studie het skape se hartklop gemonitor onder verskillende omstandighede. Skape se hartklop per minuut is…
11 Jan 2022 8AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe van die NWU gee die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het effens gestyg. Laer vraag kan die pryse egter laag hou. Hoenderpryse het gedaal, terwyl varkvleispryse ook…
11 Jan 2022 8AM 4 min

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom aan die Universteit Vrystaat

Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, bespreek die nadelige invloed van die baie reen wat die afgelope tyd uitgesak het. Volgens hom trek aanplantings swaar as gevolg van versuipings en erosie in groot dele van die land. Produksiekostes bly egter steeds hoog en insetkoste wat te hoog…
11 Jan 2022 12AM 2 min
1180 – 1200