Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete gesels oor diarree by vee en ‘n biologiese oplossing daarvoor. Cloete verduidelik die tekens by vee wanneer hulle met ‘n virus besmet is. Hy verduidelik ook die besmette gedeeltes en waarsku dat infeksies vining kan versprei.
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom en senior dosent aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die effek van veldbrande en die vernietigende uitwerking daarvan op die landbousektor. Mare verduidelik dat voer dringend aangekoop moet word om diere wat sonder weiveld is, te red. Rampgebiede word nie gou genoeg verklaar nie en die…
Jannie Strydom is die Hoofbestuurder van Agri Wes-Kaap en hy vertel van ‘n groentetuinprojek wat die organisasie saam met ‘n nie-regeringsorganisasie begin het om pleegouers van 95 wees- en weerlose kinders, op te lei en die nodige vaardigheid- en kundigheid oor te dra. Strydom vertel van die rol wat boere…
Meyer Conradie is die Hoof Uitvoerende Bestuurder van Mosaic, ‘n nie-regeringsorganisasie wat fokus op wees- en weerlose kinders en hulle pleegouers se rol om vir hulle te kan sorg. Conradie vertel van die vennootskapsooreenkoms wat met georganiseerde landbou aangegaan is om te help met vaardigheidsopleiding en mentorskap projekte. Agri Wes-Kaap…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ons sal vorentoe ook regkom”.
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag ‘n nuwe organisasie wat in die lewe geroep is om ‘n paar bedrywe bymekaar te bring. Die sogenaamde “groen agenda” kom ook ter sprake en Groenewald verduidelik ook die bedingingsmag wat een so ‘n organisasie kan vermag.
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die voorbereiding om ‘n sukses te maak van jou boerdery. Hy verduidelik hoe jou potensiaal die uitdagings van die lewe…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers het effens gestyg en slagpryse het sywaarts beweeg. Die gemiddelde stoorlampryse het effens gedaal. Hoendervleispryse het stadig opwaarts beweeg…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete verduidelik die biologiese middels wat gebruik kan word vir groeibevorderaars by vee. Minder voer wat uitgeskei word en meer energie en gewigstoename is van die belangrike eienskappe. Daar is definitief ook minder stres wanneer die vee vervoer word…
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom en senior dosent aan die Universiteit Vrystaat, gesels oor die huidige rekordpryse wat vir vee op veilings betaal word en vra die vraag of dit die moeite werd is. Hy veruidelik ook hoe die waarde van ‘n dier bepaal word. Verder verduidelik hoe die som gedoen…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondreg. Vandag gesels hy oor ‘n interessante onderwerp, naamlik “ sonde met die bure” of ook in gegstaal uitgedruk as oorlas en “nuisance”. Hy vergelyk ook hofsake uit die verlede in hierdie verband. Moolman doen ‘n uiteensetting van die regsbeginsels…
‘n Tasmaanse skaapmelkery het ‘n reeks velsorgprodukte uit skaapmelk geloods. Dit is dan ook van die nuutste toevoegings tot ‘n reeks “ongewone” produkte, soos byvoorbeeld vodka uit skaapdikmelk. Die groot aantal plastiek wat ook in skoonheidsmiddels gebruik word, word vermy deur spesiaal ontwerpte keramiekhouers, waarin die verkillende rome verpak word.
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. In vandag se aflewering is sy tema: “Ouma Emma, die kampioen”.
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag plantpoulasie by verskillende plantgewasse. Hy maak die onderskeid tussen meerjarige en eenjarige gewasse soos byvoorbeeld mielies, pekaneute, ens. Hy adviseer produsente wat is die risikos verus jou inkomste wat jy uit die gewasse gaan kry hy benadruk ook die belangrikheid…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en -maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor die uitdagings wat elke boer mee worstel. Hy verwys na ‘n Bybelse verhaal en die verdeling van grond en weiding…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand hierdie week stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse het effens gestyg. Varkvleispryse het stadig opwaarts geneig in die afgelope week en dit word voorspel dat vanaf September…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete verduidelik die biologiese middels wat gebruik kan word om parasiete te beheer deur binne die eiers en papies in te dring. Diere se immuunstelsels word ook opgebou en wanneer diere gestres is, maak dit hulle meer vatbaar vir…
‘n Groep Australiese melkboere ondersteun ‘n nuwe wetenskaplike onderneming wat melkprodukte wil naboots. Daar word beoog om diervrye suiwel te produseer. Die onderneming verwag om hul eerste produkte binne 18 maande op die mark te laat verskyn. In Suid-Afrika is ook begin om diervrye suiwelproteien in ‘n laboratorium in Kaapstad…
Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige, verduidelik die definisie van hofaansoeke. Hy verduidelik ook wanneer ‘n hofaansoek bekragtig word en hoe ‘n kennisgewing toegestaan word. Daar is heelwat vereistes waaraan voldoen moet word. Volgens Moolman is dit belangrik dat die regte prosedures gevolg word en hy verwys ook na die proses van…
‘n Onlangse studie toon dat meer vleis na Suid-Afrika ingevoer is tot April vanjaar as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Die meeste lewende speenkalwers, is uit Australie ingevoer, wat ‘n styging van 30% getoon het en die meeste lewende skape uit Namibie. Verdere studies het ook getoon dat 46%…
13 Sep 2021 1AM
1 min
1300 – 1320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.