Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand weer baie verswak in die laaste week teenoor die Amerikaanse dollar. Die olieprys wat skerp gestyg het, gaan ook ‘n bepaalde invloed op insetkostes uitoefen. Stoorlammers is…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete het verlede week gesels oor oor wortels van plante en brakgronde en vandag oor voordelige organismes. Goeie organismes is belangrik vir die wortelsones en sapvloei van die plante en Cloete verduidelik die redes daarvoor.
In ‘n studie wat wat in Suidoos-Queensland gedoen is, is bevind dat stadshonde wat ook energiek is, maar in klein agterplase aangehou word, opgelei kan word om te help in die beskerming en aankeer van skaaprasse. Eienaars van die honde word selfs opgelei om beter met hulle honde te kan…
Bismarck du Plessis, voormalige Springbok-haker wat in 2007 lid was van die Wereldbekerkampioenspan, het die afgelope bykans 10 jaar sy sport beoefen in Frankryk. Intussen het hy ook deeltyds saam met sy ma en 2 broers, Jannie en Tubby, in die Bethlehem-distrik met Beefmaster-beeste geteel. Hy vertel van die rede…
Die African Animal Breeding Network is onlangs bekendgestel om onder andere die genetiese verbetering van vee in Afrika te ondersteun. Dit sal ook ‘n volhoubare skakeling skep vir langtermyn betrokkenheid tussen verskeie rolspelers om die ontwikkeling en verspreiding hiervan in Afrika te bevorder. Dit is, volgens die rolspelers, noodsaaklik vir…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Tjoepie Groenewald, bekende sosiale media-kundige in die landbou, bespreek vandag antibiotikas in die vleis van beeste. Tegnologie en navorsing wat op beeste gedoen en toegepas is, het interessante uitslae getoon. Groenewald vergelyk sekere toetse wat op beeste gedoen is, met die menslike gebruik van asma-pompies en hy verduidelik hoe die…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en –maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor suksesvolle vleisproduksie en verduidelik ‘n paar stappe. Goeie lampersentasies moet gehandhaaf word. Wat beteken as ons praat van geld in…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week weer baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar. Speenkalwers se pryse het oor die algemeen sywaarts beweeg. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete praat vandag oor wortels van plante en brakgronde en hoe hou ‘n mens die wortels skoon en berei dit vir die seisoen wat kom. ‘n Kenner verduidelik ook hoekom wortelontwikkeling belangrik is vir die nuwe seisoen. Hy verduidelik…
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, skets die probleem van plattelandse paaie wat “geplunder” word deur myntrokke, in Sentraal Suid-Afrika hoofsaaklik die ystererts- en mangaanmyne se trokke op roetes en paaie wat nie gebou is om hieride groot aantal trokke te kan akkommodeer nie. Die sogenaamde landboukettings moet…
Petie Koekemoer van die Petana Beefmasters is ‘n stoetteler in die Wolmaransstad-distrik en hy vertel van die goeie landboujaar wat landbouers in hulle distrik beleef. Koekemoer verduidelik ook oor die Beefmasters se aanpasbaarheid in hulle omgewing en hy vertel verder van ‘n interessante, jaarlikse veiling wat sy stoetery eersdaags hou…
Nadat Suid-Afrika se inperkingsregulasies verslap het, was daar weer ‘n toename in renosterstropery. In 2020 is egter 30% minder renosters gestroop as in 2019, wat die laagste is seder 2011. Intussen het SA Jagters ‘n paneelverslag oor die bestuur, teel, jag, handel en hantering van onder andere renosters en ander…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Jeugskoue in Suid-Afrika moes sekere aanpassings maak en het vanjaar minder en kleiner aanbiedings. Dit word ook in ‘n nuwe formaat aangebied om aan Covid-regulasies te voldoen. Twee kampioenskappe word intussen vir Oktober beplan. ABC Rural berig verder oor ‘n kuberaanval wat buitelandse vleisverwerkers tot stilstand gedwing het. Aksie is…
Charl Saunderson is ‘n bekende landbouer, motiveringspreker en berader wat gereeld by landbouverenigings en –maatskappye optree en sy kundigheid aan verskeie rolspelers oordra. In vandag se praatjie gesels hy oor hoe huidige landbouers hulleself kan meet teen die verlede se suksesse en daarop voort te bou. Dit sluit in vitamines,…
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, gee oudergewoonte die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand in die laaste week baie verswak teenoor die Amerikaanse dollar, hoofsaaklik as gevolg van die onrus in die land. Stoorlammers is steeds baie skaars en dit het…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Cloete praat vandag oor vrylewende stikstofdieners. Hy noem ‘n paar produkte wat jou plante beter sal laat groei en ook ‘n invloed op die wortelstelsels van plante het. Hy verduidelik ook weer wat die biologiese oplossings vir baie probleme…
Dr Frikkie Mare, bekende landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, praat vandag oor die ekonomiese gevolge van die afgelope paar dae se gebeurtenisse. Hy verwys na die sogenaamde “brand van die land”, wettelose betogings, plundery en ander negatiewe faktore. Aan die ander kant is die weiveld en gesaaides wat afbrand na…
Erik Strauss is ‘n bekende Bonsmara-teler in die senrale deel van die Vrystaat Provinsie, waar hy met die gesogte ras in die Bultfontein/Brandfort-distrik boer. Strauss vertel van die goeie landboutoestande wat hulle vanjaar ondervind en ook hoekom hy juis op die Bonsmara-ras besluit het, waarmee hy sedert 2005 teel.
13 Jul 2021 3AM
3 min
1320 – 1340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.