OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,764 Episodes
1560 – 1580

Claude Moller gee sy inspirasie vir die naweek.

Claude Moller, bekende "life coach" en motiveringspreker in die landbou, gee sy inspirasie vir die naweek. Hy deel sy wedervaringe met alledaagse mense en die lessies wat hy daaruit neem. Moller motiveer veral landbouers en sy tema vandag is: "Go with the Crow".
4 Dec 2020 12AM 4 min

PM gesels met Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou.

Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag handel sy…
3 Dec 2020 12AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe van die Noordwes Universiteit gesels oor die jongste kommoditeitspryse.

Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n opwaartse neiging van speenkalfpryse. Daar is ‘n effense tekort aan speenkalwers. Stoorlampryse het effens gestyg sedert laasweek. Hoenderpryse het egter sywaarts gebly en varkpryse toon ‘n opwaartse kurwe. Graanpryse het oor die algemeen effens gedaal en so ook soja-…
2 Dec 2020 12AM 4 min

Claude Moller gee sy inspirasie vir die naweek.

Claude Moller, bekende "life coach" en motiveringspreker in die landbou, gee sy inspirasie vir die naweek. Hy deel sy wedervaringe met alledaagse mense en die lessies wat hy daaruit neem. Moller motiveer veral landbouers en sy tema vandag is: "The blessing, not the baggage/ Volhard en Oorwin".
27 Nov 2020 12AM 3 min

PM gesels met Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou.

Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
26 Nov 2020 1AM 2 min

PM berig oor interessante navorsing wat gedoen is oor Generasie Z verbruikers.

Die Universiteit van Sydney het interessante navorsing gedoen oor Generasie Z verbruikers en tot ‘n bevinding gekom dat 72% van hulle nie bereid is om gekweekte vleis te eet nie. Ten spyte van hul gebrek aan entoesiasme oor nuwe vleisalternatiewe, glo 41% dat dit wel ‘n lewensvatbare voedingsbron kan wees.
25 Nov 2020 12AM 1 min

PM berig oor ‘n unieke ink wat uit poeiermelk vervaardig word.

Poeiermelk-ink is ‘n nuwe toevoeging tot unieke uitvindsels deur navorsers. Navorsers aan die Singapoer Universiteit van Tegnologie het ‘n 3D-drukmetode wat melk gebruik, ontwikkel. Die melk-inkformule uit poeiermelk, is gebruik om komplekse 3D-strukture suksesvol te vervaardig, volgens ‘n berig van Dairy Reporter.
23 Nov 2020 1AM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers.

Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
20 Nov 2020 12AM 3 min

PM berig oor dierewelsyn in Brittanje wat goeie vordering maak

In Brittanje is onlangs gestem oor voedselinvoere wat aan binnelandse standaarde moes voldoen. Die welsynstandaarde van diere word in ag geneem en belangrike wetgewing in hierdie verband is aanvaar. Die stap word as ‘n groot oorwinning beskou vir dierewelsyn en ‘n teken van vertroue in Brittanje se boerderybedryf.
18 Nov 2020 1AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe van die Noordwes Universiteit gesels oor die jongste kommoditeitspryse.

Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n afwaartse neiging van vleispryse. Stoorlampryse het ook gedaal as gevolg van swak koopkrag. Hoenderpryse het egter gestyg en varkpryse bly baie hoog. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter…
18 Nov 2020 1AM 3 min
1560 – 1580