Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor die aktiewe debat wat tans gevoer…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
According to news reports, the performance of group earnings of Astral Foods is down with 25% compared to the same figures of the previous year. If the second half of last year is taken into account, the strict rules of the lock down, due to Covid-19 regulations, had a severe…
Dr Johnny van der Merwe, bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek oudergewoonte die jongste kommoditeitspryse. Graanpryse het skerp gestyg met die rand wat sterk geval het. Baie reen het intussen ook skade veroorsaak, maar tot dusver is daar nie baie aangemeld nie. Hy noem dat speenkalfpryse en stoorlampryse ook…
‘n Interessante studie deur wetenskaplikes van die Virginia Tech in die VSA, het bevind dat deur minder koeie aan te hou of totaal te verwyder, nie noodwendig sal lei tot minder kweekgasse nie. Die nadraai van die verwydering van koeie moet dan egter ondersoek word, omdat dit sekere gevolge kan…
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor die bees- en skaapvleispryse en die verskille met karkaspryse. Hy bespreek verder ook die mededinging tudssen rolspelers en verduidelik ook die soms bo-normale styging van pryse, asook kleinhandelpryse.
Die bekende regskundige, Hans-Jurie Moolman verduidelik sekere fundamentele regte en hoe dit vervat is in die Suid-Afrikaanse grondwet. Hy gee ‘n oorsig wat van landsburgers verwag word en hoe hulle regte tydens die inperkingstydperk gereguleer word. Optredes van landsburgers, die gebruik van fasiliteite en ander gebeurlikhede soos begrafnisse, troues en…
Insetsel van Hans-Jurie Moolman, bekende regskundige wat gesels oor die sogenaamde "nuwe normaal". Hy praat oor die regskonteks van die huidige inperkings reëls.
Willem Kgomotswane is ‘n plaasbestuurder in die Hopetown-distrik. Hy is hoofsaaklik verantwoordelik vir die vee-afdeling van die boerdery. Hy vertel wat hy en sy gesin tradisioneel oor die Kersgety doen en gee ook ‘n oorsig van landboutoestande in die distrik.
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het die afgelope paar weke gesels oor biologiese landbou en die voordeel daarvan vir die bewaring vir die nageslag. Hy het onder andere verwys na die rehabilitasie van grond, saadbehandeling, fosfate en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy…
Dr Frikkie Mare, senior landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels oor prysbewegings . Hy bespreek die algemene lae ekonomiese groei vanjaar as gevolg van die pandemie, hoewel landbou uitgesonder is as ‘n sektor waarin positiewe groei voorgekom het. Die huidige, ware syfers is egter misleidend en landbou is omtrent die…
Zane Koeberg is ‘n bekende en kundige in die wapenbedryf wat veral spesialiseer in die uitneem van lisensies en als wat daarmee gepaard gaan. Koeberg verduidelik die stappe wat geneem moet word om die sogenaamde “groen” lisensies te verander in die huidige “wit” kaarte. Hy gee ook inligting van amnestie,…
14 Dec 2020 1AM
4 min
1580 – 1600
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.