Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Botswana het besluit om weens die gebrek aan toerisme, as gevolg van die Covid-19 pandemie, die oorblywende swartrenosters uit die Okavango-delta na veiliger gebiede te verskuif. Van die 20 swartrenosters wat nog oor was, is 6 gedurende Maart vanjaar uitgewis en die regering is genoop om die res na veiliger…
Dr Frikkie Mare van die Universiteit Vrystaat, gee sy menining oor die uitvoere van rooivleis en hoe die mark gestimuleer kan word. Volgens hom het die uitvoer van lewendige diere na oorsese lande vir groot omstredenheid gesorg en bly dit ‘n sensitiewe saak. Die diereregte-organisasies het die uitvoer van lewendige…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskenner wat spesialiseer in grondhervorming. Volgens hom is grondhervorming en eiendomsreg albei belangrike skakels vir grondeienaars. Moolman verwys ook na grondeise en hoe huurarbeiders-eise in verskeie sake betrokke was die afgelope paar jaar, byvoorbeeld 10 000 eise wat in 19 jaar opgestel is. Die Wet…
Ons berig vandag oor marknavorsingsnetwerke wat biodiversiteit ondersoek. Die maatskappy het nuwe riglyne vir modehuise daargestel en gee ook ‘n volledige uiteensetting van stadia van klereproduksie en die invloed op die natuur. Dit sluit in faktore soos die besoedeling van grond, waterbesoedeling en klimaatsverandering. Die maatskappy doen verder ‘n beroep…
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor die voordele van aanlynveilings en digitale…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Dr Johnny van der Merwe praat oor die jongste kommoditeitspryse en daar is steeds goeie tekens vir die gemiddelde speenkalfprys. Slagpryse van voerkrale het ook gestyg. Volgens Van der Merwe het beesvleispryse goed gestyg die laaste maand, hoofsaaklik omdat daar steeds meer vraag as aanbod bestaan. Sterk plaaslike en internasionasionaal…
Die Internasionale Graanraad se raming vir die totale wereldgraanproduksie in 2020/21, is drasties verlaag, hoofsaaklik as gevolg van afgraderings van koring in die VSA, Rusland en Europa. Mielies in Amerika se afgraderings was ‘n verdere bydraende faktor. Die raad het ook sy ramings vir Amerikaanse koringproduksie vir 2020/21 verlaag. Die…
Erich von Shauoroth is ‘n boer in die suide van Namibie wat welbekend is vir baie landbouers in die Vrystaat, waar hy vir baie jare deurgebring het. Von Shauroth het sedert die vroee negentigs voltyds op die familieplaas naby Grunau gaan boer en sy Savannah Gasteplaas is ‘n bekende baken…
Fibre2Fashion berig dat die Universiteit van Lincoln in Nieu-Seeland groot regeringsfondse ontvang het om wolgebasseerde beskermingstoerusting te vervaardig wat van wol afkomstig is. Die navorsingspan het 18 maande geneem om die produk te ontwikkel om in die toekoms Covid-19 en ander pandemies se voorkomingseienskappe te verbeter. Verder berig ons ook…
Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat bespreek nuwe tegnologie en die wyse waarop Suid-Afrikaners daaraan gewoond geraak het in die afgelope tyd. Hy verwys dan ook na verskillende aanlyn platforms. Volgens hom is tegnologie die toepassing van wetenskaplike kennis en in die veebedryg help dit baie saam met…
Rouxan Cloete is ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou. Hy vertel van die toekoms van biologiese landbou in Suid-Afrika en gee wenke vir landbouers om te begin daarmee. Cloete verwys ook na die toetse en navorsing wat in laboratoriums gedoen word en hoe probleme aangespreek word en oplossings…
Dr Frikkie Mare, senior dosent en landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gee vandag ‘n interessante mening oor Statistiek SA se tweede kwartaal ekonomiese groeisyfers, wat onlangs bekend gemaak is. Teen byna 51% se inkrimping, het die landbou egter stygings getoon. Die inperkingsmaatreels en fabrieke wat gesluit was, het wel’n groot…
Andre, oftewel Tjoepie Groenewald van FarmSpace, is ‘n bekende ekspert en kenner in sosiale media, veral in die landbousektor. Hy adviseer gereeld landbouers in die aanwending van nuwe tegnologie om hul boerdery en besighede makliker, en selfs eenvoudiger te bestuur. Vandeesweek gesels hy oor die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk van SpaceX…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel onder andere sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Moller verwys ook na geleenthede wat mense kan gebruik om hulself meer…
Ferdie Botha is die Uitvoerende Hoof van Raisins SA wat die rosyntjiebedryf van Suid-Afrika verteenwoordig. Die bedryf het veral in die afgelope tyd groot hoogtes bereik en Botha verduidelik die redes vir die goeie posisie waarin hulle hulself bevind. Raisins SA produseer hoofsaaklik vir die uitvoermark. Botha verduidelik ook wat…
Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, voorsitter van AMT, gee vandag die week se jongste kommoditeitspryse deur. Volgens hom het speenkalwers se pryse redelik konstant gebly en die noordelike streke het baie dieselfde gebly, terwyl die Wes-Kaap gedaal het. Uitvoermarkte is nog nie terug na normaal nie as gevolg van…
Wim Venter van Nampo vertel van die unieke Nampo Virtueel wat volgende week gaan plaasvind. Dit sal die eerste Skou van hierdie aard vir Graan SA en Nampo wees, nadat Nampo Kaap in Bredasdorp en Nampo Bothaville afgelas is as gevolg van Covid-19. Die skou vind plaas vanaf 9-12 September…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy gesels onder andere onder oor sy ervarings met gewone mense in die samelewing en lewenslessies wat hy uit elkeen kon neem. Moller verwys na uitdagings en geleenthede wat aan mense gebied word,…
Prof Anja Franken is die programleier van Beroepshigiene by die Noordwes Universiteit en sy verduidelik die belangrikheid van beroepshigiene in die werksplek. Volgens Franken is dit net so belangrik in die landbousektor en is werkgewers verplig om sekere maatreels in plek te stel, veral om in die huidige omstandighede, die…
6 Sep 2020 11PM
3 min
1600 – 1620
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.