Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Poeiermelk-ink is ‘n nuwe toevoeging tot unieke uitvindsels deur navorsers. Navorsers aan die Singapoer Universiteit van Tegnologie het ‘n 3D-drukmetode wat melk gebruik, ontwikkel. Die melk-inkformule uit poeiermelk, is gebruik om komplekse 3D-strukture suksesvol te vervaardig, volgens ‘n berig van Dairy Reporter.
Nampo se Oesfees wat jaarliks gedurende Mei-maand plaasvind, is vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis, as gevolg Van Covid-19, gekanselleer. Die Oesfees is daarna na Augustus verskuif, maar moes weer gekanselleer word en uiteindelik is ‘n virtuele skou gehou. Die organiseerders van die Nampo Oesfees, het egter intussen…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
President Ramaphosa het verlede week in sy landwye toespraak gevra vir ‘n veldtog oor geweld teen vroue en kinders en ‘n dag of wat daarna ‘n ondersoek aangevra oor moontlike rassisme by Brackenfell se skool. Terselfdertyd het drie wreedaardige plaasmoorde in die Vrystaat plaasgevind, maar die President en sy kabinet…
In Brittanje is onlangs gestem oor voedselinvoere wat aan binnelandse standaarde moes voldoen. Die welsynstandaarde van diere word in ag geneem en belangrike wetgewing in hierdie verband is aanvaar. Die stap word as ‘n groot oorwinning beskou vir dierewelsyn en ‘n teken van vertroue in Brittanje se boerderybedryf.
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en voorspel ‘n afwaartse neiging van vleispryse. Stoorlampryse het ook gedaal as gevolg van swak koopkrag. Hoenderpryse het egter gestyg en varkpryse bly baie hoog. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter…
Groot herbivore soos olifante en kameelperde kan die diversiteit en rykdom van die plantegroei om hulle ingrypend verander in hul soeke na kos. ‘n Onlangse studie deur ‘n groep wetenskaplikes in Kenia, het bevind dat hierdie soogdiere verkies om op plat grond te vreet en bergklim te vermy. Die aantal…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral in die landbousektor spesialiseer in grondreg. In hierdie opname egter, behandel hy, met die oog op die Kersvakansie wat om die draai is, die regsaanspreeklikheid wat voortvloei uit motorongelukke. Hy gee verskeie voorbeelde en adviseer luisteraars om die regte keuse uit te…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, het verlede week gesels oor die rehabilitasie van grond en ander voordele van biologiese landbou. Vandag sluit hy daarby aan in sy praatjie oor saadbehandeling en fosfate.
Dr Johnny van der Merwe berig oor kommoditeitspryse en verduidelik hoekom wit en geelmielies se pryse gedaal het. Soja-, sonneblomme en koringpryse het effens gestyg. Mieliepryse se daling is as gevolg van internasionale invloede. Beter weersomstandighede in die VSA was ‘n verdere rede vir die daling van graanpryse. Die Rand…
Volgens ‘n verslag van die Amerikaanse Departement van Landbou, sal Kanadese kuddes waarskynlik in 2021 krimp. Daar word verwag dat die uitvoer van beeste en beesvleis gaan toeneem. Swak weidingstoestande in sommige streke kan ook lei tot ‘n daling in koeigetalle. Ons berig ook oor sekere kuns-sintuie wat aangewend word…
Olof Bergh is verbonde aan die Boland Landbouskool tussen Wellington en Paarl. Hy vertel van die unieke karakter van die skool wat vanjaar 58 jaar oud is. Die skool beskik slegs oor 350 leerlinge waarvan almal in die koshuis woonagtig is. Onderwysers en ander personeel bly almal op die plaasterrein…
Bakkies Botha, legendariese Springbokslot vertel van ‘n paar miloen rand wat ingesamel is vir boere wat swaarkry as gevolg van die brandskade in die Vrystaat en Noordkaap. Hy vertel oor onder andere, wat die uitwerking van die brande was en hoe voer en ook die vervoer daarvan ‘n uitdaging geword…
Dairy Global berig dat wereldwye melkproduksie styg skerp en sal na verwagting oor die volgende dekade vining toeneem. Hoewel die gemiddelde jaarlikse groei van wereldkuddes, groter as die wereldgemiddelde opbrengsgroei is, is die veranderde gemiddeldes die gevolg van kuddes in lande met relatiewe lae opbrengste wat vinniger groei. Afrika as…
Claude Moller, bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel sy weeklikse inspirasie vir die naweek. Hy deel sy ervarings met gewone mense in die samelewing en die belangrike lewenslessies wat hy daaruit kon neem. Verder verwys ook na positiewe geleenthede wat mense kan gebruik om hulself in ‘n…
Rouxan Cloete, ‘n kundige op die gebied van biologiese landbou, gesels vandag oor luisteraars se vrae na aanleiding van verlede week se praatjie oor die rehabilitasie van grond en ander voordele van biologiese landbou.
Dr Johnny van der Merwe van die NWU berig oor goeie ekonomiese nuus as gevolg van die olieprys wat gedaal het en landboumarkte positief beinvloed het. Gemengde pryse is behaal op slagpryse, hoewel stoorlampryse redelik gedaal het, meestal as gevolg van beperkte markte. Die vraag na varke bly steeds hoog…
‘n Mynbouverbod in Zimbabwe se nasionale parke om enige mynbou-aktiwiteite stop te sit, is deur natuurlewe kampvegters verwelkom nadat hulle die regering daaroor hof toe gevat het. Chinese ontwikkelaars se projekte is dus daarmee tot ‘n halt gebring. Na afloop van ‘n kabintesvergadering, het die regering toegegee om die verbod…
Landbou-ekonoom, Dr Frikkie Mare, gesels oor die impak van die brandskade in dele van die Noord-Kaap en Vrystaat. Mare meen dat soetveld wat nou gebrand het, moet maklik vir ‘n tydperk van meer as n jaar gerus word. Daar word geraam dat nagenoeg 98 000 hektaar afgebrand het. Die koste…
3 Nov 2020 1AM
2 min
1620 – 1640
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.