OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,764 Episodes
1660 – 1680

Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor selfonderhoudende landbou

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die landbousektor in Suid-Afrika se selfonderhoudenheid. Volgens Mare het die tye verander in die laaste dekades, aangesien plaaseienaars vroeer vir hulself gesorg het in terme van basiese voedselbenodigdhede met die broodwinner of pa wat in die lande was en…
13 Jul 2020 11PM 2 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
9 Jul 2020 11PM 5 min

Ons berig oor die toekoms van die gekweekte vleisbedryf

Daar word lank reeds bespiegel of die Corona-virus nie die deur oopgemaak het vir volhoubare en veilige voedsel nie. Die krisis van die pandemie het gelei tot ‘n sogenaamde “nuwe” normaliteit en die groeiende behoefte van verbruikers vir meer volhoubare en omgewingsvriendelike voedsel oor die langtermyn, sal versnel. Verbruikers sal…
7 Jul 2020 11PM 1 min

Hans-Jurie Moolman bespreek vandag die belangrikheid van ‘n goeie testament

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende in regskringe, bespreek vandag die belangrikheid van ‘n goeie testament. Hy verduidelik die probleme en gevolge wanneer iemand geen testament het nie. Indien daar geen testament bestaan nie, kan bates na erfgename verdeel word, maar dikwels met onbillike gevolge. Sekerheid kan egter geskep word deur die…
5 Jul 2020 11PM 5 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
2 Jul 2020 11PM 5 min

Dr Johnny van der Merwe gesels vandag oor die jongste vleispryse.

Die bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gesels vandeesweek oor die jongste vleispryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde speenkalfpryse opwaarts beweeg. Hy noem dat Wes-Kaap se pryse tans die laagste van al die provinsies is en dat minder diere tans in die mark is, hoewel die…
30 Jun 2020 11PM 2 min

Seewier kan nou as voer vir beeste gebruik word

The World Meat Congress berig dat die Wereldvleiskongres wat gedurende hierdie week sou plaasvind in Cancun, uitgestel is. Die jaarlikse kongres word beskou as ‘n toonaangewende geleentheid waar internasionale leiers en verteenwoordigers van die vleisbedryf, verskeie relevante kwessies bespreek. Verder berig die nuusagentskap All About Feed, dat ‘n studie van…
30 Jun 2020 11PM 1 min

Pieter Moller gesels met CP Kriek

CP Kriek is ‘n jong varkprodusent wat ‘n paar jaar gelede as Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar aangewys is. Hy boer op die plaas, Taaibosch, tussen Potchefstroom en Fochville. CP glo in die konsep van “om in jou eie mense en gemeenskappe te investeer, bring hoop en sukses”…
28 Jun 2020 11PM 4 min

Groenewald verduidelik die konsep van NDVI-tegnologie

Tjoepie Groenewald is ‘n kenner op sosiale media-gebied en hy is aan die woord met nuus uit die landbousektor se sosiale media. Groenewald verduidelik die konsep van NDVI-tegnologie. Hy verduidelik ook hoe sattelietbeelde, wat infrarooi gebruik, plante kan bestudeer. Hy verduidelik verder hoe huidige tegnologie reg aangewend moet word om…
25 Jun 2020 11PM 4 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee redes hoekom daar nog baie hoop…
25 Jun 2020 11PM 5 min

Dr Johnny van der Merwe praat oor die jongste graan- en vleispryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek die jongste graan- en vleispryse. Volgens van der Merwe is daar baie faktore wat ‘n rol speel in die huidige bepaling van produkte se pryse. Volgens Van der merwe het wit- en geelmieliepryse goeie opwaartse ondersteuning gekry die…
23 Jun 2020 11PM 4 min

Landboubyeenkomste en –kompetisies is uitgestel as gevolg van Covid-19

Die Sussex Telersgenootskap het aangekondig dat hul Eeufeesvieringe en feesprogram na 2021 uitgestel is. Die beplanning word ook gedoen om dit volgende jaar weer tydens Bloemskou aan te bied. Tydens hierdie beplande byeenkomste, sal die Nasionale Kampioenskappe weer plaasvind. Die Landboustudent van die Jaar-kompetisie is ook intussen uitgestel na volgende…
23 Jun 2020 11PM 1 min
1660 – 1680