OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1700 – 1720

Oplossings vir die probleme van olie in water in filtrasie

Eksteen Brand is ‘n bekende proses-tegnoloog van Hydac in Johannesburg en vandag bespreek hy die bykans algemene probleem waarmee baie landbouers opgeskeep sit, naamlik olie in water. Dit is ‘n komplekse probleem in veral hidrouliese stelsels. Brand gaan in die volgende paar weke hierdie probleem verduidelik en moontlike oplossings gee…
22 Jul 2020 11PM 4 min

Landbou-ekonoom, dr Johnny van der Merwe, gesels oor die gemiddelde vleispryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, vergelyk vandag die verskillende vleispryse. Van der Merwe vergelyk ook slagpryse van verskillende provinsies en streke. Hy maak ook ‘n voorspelling oor wat pryse kan maak hoe nader daar aan die einde van die jaar beweeg word…
21 Jul 2020 11PM 2 min

PM berig oor die toekoms van voerkrale in die toekoms.

Plaasmedia berig oor die toekoms van voerkrale en die algemene voorspelling is dat die bedryf in Suid-Afrika moet bybly om by veranderde omstandighede aan te pas. Naspeurbaarheid gaan ook in die nabye toekoms ononderhandelbaar word, hoewel almal nie aan die nuwe voorgestelde graderingstelsel deelneem of organiese vleis verskaf nie. Markte…
21 Jul 2020 11PM 1 min

PM gesels vandag verder met ‘n leierboer in die Noordwes Provinsie, Casper Botha

Casper Botha is ‘n leierboer van die Noordwes Provinsie wat ‘n gemengde boerdery buite Potchefstroom bedryf. Botha verduidelik landbouers se gevoel oor onsekerheid namate daar oproepe kom vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Botha verduidelik hoe belangrik volhoubare voedselproduksie is en wys ook die belangrikheid uit van eienaarskap. Hy…
19 Jul 2020 11PM 1 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
16 Jul 2020 11PM 3 min

Dr Johnny van der Merwe gesels nou oor die jongste vleisprys

Die bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gesels vandeesweek oor die jongste vleispryse. Volgens Van der Merwe het die groot opwaartse beweging van speenkalfpryse veroorsaak dat voerkraalpryse ook die hoogte ingeskiet het. Slagpryse het egter sywaarts beweeg. Hy noem dat Wes-Kaap se pryse tans beter vertoon en dat…
14 Jul 2020 11PM 3 min

Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste graanpryse

Landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU en uitvoerende hoof van AMT, bespreek die huidige graanpryse wat ongekende hoogtes bereik het en hy bespreek ook die redes daarvoor. Van der Merwe is van mening dat die koue van die afgelope twee weke en selfs sterk winde, gee egter…
14 Jul 2020 11PM 1 min

Landbou-ekonoom, dr Frikkie Mare, gesels vandag oor selfonderhoudende landbou

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die landbousektor in Suid-Afrika se selfonderhoudenheid. Volgens Mare het die tye verander in die laaste dekades, aangesien plaaseienaars vroeer vir hulself gesorg het in terme van basiese voedselbenodigdhede met die broodwinner of pa wat in die lande was en…
13 Jul 2020 11PM 2 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
9 Jul 2020 11PM 5 min

Ons berig oor die toekoms van die gekweekte vleisbedryf

Daar word lank reeds bespiegel of die Corona-virus nie die deur oopgemaak het vir volhoubare en veilige voedsel nie. Die krisis van die pandemie het gelei tot ‘n sogenaamde “nuwe” normaliteit en die groeiende behoefte van verbruikers vir meer volhoubare en omgewingsvriendelike voedsel oor die langtermyn, sal versnel. Verbruikers sal…
7 Jul 2020 11PM 1 min

Hans-Jurie Moolman bespreek vandag die belangrikheid van ‘n goeie testament

Hans-Jurie Moolman, ‘n bekende in regskringe, bespreek vandag die belangrikheid van ‘n goeie testament. Hy verduidelik die probleme en gevolge wanneer iemand geen testament het nie. Indien daar geen testament bestaan nie, kan bates na erfgename verdeel word, maar dikwels met onbillike gevolge. Sekerheid kan egter geskep word deur die…
5 Jul 2020 11PM 5 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee moontlike riglyne oor wat ‘n mens…
2 Jul 2020 11PM 5 min

Dr Johnny van der Merwe gesels vandag oor die jongste vleispryse.

Die bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, gesels vandeesweek oor die jongste vleispryse. Volgens Van der Merwe het die gemiddelde speenkalfpryse opwaarts beweeg. Hy noem dat Wes-Kaap se pryse tans die laagste van al die provinsies is en dat minder diere tans in die mark is, hoewel die…
30 Jun 2020 11PM 2 min

Seewier kan nou as voer vir beeste gebruik word

The World Meat Congress berig dat die Wereldvleiskongres wat gedurende hierdie week sou plaasvind in Cancun, uitgestel is. Die jaarlikse kongres word beskou as ‘n toonaangewende geleentheid waar internasionale leiers en verteenwoordigers van die vleisbedryf, verskeie relevante kwessies bespreek. Verder berig die nuusagentskap All About Feed, dat ‘n studie van…
30 Jun 2020 11PM 1 min
1700 – 1720