OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1720 – 1740

Pieter Moller gesels met CP Kriek

CP Kriek is ‘n jong varkprodusent wat ‘n paar jaar gelede as Agri Gauteng se Jongboer van die Jaar aangewys is. Hy boer op die plaas, Taaibosch, tussen Potchefstroom en Fochville. CP glo in die konsep van “om in jou eie mense en gemeenskappe te investeer, bring hoop en sukses”…
28 Jun 2020 11PM 4 min

Groenewald verduidelik die konsep van NDVI-tegnologie

Tjoepie Groenewald is ‘n kenner op sosiale media-gebied en hy is aan die woord met nuus uit die landbousektor se sosiale media. Groenewald verduidelik die konsep van NDVI-tegnologie. Hy verduidelik ook hoe sattelietbeelde, wat infrarooi gebruik, plante kan bestudeer. Hy verduidelik verder hoe huidige tegnologie reg aangewend moet word om…
25 Jun 2020 11PM 4 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouers

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee redes hoekom daar nog baie hoop…
25 Jun 2020 11PM 5 min

Dr Johnny van der Merwe praat oor die jongste graan- en vleispryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek die jongste graan- en vleispryse. Volgens van der Merwe is daar baie faktore wat ‘n rol speel in die huidige bepaling van produkte se pryse. Volgens Van der merwe het wit- en geelmieliepryse goeie opwaartse ondersteuning gekry die…
23 Jun 2020 11PM 4 min

Landboubyeenkomste en –kompetisies is uitgestel as gevolg van Covid-19

Die Sussex Telersgenootskap het aangekondig dat hul Eeufeesvieringe en feesprogram na 2021 uitgestel is. Die beplanning word ook gedoen om dit volgende jaar weer tydens Bloemskou aan te bied. Tydens hierdie beplande byeenkomste, sal die Nasionale Kampioenskappe weer plaasvind. Die Landboustudent van die Jaar-kompetisie is ook intussen uitgestel na volgende…
23 Jun 2020 11PM 1 min

Pieter Moller berig vandag oor landbounuus uit Australie se suiwelbedryf

Die landbounuus-agentskap Dairy Global berig dat ‘n nuwe stelsel aan die Universiteit Sydney ontwikkel is wat mankheid outomaties by suiweldiere kan opspoor. Mankheid is ‘n voortslepende probleem in die suiwelbedryf en een van die siektes wat die grootste finansiele impak vir melkboere inhou. Food Navigator berig ook oor die bekendstelling…
18 Jun 2020 11PM 2 min

Claude Moller gee sy weeklikse inspirasie vir landbouer

Claude Moller is ‘n lewensafrigter in die landbousektor wat sy inspirasie vir die naweek deel. Hy verwys veral na die steeds moeilike situasies en uitdagings waarmee die samelewing gekonfronteer word en wat die lewenslessies is wat ons kan saamneem uit moeilike situasies. Moller gee redes hoekom daar nog baie hoop…
18 Jun 2020 11PM 5 min

Filters kan besproeingsboere help om geld te bespaar

Eksteen Brand van Hydac in Johannesburg, bespreek vandag die spoel-konsep vir outomatiese filters en hoe om besparings teweeg te bring by veral besproeiingsboerdery. Hy behandel ook skraap- en gravitasie filters. Wanneer vuilgoed in die filters vassit, verduidelik Brand, hoe die skoonmaak-proses verloop. Spoelkleppe se filtrering is ook meer effektief omdat…
17 Jun 2020 11PM 3 min

Dr Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse

Dr Johnny van der Merwe, senior landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit, bespreek die week se jongste vleispryse. Volgens hom verskil pryse van area tot area . Speenkalfpryse het weer sywaarts beweeg hierdie week. Die hoogste pryse is in Mpumalanga behaal. Slagpryse in die land word ook vergelyk en Van der…
16 Jun 2020 11PM 2 min

First-ever South African raisin cultivar launched

FarmBiz reports that the Agricultural Research Council, Raisins SA and Culdevco recently launched Sundowner, the first-ever commercially registered South African raisin cultivar. The dried fruit industry and the ARC have partnered over decades in a breeding and evaluation research initiative which invested in a raisin cultivar. Sundowner was a result…
16 Jun 2020 11PM 1 min

Dr Frikkie Maree gesels vandag oor “urban farming” oftewel boerdery rondom stede en dorpe in informele nedersettings

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom aan die Universiteit Vrystaat, gesels vandag oor die interessante konsep van “Urban Farming”, wat veral deur opkomende boere in die informele nedersettings rondom stede en dorpe beoefen word. Mare verduidelik die grootte area waarin die intensiewe boerdery plaasvind. Hy verduidelik ook die twee tipes boerderye wat…
15 Jun 2020 11PM 1 min

Onlangse kansellasie van wolverkope in Australie.

Die nuusagentskap ABC-News berig dat ‘n kuberaanval onlangs verantwoordelik was vir die kansellasie van wolverkope in Australie. Die maatskappy wat verantwoordelik is vir die verkope van wol in Nieu-Zeeland en Australie, is gedreig met sogenaamde losprysware, wat onder andere insluit die bekendmaking van hul data of die blokkering van data…
14 Jun 2020 11PM 1 min

Pieter het ‘n bekende Beefmaster stoetery in die Wolmaransstad-distrik gaan besoek

Die Petana Beefmasters Stoetery in die Wolmaransstad-distrik van die Noordwes Provinsie, is ‘n bekende stoetery wat later vanjaar hulle 23 ste produksieveiling hou. Tydens ‘n besoek aan die plaas, het ons meer uitgevind oor waar die voorliefde vir die spesifieke ras ontstaan het. Die Koekemoer-familie, bestaande uit Peet Koekemoer (Snr),…
14 Jun 2020 11PM 5 min

Claude Moller se Inspirasie vir die naweek

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
11 Jun 2020 11PM 5 min
1720 – 1740