OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,765 Episodes
1740 – 1760

Hans-Jurie Moolman praat oor die probleem van huurders wat nie hulle huur betaal nie

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende in regskringe wat spesialiseer in grondregte. Vandag behandel hy die probleem wanneer huurders nie hul huurkontrakte eerbiedig en die nodige huurgeld betaal nie. Dit is kommerwekkend dat sekere korporatiewe besighede doodeenvoudig hul verhuurders in kennis stel dat hulle, gesien in die lig van die huidige…
26 Apr 2020 11PM 4 min

Interessante konsepte vir sosiale media in die landbousektor

Andre, oftewel Tjoepie Groenewald, is ‘n ekspert en bekende op die gebied van sosiale media en –platforms in die landbousektor. Vandag gesels hy weer oor tegnologie en die aanwending daarvan in boerderye. Volgens Groenewald is dit belangrik om te kyk in die toekoms hoe jy jouself kan verskans. Hy meen…
23 Apr 2020 11PM 3 min

Eksteen Brand praat oor die effek van filtrasie op kragverbruik

Eksteen Brand, proses-tegnologiese kosultant van Hydac in Johannesburg, bespreek vandag verder hoe om besparing te kan toepas op waterpompe vir besproeiing uit damme en riviere. Brand verduidelik die effek van filtrasie op kragverbruik en hoe om optimale effektiwiteit te bestuur. As verkeerde toerusting aangewend of gebruik word, kan op ‘n…
22 Apr 2020 11PM 3 min

Dr Jonny vd Merwe gesels oor jongste tendense en pryse in die markte

Dr Johnny vd Merwe, bekende landbou-ekonoom van die Noordwes Universiteit in Potchefstroom, vertel van die lewendige aanlyn-gesprek wat vanmiddag gehou word. Van der Merwe verduidelik wat die doel van die webinaar is en gee dan sy mening en jongste vooruitskattings oor veral pryse en tendense in die mark. Hy lig…
21 Apr 2020 11PM 3 min

Aanlyn-konferensie vind vanmiddag plaas

In vandag se landbounuus berig ons oor ‘n interessante aanlyn-konferensie wat aangebied word met produsente, landboubesighede en verbruikers as teikengroepe. Sedert die staat van inperking bekragtig is, is produsente, landboubesighede en verbruikers gedwing om gebruik te maak van hul rekenaars om die meeste van hul werk en ander aktiwiteite te…
21 Apr 2020 11PM 1 min

Dr Frikkie Mare praat vandag oor speenkalfpryse wat drasties gedaal het

Dr Frikkie Mare, landbou-ekonoom van die Universiteit Vrystaat ontleed vandag die daling in speenkalfpryse en die moontlike redes daarvoor. Die tendens is juis dat hierdie tyd van die jaar, terselfdertyd met mieliepryse wat styg, meer en meer kalwers in die mark gestoot word. Die rand/dollar-wisselkoers is swak en kan ook…
20 Apr 2020 11PM 1 min

Allan Heyl oorlede

Allan Heyl was ‘n bekende en huishoudelike naam in Suid-Afrika, maar hy het dalk vir die verkeerde redes die nuus gehaal. Allan was die laaste oorblywende lid van die berugte Stander-bende wat in die middel tagtigerjare verskeie banke beroof het. Allan het bykans 28 jaar in die tonk deurgebring en…
19 Apr 2020 11PM 1 min

Gemeenskappe se verantwoordelikheid ten opsigte van hongersnood in SA

Hans-Jurie Moolman, bekende regskenner in grondregte, gesels vandag oor die regulasies van die grendeltydperk wat ‘n groot invloed uitoefen op die ekonomie, veral by die informele sektor. Moolman verduidelik dat die mense wat nie in staat is, of kan bekostig om kos aan te koop as gevolg van die isolasie…
19 Apr 2020 11PM 4 min

Sosiale media-kundige vertel van ‘n opwindende nuwe konsep in die landbousektor.

Tjoepie Groenewald, die bekende sosiale media-kundige, vertel vandag van ‘n baie opwindende nuwe rigting waarin die sosiale media-platforms in die landbousektor beweeg. Groenewald verduidelik hoekom die gewilde platform, Farmboek, sy naam moes verander en waarheen die medium sy vlerke sprei en landbou op ‘n wyer basis gaan bedien. Groenewald het…
16 Apr 2020 11PM 4 min

Eksteen Brand gesels oor hoe om diesel-pes te verhoed, in veral waterpompe

Eksteen Brand, ‘n prosestegnologie-konsultant van die firma Hydac, in Johannesburg, praat vandag verder oor hoe om pes of vuil bestanddele in diesel te verhoed. Brand verduidelik dat een van die eerste metodes is natuurlik om water uit ‘n tenk te hou, veral in gebiede waar die humiditeit hoog is en…
15 Apr 2020 11PM 2 min

Australie se dierewelsynsgroepe gekant teen vriesbrandmerke op skape

Die nuusagentskap, Sheep Central, berig dat dierewelsynsgroepe in Australie opnuut gekant is teen die praktyke van vriesbrandmerke op skape, ondanks die groeiende steun wat die spesifieke praktyk van landbouers in die land daarvoor gee. Duisende wolprodusente in die meeste skaap-produserende provinsies van Australie, verkies hierdie metodes, veral om die risiko…
12 Apr 2020 11PM 1 min

Lesotho se wol- en sybokhaaruitvoere wat weer normaal kan voortgaan

Die Lesotho Times het onlangs berig dat die verbod op wol- en sybokhaaruitvoere deur Suid-Afrikaanse maatskappye, opgehef is. In die afgelope bykans 2 jaar, was die land se wolbedryf in sak en as omdat die tender aan ‘n Chinese individu die alleenreg gegee het om die uitvoere te behartig en…
12 Apr 2020 11PM 1 min

Tjoepie Groenewald, sosiale media ekspert van Farmboek, gesels vandag verder oor die nuwe era van tegnologie in boerdery

Ons gesels vandag verder met Tjoepie Groenewald van Farmboek oor hoe nuwe tegnologie drastiese aanpassings in die landbousektor teweeggebring het. Groenewald verduidelik dat landbouers hulself in ‘n nuwe era bevind waar kommunikasie heeltemal oornag verander het. Die huidige wyse van kommunikasie en tegnologie gaan in die toekoms waarde toevoeg tot…
9 Apr 2020 11PM 4 min

Oudergewoonte op ‘n Vrydag, deel Claude Moller met ons sy inspirasie vir die naweek

Claude Moller, die bekende motiveringspreker en “life coach” in die landbousektor, deel vandag met ons sy inspirasie vir die naweek. Moller verduidelik die mooi en goeie verhale wat uit hierdie inperkingstyperk voortspruit. Daar is mense met nuwe planne, nuwe doelwitte en almal wend die ekstra tyd op ‘n ander manier…
9 Apr 2020 11PM 5 min

In vandag se landbounuus, gesels Eksteen Brand oor die sogenaamde “dieselplaag"

Eksteen Brand is ‘n bekende prosestegnologie-konsultant, verbonde aan die firma, Hydac in Johannesburg. Vandag gesels hy oor die sogenaamde dieselplaag, wat veroorsaak word deur bakteries soos mikro-organismes, swamme en giste en wat hoofsaaklik in diesel groei en ‘n tipe slyk vorm. Grootskaalse dieselverliese is dan die gevolg en landbouers kan…
8 Apr 2020 11PM 2 min
1740 – 1760