OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,762 Episodes
500 – 520

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Graanprodukte is onder druk en beide wit- en geelmieliespotpryse het gestyg hierdie week. Sojapryse week-op-week styg ook hierdie week. Die konflik in Israel oefen ‘n invloed uit op pryse. Sonneblomspotpryse het ook weer gestyg hierdie week…
25 Oct 2023 2AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens verswak teenoor die dollar hierdie week en Amerikaanse rentekoerse is steeds hoog. Die konflik in Israel speel steeds ook ‘n rol in hierdie opsig. Hierdie week het speenkalfpryse gestyg. Stoorlammerpryse het weer gestyg…
25 Oct 2023 2AM 3 min

PM berig oor die eerste mondelingse produk vir die beheer van luise op skape

Die Australiese skaapbedryf word jaarliks geknou deur luise wat produsente ongeveer 124 miljoen Australiese dollar uit die sak jaag. ‘n Nuwe produk is egter ontwikkel en is die eerste van sy soort aangesien dit ‘n mondelingse produk is wat vir skape toegedien word. Groot welslae is hiermee behaal wat produsente…
24 Oct 2023 2AM 1 min

PM berig oor die teel van hitte-bestande koeie

Navorsing het goeie vordering gemaak met die teel van hitte-bestande koeie. In Sao Paulo is groot sukses al behaal met koeie op ‘n melkplaas. Gladde velle word geteel en die koeie is gemaklik om tussen 5 en 25 grade Celsius te oorleef. Warmer toestande in die toekoms kan groot uitdagings…
23 Oct 2023 2AM 1 min

PM berig oor ‘n Afrika-land wat inspring om wildsmisdade uit te wis

Malawi se Parke- en Natuurlewe Departement het aangekondig dat die samewerking van gemeenskappe ingespan is om te help met die uitwissing van wildsmisdade. Statistieke toon 'n groot afname, bv die onwettige stroping van die ietermagog. Ook die stroping van ivoor het skerp afgeneem.
23 Oct 2023 2AM 1 min

PM gesels met die organiseerder van ‘n unieke kriekettoernooi

‘n Geskiedkundige plaas, Prior Grange in die Springfontein-distrik van die Suid-Vrystaat, is volgende naweek die tuiste van ‘n unieke kriekettoernooi met meer as 200 spelers van regoor Suid-Afrika. Die plaas wat sedert die 1800’s met geslagte heen in besit van die De Swardt-familie is, het twee volledige krieketvelde met 'n…
20 Oct 2023 2AM 1 min

PM gesels met ‘n bekende Bonsmara-teler van die Noord-Kaap, Charl Uys

Charl Uys, voormalige President van SA Stamboek, is ‘n Bonsmara-teler wat tussen Kimberley en Warrenton in die Noord-Kaap boer. Uys vertel hoekom hy op die Bonsmara-ras besluit het en lig ‘n paar belangrike eienskappe van die beesras uit. Uys vertel ook van die landboutoestande in sy distrik en brei uit…
19 Oct 2023 2AM 4 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se graanpryse. Graanprodukte is onder druk en beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal hierdie week. Sojapryse het week-op-week daal hierdie week. Die konflik in Israel oefen ook ‘n invloed uit op pryse. Sonneblomspotpryse het ook weer gedaal hierdie week…
18 Oct 2023 2AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het effens versterk teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag, swak staatsfinansies en onsekere ekonomiese toestande is van die belangrikste oorsake hiervan. Die konflik in Israel speel steeds ook ‘n rol in hierdie opsig. Hierdie week…
18 Oct 2023 2AM 3 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het gedaal hierdie week. Sojapryse het week-op-week gedaal. Die gunstige weer in die VSA kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het ook weer gedaal hierdie week. Koringspotprys het gedaal terwyl sorghumpryse effens…
11 Oct 2023 3AM 2 min

Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en –tendense

Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het aansienlik verswak teenoor die dollar hierdie week. Beurtkrag en onsekere ekonomiese toestande is van die belangrikste oorsake hiervan. Die konflik in Israel speel ook ‘n rol. Hierdie week het speenkalfpryse teen die verwagting in…
11 Oct 2023 3AM 3 min

PM berig oor sel-ontwikkelde vleis

Nuwe navorsing se resultate wys daarop dat die koolstofspoor van sel-ontwikkelde vleis, meer omvattend is as wat die bedryf voorheen vermoed het. Volgens die studie se resultate gebruik maatskappye wat groeimedia tot farmaseutiese vlakke moet suiwer, meer hulpbronne, wat die potensiaal vir aardverwarming verhoog.
9 Oct 2023 2AM 5 min
500 – 520