Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
PM het met Joe Scholtz, veiligheidskenner van die Noord-Kaap gesels tydens Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley. Hy skets 'n prentjie van die algemene toestande in die provinsie.
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse en waardes van die graanmarkte teenoor verlede week, asook vooruitsigte vir die komende week.
Dr. Johnny van der Merwe gesels oor die jongste vleispryse en -tendense, asook die rand/dollar wisselkoers en vooruitsigte vir die week op 'n landbou-ekonomiese grondslag.
Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige en spesialis in grondreg, antwoord luisteraars se vrae oor die brandwette se bepalings, indien veldbrande op plase sou uitbreek.
Jannie Strydom, Uitvoerende Hoof van Agri Wes-Kaap het tydens die organisasie se jaarkongres vertel van die uitdagings waarmee produsente in die provinsie te make het en hoe hulle dit te bowe kom. Hy vertel ook van die goeie verhoudings wat bestaan tussen die georganiseerde landbou en die provinsiale regering. Strydom…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week gestyg hierdie week. Die gunstige weer in die VSA, kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het weer gedaal hierdie week, en koringspotpryse het ook…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die rand het versterk teenooer die dollar hierdie week. Rentekoerse in die VSA kan onveranderd bly. Hierdie week het speenkalfpryse gestabiliseer. Stoorlammerpryse het huidige vlakke gehandhaaf en effens gedaal. Pyse behoort in die volgende weke effens te…
Prof. Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat gesels oor die ekonomiese en ander skade wat gely is as gevolg van die wydverspreide veldbrande oor groot dele van Sentraal-SA.
Christo van der Rheede is die Uitvoerende Direkteur van Agri SA en tydens Agri Noord-Kaap se jaarkongres in Kimberley het hy as een van die hoofsprekers opgetree. Hy vertel van die menige uitdagings wat produsente in die gesig staar en wat gedoen kan word om dit die hoof te bied.
Villiers Laubscher, ‘n produsent van Philidelphia naby Malmesbury in die Wes-Kaap, is ook die president van Agri Wes-Kaap. Tydens die organisasie se onlangse jaarkongres, het hy vertel van die organisasie se goeie verhoudinge met die provinsiale regering. Die organisasie is ook vereer met ‘n spesiale oorkonde wat deur die regering…
Villiers Laubscher, President van Agri Wes-Kaap, het tydens die organisasie se jaarkongres by Grand West in Kaapstad, uitgebrei oor die positiewe gees wat heers in die provinsie en ook sy dank uitgespreek oor die goeie samewerking met die provinsiale regering. Vir die eerste keer in die geskiedenis het die provinsie…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe, bespreek die afgelope week se jongste graanpryse. Beide wit- en geelmieliespotpryse het weer gestyg hierdie week. Sojapryse het week-op-week skerp gestyg. Die hittegolf in die VSA kan ook ‘n invloed uitoefen. Sonneblomspotpryse het weer gedaal hierdie week, en koringspotpryse het ook weer gestyg…
Senior landbou-ekonoom, Dr. Johnny van der Merwe bespreek die jongste vleispryse en –tendense. Die swakker rand het ‘n invloed op toekomstige bepaling van rentekoers. Hierdie week het speenkalfpryse effens gedaal, maar behoort binnekort weer stelselmatig bietjie te begin styg. Stoorlammerpryse het ook effens gedaal. Pyse behoort in die volgende weke…
Prof. Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, gesels oor die grense na die Emirate wat weer oopgestel is en dat Suid-Afrikaanse rooivleis weer uitgevoer kan word. Maré noem dat dit baie goeie nuus is vir die bedryf en dat oorskot vleis weer markte gevind het om…
Hans-Jurie Moolman, 'n regskundige wat spesialiseer in grondregte, verduidelik die wetgewing van toespassing by die ontstaan en bestryding van bos- en veldbrande. Hy verduidelik hoe die reg die aanspreeklikheid van brande aanspreek en noem dat die ontstaan van brande is die eerste basis van aanspreeklikheid wat bepaal moet word. Versuim…
Die georganiseerde landboubedryfsorganisasie, Melk SA het onlangs hul 20ste bestaansjaar gevier. Die organisasie is in Desember 2002 gestig weens die behoefte aan ondersteuning aan die bedryf. Die blootstelling wat die organisasie aan sy lede gebied het oor die laaste 20 jaar, sluit onder andere ook in navorsing op ‘n wye…
PM berig oor die onlangse sierduifskou wat in Bloemfontein gehou is.
18 Aug 2023 7AM
1 min
540 – 560
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.