100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
220 – 240

Laeveld legendes: Is die Krugermiljoene net 'n mite?

Die legende van die Krugermiljoene het herleef na Krugerponde, wat tussen 1893 en 1900 gemaak is, onlangs in ‘n Switserse bank ontdek is. Paul Kruger het glo in 1900 die "Krugermiljoene" in Mpumalanga begrawe voor hy na Europa gevlug het. Ludi gesels met skattejagter Erns Grundling en geskiedkundige, prof. Fransjohan…
6 May 2021 19 min

Sade Van Genade episode 59

Katja en Charles beland beide in die hospitaal en haar baba word te vroeg gebore. Katja mis haar ma terwyl die winter nader kruip. Sy het darem tuinwerk wat haar kop kan besig hou.
5 May 2021 11 min

Sade Van Genade episode 58

Dis kersfees in Suid Afrika en Katja verlang na haar familie in Pole, terwyl Charles se koue skouer ook nie veel vir haar gemoed doen nie.
5 May 2021 16 min

Sade Van Genade episode 57

Vir die eerste keer tref die gemeenskap se negatiewe houding teenoor die geallieerde magte hulle soos koue water in die gesig. Charles en Katja vestig hulle saam in 'n woonstel en sy wil weet wat hy vir die toekoms beplan.
5 May 2021 12 min

Sade Van Genade episode 56

Die boeregasvryheid oorval Katja en sy maak kennis met biltong vir die eerste keer in die Vrystaat, soos 'n lekker bord growwe mieliepap met ontbyd. Sy kry ook 'n verrassing in Duits nogal.
5 May 2021 13 min

Sade Van Genade episode 54

Die oorlogs bruide stap aan wal in Suid afrika en 'n land met 'n ryke geskiedenis maak vir haar oop. Gaan sy in haar nuwe land ook teleurstellings ervaar?
5 May 2021 17 min

Sade Van Genade episode 53

Katja en haar reisgenote geniet die vaart onderweg na Suid Afrika en vermoed sy herken die persoon wat haar gedreig het net voor hulle anker.
5 May 2021 13 min

Sade Van Genade episode 52

Katja wil graag vrede oor almal uitspreek onderweg na SuidAfrika, maar gaan haar wens kan waar wees?
5 May 2021 14 min

Deskundige verduidelik Popia-wet: Deel 3

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) raak elkeen van ons, maar weet jy hoe? Helene Eloff, die nasionale regsadviseur vir Caxton, het met Ludi gesels oor presies hoe jy as individu of onderneming nou met ander mense se persoonlike inligting mag omgaan. Luister hier wat die moontlike…
12 Mar 2021 1 min

Deskundige verduidelik Popia-wet: Deel 2

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) raak elkeen van ons, maar weet jy hoe? Helene Eloff, die nasionale regsadviseur vir Caxton, het met Ludi gesels oor presies hoe jy as individu of onderneming nou met ander mense se persoonlike inligting mag omgaan. Luister hier wat dit beteken…
12 Mar 2021 11 min

Deskundige verduidelik Popia-wet: Deel 1

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) raak elkeen van ons, maar weet jy hoe? Deskundige op hierdie gebied, Helene Eloff, die nasionale regsadviseur vir Caxton, het met Ludi gesels oor presies hoe jy as individu of onderneming nou met ander mense se persoonlike inligting mag omgaan. Luister…
12 Mar 2021 7 min

Die belang van skoolbeheerliggaamverkiesing

Die proses om skoolbeheerliggame in alle staatskole te verkies het op 1 Maart afgeskop. Dit vind elke drie jaar plaas. Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, het met Sanet gesels oor die belangrikheid daarvan. Luister dit hier.
10 Mar 2021 8 min

100.5FM Dagblad Potgooi

Haglike toestande met water in Witrivier, Mpumalanga. Die woorvoerder van die Mbombela Munisipaliteit, Joseph Ngala gesels met die Laeveld gemeenskap oor die krisis met betrekking tot die water vir inwoners se gebruik. Sommige inwoners is dae sonder water gelaat en die kwaliteit van die water laat ook veel te wense…
3 Feb 2021 32 min

Haglike toestande met water in Witrivier, Mpumalanga

Die woorvoerder van die Mbombela Munisipaliteit, Joseph Ngala gesels met die Laeveld gemeenskap oor die krisis met betrekking tot die water vir inwoners se gebruik. Sommige inwoners is dae sonder water gelaat en die kwaliteit van die water laat ook veel te wense oor. Gelukkig kan die betrokke partye mekaar…
3 Feb 2021 32 min

100.5FM Dagblad Potgooi

67 nuwe ambulanse is in Mpumalanga vrygestel, maar die DA woordvoerder van gesondheid, Jane Sithole, sê hulle het nog geen terugvoer gekry van wie die ambulanse gaan kry nie aangesien die provinsie van 178 ambulanse na 33 werkende ambulanse gedaal het wat amper 4 miljoen mense sonder 'n mediese fonds…
4 Dec 2020 7 min

100.5FM Dagblad Potgooi

DA woordvoerder van Finansies en ekonomiese ontwikkeling, Bosman Grobler, vertel hoekom hulle bekommerd is oor die vermindering in die begroting vir die toerisme industrie in Mpumalanga. "Die toerisme sektor is 'n baie belangrike sektor in Mpumalanga want dit moet die ekonomie stimileer," Linda Grimbreek van die Kruger Lowveld Chamber of…
2 Dec 2020 11 min

100.5FM Dagblad Potgooi

Skuld is 'n verpligting waar 'n ooreenkoms met 'n skuld eiser, kridiet voorsiener of dienste verskaffer aangegaan word. Dit vereis dat een party, gewoonlik die skuldenaar 'n geooreenkome bedrag moet terug betaal oor 'n tydperk. "Skuld is wanneer jy meer geld uitgee as wat jy kan bekostig," Charl Pienaar. Pienaar…
13 Nov 2020 16 min
220 – 240