100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld PODCAST

100.5FM Radio Laeveld PODCAST

As dit in die Laeveld gebeur is dit op jou radio, 100.5FM familie Radio Laeveld in Mpumalanga, Suid Afrika.
Occasionally Afrikaans South Africa Entertainment News · Music Interviews
340 Episodes
300 – 320

Sade Van Genade episode 8

100.5FM Radio Laeveld — Goeie vriende van Katja en haar gesin word gearresteer, in treintrokke geboender en na onbekende plekke weggevoer terwyl dit moeilik raak om elke dag kos in die hande te kan kry.
11 Nov 2019 12 min

Sade Van Genade episode 7

100.5FM Radio Laeveld — Inwoners van Pole twyfel of lewe na normaal gaan terugkeer. Sommige wil vasbyt en deur druk ander wil hulle oor die grens gaan hervestig. Katja se liefdeslewe maak weer 'n wending.
11 Nov 2019 13 min

Sade Van Genade episode 6

100.5FM Radio Laeveld — Vir 'n oomblik lyk dit of die lewe terugkeer na normaal alhoewel die Duitsers steeds dorpe inval , Jode verwyder en straatname verander. Katja word onverwags verras deur 'n ontmoeting.
11 Nov 2019 13 min

Sade Van Genade episode 5

100.5FM Radio Laeveld — Katja beleef die gruwels van oorlog vir die eerste maal in haar jong lewe. Duitse soldate het geen genade vir vryheidsvegters nie maar Katja en haar gesin wil terug na hulle huis gaan.
23 Oct 2019 13 min

Sade Van Genade episode 4

100.5FM Radio Laeveld — Die Tweede Wêreld Oorlog begin. Katja en haar familie word deur Hitler se troepe en swastika gekonfronteer en die buurvrou se baba is oppad.
23 Oct 2019 10 min

Sade Van Genade episode 3

100.5FM Radio Laeveld — 'n Hoog swanger buurvrou van Klara is bekommerd oor haar kind se geboorte terwyl plase en huise vir 'n moontlike Duitse inval in Pole ontruim word.
23 Oct 2019 12 min

Sade Van Genade episode 2

100.5FM Radio Laeveld — Ouma vertel vir Katja hoe sonneblom sade in haar lewe 'n invloed gehad het. Die inwoners van Pole wonder of hulle deur Hitler ingeval gaan word en die oulike Duitser maak onverwags weer 'n verskeining by Katja.
23 Oct 2019 12 min

Sade Van Genade episode 1

100.5FM Radio Laeveld — Die jong Katja Kowalec sit saam met haar ouma terwyl hulle 'n trourok vir 'n opkomende troue voorberei. Ouma vertel haar oor die tyd toe die Tweede Wêreld Oorlog begin het en sy ontmoet 'n jong Duitser wat haar voete onder haar uitslaan.
23 Oct 2019 14 min

Sade Van Genade Onderhoude

100.5FM Radio Laeveld — Roelf Van Jaarsveld gesels op die middagspitsprogram AlmalSaam met Ludi en Anike oor Sade Van Genade
23 Oct 2019 25 min

Sade Van Genade Onderhoude

100.5FM Radio Laeveld — Die ontbytprogram Dagbreek met Neels en Sanett gesels met Roelf Van Jaarsveld oor Sade Van Genade
23 Oct 2019 36 min

Sade Van Genade Onderhoude

100.5FM Radio Laeveld — Hierdie onderhoude met akteurs en deelnemers aan Sade Van Genade, die 100.5FM radiovervolgverhaal is in die week voor die bekendstelling daarvan uitgesaai en hier gesels Roelf Van Jaarsveld met die hoofrolspelers Kirtsen Raath en Ron Olivier.
22 Oct 2019 47 min

Sade Van Genade Lusmaker 1

100.5FM Radio Laeveld — 'n Nuwe radio vervolgverhaal-drama, gebaseer op die boek "Those Miraculous Sunflower Seeds', die verhaal van Katja Kowalec wat strek oor 'n periode van 80 jaar vandat die Nazi's Pole op 1 Sept 1939 tydens die Tweede Wêreld Oorlog beset het. 'n #TrotsLaeveld 100.5FM Radio Laeveld produksie…
10 Oct 2019 1 min

Pappa Mamma & Melodie

100.5FM Radio Laeveld — Die belangrikheid van STOP - saam met dr Melodie de Jager: Dis die moeg tyd van die jaar en almal verlang na 'n rustyd...maar om te STOP beteken nie dat jy vir 'n week lank moet see toe gaan nie. Dit neem 'n oomblik en dit…
26 Sep 2019 16 min

Pappa, Mamma & Melodie: Skoolgereedheid: Feit of foefie?

100.5FM Radio Laeveld — Tussen 15 en 20 % van graad 1's moet die graad herhaal. Slegs 78% van ons matrieks slaag. Die "No Repeat Policy" wil verhoed dat leerders teruggehou word voor graad 4: of hulle nou die leervaardighede van die graad bemeester het of nie... Dr Melodie de…
26 Sep 2019 48 min

Pappa, Mamma & Timoty - Program 6: Gesonde dissipline

100.5FM Radio Laeveld — Mens hoef nog nie lank 'n ouer te wees om te besef daar word baie meer aan jou geskaaf as wat jy aan jou kinders skaaf nie... Vir gesonde dissipline, moet jyself ook gesond wees. Timothy en Janet Kieswetter gesels met my oor die betekenis en…
8 Jul 2019 29 min
300 – 320