100.5FM Radio Laeveld 100.5fm Nuus Klankgreep
1,799 Episodes
560 – 580

Man dood gevind wat kon help met ander moordsaak

Die Mpumalanga polisie het die moord op 'n ooggetuie in 'n moordsaak gister in Mhala veroordeel en gemeenskappe weer versoek om nie die reg in eie hande te neem nie. Die polisie was op soek na Clive Khosa omdat hulle geglo het dat hy kan help om die moord op…
14 Aug 2023 8AM 1 min

Vier transitowers in Schoemansdal aangekeer

Vier vermeende transitorowers is Vrydagoggend aangekeer na hulle ‘n Fidelity gepantserde voertuig naby Malelane aangeval het. Volgens die Valke was die kontantwa op pad na Tonga. ‘n C-klas Mercedes wat Dinsdagaand naby Oakley gekaap is, is gebruik om dit te stamp en hy het omgeslaan. Die aanvallers het die wa…
14 Aug 2023 3AM 1 min

Omgewingsmisdaad-ondersoeker deur seekoei gedood in die Krugerwildtuin

# SANParke het sy medelye betuig aan die familie, vriende en kollegas van 'n senior bestuurder in die ondersoekeenheid vir omgewingsmisdade. Kobus de Wet was in Groenkloof, Pretoria gestasioneer. Hy is Saterdag in die Krugerwildtuin dood, nadat hy deur 'n seekoei bestorm is terwyl hy daar gekamp het. Die woordvoerder…
14 Aug 2023 2AM 1 min

DA soek antwoorde oor MEGA se skuld

Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die uitvoerende beampte van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (MEGA), Isaac Mahlangu, om inligting te verskaf oor die werk wat gedoen is om uitstaande lenings aan die agentskap in te win. Volgens DA-lid Bosman Grobler het MEGA die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur…
11 Aug 2023 9AM 1 min

Valke op soek na man wat departement bedrieg

Die Valke in Mpumalanga is op soek na 'n aangeklaagde wat versuim het om in die hof te verskyn na hy glo die Departement van Arbeid in Piet Retief bedrieg het. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het die 40-jarige Kwena Mohlala reeds twee keer in die…
9 Aug 2023 9AM 1 min

DA sê oproepe vir Landelike Veiligheidsplan staan stil in Mpumalanga

Die DA in Mpumalanga sê inwoners op geïsoleerde plase en plotte moet hul sekuriteit opskerp omdat oproepe vir die regering om toegewyde Landelike Veiligheidseenhede op die been te bring tot niks lei nie. DA-lid Jane Sithole sê hierdie jongste beroep volg na nog ‘n aanval op ‘n bejaarde vrou gisteraand…
8 Aug 2023 8AM 1 min

DA raadslid glo deur gemeenskapslede aangerand

Die DA in Govan Mbeki-munisipaliteit beskuldig die ANC dat hul versuim om griewe uit die gemeenskap aan te spreek gelei het tot die aanranding van die raadslid. Volgens Encee Van Huyssteen is sy kollega Mariaan Chamberlain verlede Maandag aangerand toe woedende inwoners van Brendan Village die raadsaal bestorm het omdat…
8 Aug 2023 8AM 1 min

R40-skoonmaak groot sukses

Die R40 vanaf Rocky Drift tot in Nelspruit lyk al heel anders sedert die We Care for Nelspruit en Power of 8000-spanne verlede week vir ses dae ingespring het om dit skoon te maak. Bosse op die middelman is weggesny, gras is gesny en rommel opgetel. TJ Maré sê hulle…
8 Aug 2023 2AM 1 min

Nuusberig: Valke lê beslag op gevaarlike wapens, ploftoestelle

Die hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber, het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Dit hou verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview uitgevoer is.
7 Aug 2023 7AM 1 min

Gevaarlike wapens in Masoyi gekonfiskeer

Die provinsiale hoof van die Valke in Mpumalanga, generaal-majoor Nico Gerber het die multidissiplinêre operasie geloof waartydens gevaarlike wapens Vrydagoggend in ‘n huis in Phola, Masoyi gekonfiskeer is. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, hou dit verband met ‘n ondersoek na ‘n reeks rooftogte wat in Hazyview…
7 Aug 2023 6AM 1 min

Wêreld Goudpan-kampioenskappe skop Sondag in Pelgrimsrus af

Die Wêreld Goudpan-kampioenskappe vind vanjaar in Mpumalanga plaas. Dit skop Sondag in Pelgrimsrus af met 'n amptelike openingseremonie. Die kompetisie duur tot 12 Augustus. Deelnemers van 21 lande sal meeding om as wêreldkampioene gekroon te word. Die provinsiale regering sê dit is ‘n gulde geleentheid en beloof ‘n opwindende kompetisie…
4 Aug 2023 11AM 1 min

Geslagsgeweld: GRIP is hier om te help

Die Greater Rape Intervention Programme staan mense by na ‘n geslagsgebaseerde aanval. Die uitvoerende beampte, Tarryn Lokotsch, sê die tipe aanvalle neem duidelik toe, met slagoffers wat jonger word. Daar is ook 'n toename in voorvalle deur onbekende aanvallers, sowel as slagoffers wat dit nie binne 72-uur aanmeld nie. Kontak…
4 Aug 2023 7AM 1 min

Twee verskyn in Mpumalanga-hof vir 2-miljoen-Rand se dagga

Twee buitelandse burgers sal na verwagting vandag in die hof in Ermelo verskyn na hulle Woensdag in die Lothair-omgewing aangekeer is met ‘n bakkievrag dagga. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle die sekerheidswagte wat hulle vasgetrek het, probeer omkoop. Die 52 sakke weeg…
4 Aug 2023 2AM 1 min

DA Mpumalanga vra vir groter ingryping in sukkelende munisipaliteite

Die DA in Mpumalanga het aan die LUR vir Samewerkende Regering, Manda Msibi, geskryf om te vra dat hy strenger maatreëls implementeer in munisipaliteite in finansiële krisis. Trudie Grove-Morgan sê Emalahleni en Govan Mbeki voer, ondanks ingryping, steeds ‘n stryd om ‘n inkomste te verdien uit hul dienste. Hulle kan…
3 Aug 2023 8AM 1 min

Mynaansoek in Schoemanskloof gebring

Die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) ondersoek 'n aansoek wat gebring is om in Schoemanskloof te myn. Linda Grimbeek sê die aansoekers het aangevoer dat hulle nie openbare deelname prosesse na kon kom nie weens die Covid-pandemie. Die sakekamer het 'n kenner aangestel om die aansoek te analiseer en sal formeel aansoek doen…
2 Aug 2023 6AM 1 min

LUR neem Rhandza XiKolo Xa Wena-program na Matibidi

Die Mpumalanga Departement van Onderwys brei sy program uit om gemeenskappe aan te moedig om 'n bydrae te lewer en hul plaaslike skole skoon, veilige leeromgewings te maak. LUR, Bonakele Majuba, sê skole in Ehlanzeni en Nkangala-distrikte het reeds die inisiatief omarm en nooi die Bohlabela-distrik om dit ook te…
1 Aug 2023 5AM 1 min

Klagte teruggetrek teen een beskuldigde na moord op sesjarige

Die aanklagte teen een van die beskuldigdes in Bontle Mashiyane se moord, is teruggetrek. Die sesjarige dogtertjie se liggaam is in April verlede jaar vermink aangetref naby haar huis buite Witrivier. Volgens Monica Nyuswa van die Nasionale Vervolgingsgesag, was daar onvoldoende bewyse teen Samuel Mangebeletane. Die vier ander beskuldigdes het…
1 Aug 2023 2AM 1 min

Vier aangekeer vir plaasmoord in Balfour

Vier verdagtes is aangekeer na die moord op ‘n boer gisteroggend in Grootvlei buite Balfour. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 79-jarige Theo Frederik Bekker en sy vrou aangerand. Hy het aan sy beserings beswyk. Drie vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel. 25-kilometer verder het die gesteelde…
31 Jul 2023 7AM 1 min
560 – 580