Radio Pulpit Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer is 'n klein, maar kragtige potgooi op Radio Kansel tydens Goeie Nuus Tyd elke Donderdag oggend. Dit is een van ons luisteraar se hoogtepunte van die week. Onderwerpe fokus meestal op verhoudings, met God, mekaar, en self.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
254 Episodes
200 – 220

Woestynmentaliteit

Lynette Beer verduidelik hoe mens jou kan bly vaskyk teen jou verlede, in plaas daarvan om uit te reik na God se toekoms vir jou lewe. Mens noem dit 'n woestynmentaliteit net soos die Israeliete in Deut. 1:6 gehad het.
12 May 2021 4 min

Dink na, oor wat jy dink

Lynette Beer moedig ons aan om dit waaraan ons dink te oordink. Sy verwys na Ps 143:4-5 om uit te wys hoe Dawid sy gedagtes verskuif het vanaf sy probleme, na hoe getrou die Here al in die verlede vir Hom deurgekom het.
5 May 2021 4 min

Voor of agter die kruis?

Staan jy voor of agter die kruis want dit bepaal die lens waardeur jy na die lewe kyk.
27 Apr 2021 4 min

Vry om eerlik te wees

Lynette Beer rig ons op die pad na volkome vryheid, die vryheid om eerlik te kan wees, en die vrede wat saam met daardie vryheid kom uit 1 Joh 1:9.
21 Apr 2021 4 min

Wat om te doen as jou emosies amok maak

Lynette Beer deel hoe mens se onbeheersde emosies jou op 'n baie selfsugtige plek kan bring. 1 Petrus 3: 8-12 wys ons hoe om dit te oorkom vir ander mense se onthalwe.
14 Apr 2021 4 min

Daar is loon na lyding

Lynette verduidelik dat jy sal jou moet blootstel aan uitdagings as jy hoop om ooit uit te styg. 2 Sam 10:1-5 illustreer die punt.
7 Apr 2021 4 min

Iemand moes vra

Lynette Beer verduidelik hoe iemand die vra-werk moes doen om Jesus daar te kry om Lasarus uit die dood uit op te wek. Die storie word vertel in Johannes 11, want soms onderskat ons ons gebedsrol in die lewens van die wat dit so nodig het.
30 Mar 2021 4 min

In die hande van 'n doodgewone vrou

Lynette Beer vertel hoe Deborah voorspel het dat Jael ('n doodgewone vrou) vir Koning Síseria in Rigters 4 om die lewe sou bring, en so vir Israel oorwinning sou verseker.
24 Mar 2021 5 min

Woorde het krag

Lynette Beer gesels oor die skeppende krag van woorde en verwys na Spreuke 18:21 - Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
17 Mar 2021 4 min

Hopeloosheid

Lynette Beer verduidelik hoe jou persepsie van God se karakter dit moontliker maak om Hom te vertrou wanneer jy op jou laagste is. Sy haal aan: JESAJA 40:11 (AFR53) Hy sal sy kudde laat wei soos 'n herder; Hy sal die lammers in sy arm vergader en aan sy bors…
10 Mar 2021 4 min

Die belangrikheid van persepsie

Jou inspirasie vir vandag kom via Lynette Beer. Haar tema is "Persepsie" - Sy verwys na die spioene wat Moses uitgestuur wat presies dieselfde realiteit gesien het, maar met verskillende persepsies verslag daaroor gedoen het.
3 Mar 2021 4 min

God is vir ons

Lynette Beer verduidelik hoe belangrik dit is om te weet dat die Here vir jou is en nie teen jou nie, en watter verskil dit maak in jou lewe.
23 Feb 2021 4 min

Genoegsame Genade

Lynette Beer het 'n gawe om haar punt op 'n baie unieke manier oor te dra. So gordel vas... ons gaan vandag valskermspring!
17 Feb 2021 4 min

Elke mens het 'n wonderwerk nodig

Lynette Beer verduidelik hoe 'n mens se mees desperate oomblik, soveel keer juis die keerpunt word. Dit was so in Jesus se tyd en is vandag niks anders nie.
3 Feb 2021 4 min

Omstandighede vs gesindheid

Lynette Beer verduidelik dat ons omstandighede nie ons gesindheid moet bepaal nie, maar dat die teendeel juis waar is, en dat ons wel 'n keuse het.
27 Jan 2021 4 min

Ek, God en die onbekende toekoms

Lynette Beer inspireer jou vandag om te lewe met verwagting vir jou onbekende toekoms. As daar nou iemand is wat weet waarvan ons hier praat, is dit Abraham, wat blindelings moes vertrou en moes wegtrek, net omdat die Here gesê het hy moet.
20 Jan 2021 4 min

Die Dood... en dan?

Lynette Beer ondersoek wat gebeur na ons afsterwe na aanleiding van die Woord.
13 Jan 2021 4 min

Moedeloosheid is nie jou maat nie

Lynette Beer moedig jou aan om te kies om nie moedeloos of ongeduldig te wees nie. Sy sê dit is nie net moontlik nie, maar dat jy nie 2021 sonder daardie regte keuse kan aanpak nie.
6 Jan 2021 5 min

Wanneer n mens hoop gebeur dinge!

Lynette Beer verduidelik hoe hoop haar al deur die moeilikste tye gedra het, en hoe die Here al haar "hoop"/ geloof beloon het op Sy unieke manier.
9 Dec 2020 4 min
200 – 220