Radio Pulpit Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer

Inspirasie saam met Lynette Beer is 'n klein, maar kragtige potgooi op Radio Kansel tydens Goeie Nuus Tyd elke Donderdag oggend. Dit is een van ons luisteraar se hoogtepunte van die week. Onderwerpe fokus meestal op verhoudings, met God, mekaar, en self.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Relationships
236 Episodes
220 – 236

Wat is werklik belangrik

Dit is so maklik om dit wat werklik die belangrikste dinge in jou lewe is mis te loop. Te veel spanning, vrese en al die kommer van die lewe kan so maklik dit oorskadu wat van werklike waarde is. Lynette Beer bemoedig jou vanoggend om 'n waarde bepaling van jou…
8 Jul 2020 4 min

Verheug jou in ander se sukses

As daar nou een ding is wat kan maak dat mens jou rigting byster raak, is dit hierdie tema. Lynette Beer - Seeds of Inspiration bemoedig jou vanoggend om te fokus op God se roeping in jou lewe en om saam ander bly te wees as God se guns op…
1 Jul 2020 4 min

Laat jou dae tel

Lynette Beer het vanoggend vir jou 'n buitengewone perspektief oor dankbaarheid. As jy na een ding vandag luister - laat dit hierdie wees - dit sal jou met nuwe oë na jou lewe laat kyk
24 Jun 2020 4 min

Hierdie sal ook verbygaan

Josef is oorval van onheil tot onheil. Sy broers verkoop hom as slaaf en hy land in die tronk in 'n vreemde land, om maar net 'n paar dinge te noem. Sy houding teenoor die lewe het egter altyd positief gebly - en kyk waar het hy geëindig. Die teëspoed…
17 Jun 2020 4 min

'n Kritiese gees bevlek alles

Het jy al agterkom dat 'n kritiese gees jou orals volg, asof jy nie daarvan kan wegkom nie, of dalk ken jy iemand met die probleem? Lynette Beer het vir jou raad om van die gewoonte ontslae te raak
10 Jun 2020 4 min

Bereken die koste van konflik

Enigeen kan ingee en in konflik betrokke raak, terwyl min die koste daarvan bereken. Lynette Beer kyk hoe die bybelse kryger Dawid konflik hanteer het en het vir jou raad van ontskatbare waarde. Luister gerus
3 Jun 2020 4 min

Die duiwel is 'n virus

Virusse soos COVID-19 en die duiwel het 'n hele paar eienskappe in gemeen; soos bv. dat albei onsigbaar is en jou vul met vrees & onsekerheid. Hoe bou jy immuniteit op teen so 'n vyand? Lynette Beer het vir jou antwoorde & inspirasie!
20 May 2020 4 min

Niks bly ooit dieselfde nie

As jy mismoedigheid wil oorkom moet jy leer om van een seisoen na die ander oor te gaan. Lynette Beer gee riglyne oor hoe om by veranderinge aan te pas
13 May 2020 4 min

Kry jou krag van binne af

So baie mense regoor die wêreld worstel tans met geweldige teleurstellings en teenspoed en dit is maklik om jou lus vir die lewe in die proses te verloor. Vriende, familie & predeking kan jou wel 'n hupstoot gee, maar dit is net tydelik. Die strome van lewende water kom van…
6 May 2020 5 min

Vreugde in die midde van donker

As daar n' tyd is om jou vreugde in die donkerte te laat skyn, is dit nou. Ons word oorval met slegte nuus, alles dui daarop dat dit n' tyd van wanhoop is; maar dalk is dit juis die tyd vir doelbewuste vreugde. Lynette Beer inspireer jou vandag om jou…
29 Apr 2020 4 min

God het altyd die oplossing

As jy weet 'n uitdagende tydperk lê vir jou voor, dan kan jy jouself voorberei; maar wat as onverwagte onheil jou tref soos bv. #COVID19, finansiële krisis, of skielike dood? Wat doen 'n kind van God dan? Ons is nie gevrywaar van tragedie nie - maar tragedie vang nie jou…
22 Apr 2020 5 min

Die lens waardeur jy kyk

Jou gedagtes bepaal die gehalte van jou lewe & die lens waardeur jy na die toekoms kyk word gekleur deur jou verlede. Het jy geweet jy kan jou brein herbedraad? Lynette Beer vertel jou meer
15 Apr 2020 5 min

Ek glo nie God bestaan nie

Hoe hanteer jy dit wanneer jy met mense in gesprek is wat nie soos jy glo nie? Lynette Beer gee vir jou insig en duidelike riglyne om toe te pas vir hierdie delikate gesprekke wat ons almal een of ander tyd moet hanteer.
1 Apr 2020 4 min

Wat is jou kosbaarste besitting

In hierdie tyd van vrees, ontnugtering & wanhoop is een van die belanrikste vrae; "Wat is die kosbaarste bate wat jy veilig moet hou?" Lynette Beer gee vir ons perspektief op hierdie belangrike vraag
25 Mar 2020 4 min

Rigtingwysers vir jou roete

Is die vrees om foute te maak wanneer dit kom by lewensbelangrike keuses te groot? Lynette Beer het vir jou rigtingwysers om die pad makliker te maak.
11 Mar 2020 5 min
220 – 236