Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
210 Episodes
140 – 160

Geseënd is dié wat treur

Susan Jordaan verteel meer oor ‘n splinternuwe boek met die titel Geseënd is dié wat treur. Ds Rudi Swanepoel gesels oor die impak van verlies en daarna kuier Susan Coetzer in die ateljee om te gesels oor haar jongste boek Blinde Mol of wyse uil, leef met integriteit.
2 Aug 2022 1 hr 34 min

Gesond van binne

Voedingskonsultant Madalein Helm kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou gesondheid, immuniteit, stres en jou spysverteringstelsel.
26 Jul 2022 1 hr 37 min

Hoe om die regte laerskool vir jou kind te vind

Die hoof van Laerskool Die Krans en Kransjakkers in Pretoria, Janetta van Niekerk en mentor en fassiliteerder Lieneke Neethling kuier in die ateljee en word daar gesels oor jou laerskool- en voorskoolse kind en skool.
19 Jul 2022 1 hr 31 min

Hoe om kinders met karakter groot te maak

Blogger, ma, voormalige Mev. Verenigde Nasies Kona Brown vertel oor hoe om kinders met karakter en moed groot te maak. Arbeidsterapeut Adrinet de Bod gesels oor die uitdagings en vreugdes van ma-wees en Hannes Pretorius vertel meer oor ‘n nuwe dissipelskool in Mosselbaai vir jong volwassenes.
12 Jul 2022 1 hr 33 min

Nuut op die rak

Uitgewer Veronica Scholtz gesels oor die jongste boeke uit die LUCA Christelike-uitgewerstal. An-Mari do Carmo vertel meer oor haar debuutboek Toe als groen was en Jan Vermeulen gesels oor jeugroman Hoeveel tande het ‘n engel? Om die program mee af te sluit gesels voormalige lid van die sanggroep NaviRedd, Dawie…
5 Jul 2022 1 hr 30 min

Dink nuut

Dr Melodie de Jager deel insigte oor die wonder van die brein en gee raad en wenke oor hoe om jou denke te vernuwe en so jou lewe te verander.
28 Jun 2022 1 hr 39 min

Oorwinning oor trauma

Itha Kieser deel wat haar uitsonderlike verhaal en getuinenis na die dood van haar gesin. Elmarie Murphy van die Kameeldrift Trauma Ondersteuningsentrum vertel meer oor die werk wat hulle doen, danser Leonie Erasmus gesels oor hoe om tot eer van God te dansend te bly leef ten spyte van seerkry…
14 Jun 2022 1 hr 37 min

Tot sy eer

Christine Ferreira gesels met Christine Capendale oor bak vir profyt én plesier, boervrou Stephanie van Rensburg van Prieska vertel oor haar bergbediening, skrywer Anoeschka von Meck gesels oor haar jongste boek Net voor die droogte my breek en Elizabeth Botha vertel meer oor Vervolgingsondag. Bly gerus ingeskakel vir sielskos en…
7 Jun 2022 1 hr 34 min

Om uit die as te verrys

Christine Ferreira met Retha Ingenbleek oor vanjaar se SPAR Virtual Women’s Challenge en die spesiale tema wat aan hierdie padwedloop vir vroue gekoppel is. En drie uitsonderlike vroue, Louzanne Coetzee, Yolanda Bukani en Anruné Weyers vertel hoe hulle bo hulle omstandighede uitgestyg het as méér as oorwinnaars.
31 May 2022 1 hr 36 min

Wees 'n dissipel

Rian Swart oor dissipelskap en lewensafrigter Amanda de Lange vertel meer oor hoe om verandering in jou lewe te navigeer.
17 May 2022 1 hr 39 min

"Die Jirre is my wagter"

Jaco Strydom gesels oor sy nuwe boek Alle Sondaars welkom. Skrywer Elias P. Nel vertel oor sy jongste bundel Die Jirre is my wagter en musiekkenner Karien Pretorius vertel meer oor die besonderse rol van musiek in die kerk.
10 May 2022 1 hr 36 min

Huisgeloof & Traumabande

Ds. Maartje van der Westhuizen gesels oor die Huisgeloof-reeks vir gesinne wat help om gesinne se geloof te verdiep en te laat groei en Prof. Wentzel Coetzer vertel oor traumabande en hoe om herstel en bevryding hiervan te beleef.
3 May 2022 1 hr 38 min

God se wonderbaarlike genesingskrag

Christine Ferreira gesels met sanger Retief Burger en Dr Isak Burger vertel oor die wonderbaarlike genesingskrag van God.
26 Apr 2022 1 hr 42 min

Dis verhoudings wat tel

Christine Ferreira gesels met predikant en skrywer, Johan Smith oor die impak van verhoudings na aanleiding van sy jongste boek Volkleur Vreugde in verhoudings. Maretha Maartens gesels oor haar nuwe jeugroman Toe ons in Ghrieshuis was en die sangpaar Jacques & Elizabeth deel hul getuienis en vertel meer oor hul…
19 Apr 2022 1 hr 36 min

Kosbare samesyn

Elmarie Berry gesels oor die kuns van kosmaak en mooi tafeldek, Cherize Hoogendyk (vrou van Elvis Blue) vertel meer oor hoe dié twee van hulle ‘n bus in ‘n woonplek verander het. Liza Nel van Highway Ministry SA vertel meer oor die werk wat hulle doen.
12 Apr 2022 1 hr 35 min

Blommevroue

Christine Ferreira gesels met die Blommevroue, Karien Greeff, Christa Calitz en Petrie Ehlers, drie jong vroue wat die lewe vir ander mooimaak en ‘n verskil in ander vroue se lewens maak deur hul werk. Boets Nel van De Krans in die Calitzdorp-omgewing vertel ons meer oor die geskiedenis van hierdie…
29 Mar 2022 1 hr 26 min

Ontdek 'n dieper verhouding met God

Christine Ferreira gesels met Mart-Marie Schoeman oor haar boek Op reis met God 40 Ontdekkingsreise vir ‘n dieper verhouding met God. Predikant en skrywer, Johann Voges, gesels oor sy jongste boek Anderkant twyfel kreukelgedagtes oor lewe en dood en die impak van verlies.
22 Mar 2022 1 hr 34 min

Rut & Boas

Christine Ferreira gesels met predikant en skrywer, Barend Vos, oor sy jongste boek Rut & Boas ‘n Liefdesverhaal. Pastoor Mariëlle de Vos deel interessante insigte oor hierdie Bybelvrou ter aansluiting. Daarna gesels Helena Hugo oor haar jongste roman Geloof soos ‘n mosterdsaadjie. En Christelle Webb-Joubert vertel meer oor die Lekkerluister-projek…
15 Mar 2022 1 hr 38 min

Hoop te midde van die stryd

Christine Ferreira gesels met narratiewe berader Faith Durie oor seën en vernuwing. Gebedstapper Peet Bekker deel sy jongste stapnuus en dr. Francois Sieberhagen van die Bybelgenootskap vertel meer oor die situasie onder gelowiges in die Oekraïne. Ons sluit die program af met ‘n gesprek met skrywer Maretha Maartens en medeskrywer…
8 Mar 2022 1 hr 39 min
140 – 160