Skrywers en boeke

Loading player...
Tydens hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met die skrywers van vier Christelike boeke wat by luisteraars sal byval vind. Alexa Steyn gesels oor haar Bybelse roman, Die Galileërs. Helena Hugo vertel oor Verbly julle in die hoop, die tweede roman in ‘n reeks van drie. Wendy Maartens gesels oor Psalms vir kleingoed en joernalis en skrywer Deonette de Kock vertel meer oor die skryf van Prison Child die verhaal van Felicia Goosen, wat in ‘n tronk in Thailand gebore is, nadat haar ma Vanessa Goosen gevange geneem is vir die smokkel van dwelms in 1994.
18 Jul 2023 Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement

Other recent episodes

Muur van hoop, Ya Bana VIllage & KI

Marlene Eksteen van Potchefstroom gesels oor ‘n spesiale mosaïekprojek waarby sy en ‘n groep dames betrokke was om dié universiteitsdorp te verfraai. Naomi Brink vertel meer oor die Ya Bana Village Gastehuis en Retraitesentrum en die werk wat hulle onder kinders doen. Dr Eugene Botha gesels met ons oor kunsmatige…
22 Sep 1 hr 36 min

Mansgesondheid

Voedingskundige Madalein Helm gesels oor mansgesondheid en spesifiek oor voeding vir mans in elke lewensfase.
15 Sep 1 hr 35 min

Joodse Nuwejaar & Hoop na trauma

Marielle de Vos vertel meer oor die Joodse Nuwejaar wat op Saterdag 12 September begin. En Dr Cobus Jansen van Nieuwenhuizen gesels oor hoekom daar altyd hoop ná trauma is.
8 Sep 1 hr 44 min

Salwingsolies

Dr Eunice van der Merwe gesels oor die Bybelse gebruik van salwingsolies en hoe God Homself deur salwing openbaar.
1 Sep 1 hr 26 min