Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
201 Episodes
20 – 40

Met Hart en Siel - 31 Des 2024

Christine Ferreira gesels met Rita Venter, Barend Vos, Riette van Watt om 2024 af te sluit en die nuwe jaar, 2025, binne te gaan
31 Dec 2024 1 hr 27 min

Met Hart en Siel - 24 Des 2024

Christine Ferreira gesels met Wendy Maartens, Rudi Swanepoel, Melissa Bothma, Tom Smit en Hendrik van Deventer in vandag se Met Hart en Siel
24 Dec 2024 1 hour

Vakansie Leesstof

Christine gesels vanoggend met verskeie skrywers oor hul nuwe boeke - lekker vakansie leesstof net vir jou! Helena Hugo: Blomme vir Berdine & Die grootste hiervan is die liefde Elize Parker: Waar die doringbome sing Frenette van Wyk: Stryd vir liefde Louise Viljoen: Toevlug
17 Dec 2024 1 hr 16 min

Kos & kuns

Entrepeneur en sakevrou, Nini Strydom, gesels haar spyseniering- en dekoronderneming en die pad wat die Here met haar gestap het tot hier. Syskermdruk-kunstenaar, Korien Sander, deel haar geloofsreis van geoktroïeerde rekenmeester tot voltydse kunstenaar.
10 Dec 2024 1 hr 09 min

Leef suksesvol

In hierdie aflewering gesels Hykie Berg oor die geheime van ‘n suksesvolle lewe. Ina Nortjé kom vertel meer oor die Jakaranda Kinderhuis se jaarlikse Liggiefees en Prof Wentzel Coetzer vertel waarom angs die nuwe depressie is.
3 Dec 2024 1 hr 32 min

Johnny Davids deel sy hart

Die bekende televisie-aanbieder Johnny Davids deel sy hart oor die goue draad van guns en genade wat deur sy lewe loop. Milanie Vosloo gesels oor haar nuwe dagstukboek Kaalvoet Sielsgedagtes. En die bekende televisie-aanbieder
12 Nov 2024 1 hr 23 min

Tieners en hul emosies

In hierdie aflewering word daar gesels oor tieners en hul emosionele welstand. Saun Fuchs hoof en stigter van Centennial Schools vertel meer oor hoe ons geestesgesondheid by kinders en tieners kan bevorder. Lewensafrigter Amanda de Lange vertel hoe jy jou kind kan “afrig” om hul volle potensiaal te bereik en…
29 Oct 2024 1 hr 37 min

Joodse Feesdae

Pastoor Marielle de Vos en kreatiewe joernaalkunstenaar en entrepreneur, Karin Beukes, kuier in die ateljee en daar word onder meer gesels oor die afgelope Joodse feesdae, asook die skep van ‘n kreatiewe kunsjoernaal en Bybelstudieboek oor die Berge van die Bybel. Adeline Ashkenazi kom vertel meer oor haar buitengewone bediening/onderneming…
22 Oct 2024 1 hr 38 min

Vroue en hul finansies

Finansiële adviseur Vanessa Zandberg kuier in die ateljee en word daar gesels oor vroue en hul finansies. Sonja Goldberg vertel meer oor haar jongste dagstukkieboek Kom saam Wysheid vir jou lewensreis.
15 Oct 2024 1 hr 30 min

Die krag van gebed

In hierdie aflewering kuier Apostel Jantjies van Unlocking the Treasures Prayer Network in die ateljee om oor sy bediening te gesels. Lewensafrigter, kuns- en trauma-berader en kunstenaar Armandina Adams vertel meer oor die werk wat sy doen om genesing in ander se lewens te bewerkstellig.
8 Oct 2024 1 hr 32 min

Hoop? Vir seker!

In hierdie aflewering gesels Dr Braam Hanekom oor hoe om uit die hok van armoede te ontsnap. En Trudie Badenhorst kuier in die ateljee om te sê Hoop? Vir seker!
1 Oct 2024 1 hr 33 min

Met Hart en Siel - 24 Sept 2024

Christine gesels met Susan Coetzer oor haar nuwe boek "Lekkergoed vir die lewe". Daarna gesels sy met Irma Raspel oor haar boek "Die mak maniere van wilde diere". En dan gesels Christine met Jan Braai oor sy nuwe boek "Atmosvuur"
24 Sep 2024 1 hr 40 min

Met Hart en Siel - 17 Sept 2024

Christine Ferreira gesels vanoggend met Helena Van Der Westhuizen oor die gebruik van natuurlike bestandele in skoonheidsmiddele. Daarna is Magriet Groenewald aan die woord oor ken jou waarde as vrou. Louise Holts gesels oor hoe om jou lugbraaier te benut en dan sluit die program af met Peet Bekker en…
17 Sep 2024 1 hr 25 min

Este Geldenhuys - nuwe boek

Christine gesels vanoggend met Este Geldenhuys oor haar nuwe boek "God knows you" en Faith Durie gaan deel oor die impak van jou storie op jou geloofs-lewe. Peet en Melanie Bekker deel ook hul stories en oordenking.
10 Sep 2024 1 hr 35 min

Klim jou berg

Spesialis-lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels oor emosionele genesing. Marlien Cronje vertel meer oor ‘n groep vroue wat Kilimanjaro later vanjaar gaan aandurf ter wille van kinders wat swaarkry en Esti Stewart gesels oor die Baviaans Camino en wat dié staptog aan jou siel sal doen.
3 Sep 2024 1 hr 31 min

Nogtans-geloof

In hierdie aflewering gesels die geliefde kunstenaar, Portchie, oor sy memoir en Ivor Swartz vertel wat nogtans-geloof beteken.
27 Aug 2024 1 hr 32 min

Kreatief & gesond

Joernaalkunstenaar, Anel Stricker-Bessinger, gesels oor kreatiewe rus en kosskrywer, Vickie de Beer, vertel meer oor 'n nuwe leefstylgids vir diabete.
20 Aug 2024 1 hr 34 min

Met integriteit

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Sarah Portal oor hoe jou kleinding van God se nabyheid te leer. Gary Power gesels oor hoe om met integriteit te leef en ds Rudi Swanepoel van die Aan-die-berg-gemeente in Northcliff, Johannesburg kuier in die ateljee.
13 Aug 2024 1 hr 35 min
20 – 40