Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
201 Episodes
40 – 60

Ter wille van sy Naam

Elizabeth Botha, mediabeampte van Geopende Deure, vertel oor die Arise Africa veldtog. Berkoonde kinder- & jeugboekskrywer, De Wet Hugo, gesels oor sy liefde vir skryf en die lewe as laerskool-onderwyser in China. En die legendariese Sonja Herholdt kuier in die ateljee.
6 Aug 2024 1 hr 34 min

In en uit die buiteland

In hierdie aflewering word daar gesels met Kenneth de Heyn, ‘n Belgiese sendeling wat hom in Hoopstad in die Vrystaat kom tuismaak het. Lizette Murray vertel meer oor ‘n kuier by haar kinders wat in Kanada woon en die impak wat kinders wat ver bly op ouers en grootouers het…
30 Jul 2024 1 hr 37 min

Kom eenkant met 'n boek

Ds Jaco Strydom kuier in die ateljee om oor sy eerste roman Daka te gesels. Farren Cloete, die dominee van die pienk kerk op Lambertsbaai, vertel meer oor Geroep vir ‘n tyd soos hierdie. Gebedstapper, Peet Bekker, bring ‘n boodskap vir oud-soldate en Milanie Vosloo sluit die program af met…
23 Jul 2024 1 hr 31 min

Maak jou merk

In hierdie aflewering gesels skrywer, Wendy Maartens, oor haar jongste reeks kinderboeke met ‘n boodskap. Esther Taljaard vertel meer oor hul opleidingskool vir digitale bediening en die rol van sosiale media in die uitdra van die boodskap van Jesus. Brandt Coetzee gesels oor ‘n koffiedrankie wat van die peul van…
16 Jul 2024 1 hr 31 min

Seisoene, storms en woestyne

In hierdie aflewering gesels Chris van der Merwe oor grenselose genade en dr. Isak Burger vertel meer oor die seisoene, storms en woestyne in ons lewens en hoe ons as gelowiges daarop reageer.
9 Jul 2024 1 hr 30 min

Berge in die Bybel Deel 2

Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer.
2 Jul 2024 1 hr 30 min

Hoe moet ouers kinders met leerblokkasies hanteer?

Dr. Melodie de Jager kuier in die ateljee en word daar gesels oor wat as my kind “anders” is en ons kyk onder meer na outisme, disleksie, aandag-afleibaarheid, leerblokkasies en meer.
25 Jun 2024 1 hr 28 min

Genesing vir kinderjare-trauma

Pastoor Natasja Kotzé van Doxa Deo gesels oor die werk wat hulle gemeente onder vroue doen. Retha Ingebleek vertel meer oor ‘n spesiale gebedsgeleentheid tydens vanjaar se SPAR Women’s Challenge Tshwane en Prof Wentzel Coetzer gesels oor kinderjare-trauma te midde van ‘n milieu van verslawing.
18 Jun 2024 1 hr 38 min

Berge in die Bybel Deel 1

Pastoor Marielle de Vos gesels oor berge in die Bybel en wat die Woord ons hieromtrent leer.
11 Jun 2024 1 hr 37 min

Sien Hom oral raak

Ds Tom Smith kuier in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Elodi Naude deel haar besonderse getuienis oor hoe sy en haar gesin die stadslewe vir die lewe op die platteland verruil het…
4 Jun 2024 1 hr 34 min

Om 'n ma te kan wees

Stefani Ernst en Judith Kamffer kuier in die ateljee en deel hulle besonderse getuienisse rondom ma-wees. Daar is ‘n boodskap vanaf gebedstapper, Peet Bekker, en ons sluit af met ‘n stiltetyd meditasie deur Milanie Vosloo.
28 May 2024 1 hr 36 min

Hoe om jou kind te help floreer

Hanneke Mackie kuier in die ateljee om te gesels oor hoe sing, dans en drama ‘n verskil in jongmense se lewe kan maak. Kinderboekskrywer, Zuleka Smit, gesels met ons oor haar jongste reeks Christelike boeke vir kinders en Erich Posthumus vertel on meer oor die Godly Revolution byeenkoms vir die…
14 May 2024 1 hr 34 min

Die waarde van 'n ma

Chante Hinds-Moller gesels oor die waarde van ‘n ma op ‘n Karooplaas. Mari le Roux gesels oor haar ma, skrywer Mariël le Roux, se jongste boek Donkertyd My naam is Tina en Hettie Brittz vertel meer oor hoe om kinders met karakter te kweek.
7 May 2024 1 hr 37 min

Maak jou wêreld 'n mooier plek

Nadine Vosloo, gesels oor die kuns van krytverf en hoe om jou wêreld ‘n mooier plek te maak. Tekstielkunstenaar, Alice Tindall, deel haar getuienis en vertel meer haar kuns.
30 Apr 2024 1 hr 34 min

Vind God in die gewone

In hierdie aflewering kuier ds Tom Smith in die ateljee om te gesels oor God in die gewone en hoe ons onsself kan leer hoe om Hom daarin raak te sien. Ronel Horak vertel meer oor die Tierlantynkies Kuier & Koopmark wat eersdaags plaasvind en hoe ons God deur ons…
23 Apr 2024 1 hr 31 min

In die wolk van sy Teenwoordigheid

Pastoor Marielle de Vos kuier in die ateljee en gesels oor die besonderse plek van lofprysing in ‘n gelowige se lewe.
16 Apr 2024 1 hr 29 min

Balsem vir lyf en siel

In hierdie aflewering gesels Trudi Kasselman oor die geurige Ruah Kruiereeks-lyfprodukte, Madeleine Rootman deel haar getuienis oor haar reeks Gesalfde-lyfprodukte en Beatri Joubert gesels oor Balsem en die voordele wat turksvypit-olie vir die vel inhou.
9 Apr 2024 1 hr 32 min

Jabulani

Adine Roode, direkteur en hoof van Jabulani Safari Lodge, kuier in die ateljee om meer te vertel oor dié wildreservaat in die groter-Kruger wat al meer as 20 jaar by die bewaring van olifante betrokke is. Daarna vertel digter, teoloog en skrywer, Prof. Cas Vos meer oor sy jongste digbundel,…
2 Apr 2024 1 hr 43 min

Van ashoop tot Hoop

Ds Ronell Bezuidenhout gesels in die lig van Paasfees oor haar jongste boek, Van ashoop tot Hoop. Romien Wait deel haar getuienis oor ‘n verlammende siekte wat haar lewe vir altyd verander het. Landé Brits van Piketberg vertel hoekom “anders net vreemd is tot jy meer daarvan weet.” Maar om…
26 Mar 2024 1 hr 34 min

Oorwinning in jou stryd

Lurina Fourie gesels oor haar stryd met diabetes. Talana Vuren-Kuhn deel haar getuienis en geloofspad en Anoeschka von Meck vertel meer oor haar jongste roman, Twa die Tydloper.
19 Mar 2024 1 hr 30 min
40 – 60