Radio Pulpit Met Hart en Siel

Met Hart en Siel

Vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê. Die program is vir vroue (en mans) van geloof wat die pragtige en goeie uit die Vader se hand geniet. Jou aanbieder is die talentvolle Christine Ferreira, redakteur van die Christelike vrouetydskrif, Lééf.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Self-Improvement
201 Episodes
60 – 80

Besigheidsidees wat jy sommer vandag mee kan begin

Finansiële kenner, George Foley, vertel van ‘n duisend en een besigheidsidees, dinge wat jy sommer vandag mee kan begin om ‘n ekstra geldjie te verdien. En Emma van der Walt, pastoor en die stigter van die organisasie Brave to Love, kuier by ons in die ateljee om oor die donker…
12 Mar 2024 1 hr 34 min

Oor skrywers en boeke

Riaan Grobler gesels oor sy debuutroman met 'n Christelike inslag, Geheime op Philadelphia, en Amanda de Lange vertel meer oor ‘n skrywersmentorprogram vir voornemende skrywers.
5 Mar 2024 44 min

Geloofspad

Gerjo-Ben van der Merwe van die Kruispad-kerk en sy vrou Renata gesels oor hoe lyk die lewe van ‘n gelowige wat die pad as Jesus se volgeling loop. Dr. Carel Antonissen gesels oor stilword en eenkant kom en Ricko Ackerman, ‘n leerder van die Vastfontein Batho Pele-skool vertel meer oor…
27 Feb 2024 1 hr 38 min

Die Verbinding tussen Mond en Brein

In hierdie aflewering kuier Dr Melodie de Jager in die ateljee om te gesels oor die konneksie tussen die mond en die brein en die belangrike rol wat dié liggaamsdeel in die ontwikkeling van baba’s en kinders speel. Selfs tot in ons bejaardheid dra die mond tot ons emosionele welstand…
13 Feb 2024 1 hr 34 min

Sleutels en lofprysing

Pastoor Marielle de Vos gesels oor die simboliek en betekenis van sleutels in die Bybel en oor die hart van lofprysing. Lofpryser, Laurinda Camacho, deel haar getuienis. Estelle Rossouw vertel meer oor ‘n vrouekonferensie op Parys in die Vrystaat wat eersdaags plaasvind. Gebedstapper Peet Bekker bring vir ons ‘n kort…
6 Feb 2024 1 hr 16 min

Met wysheid

Marius Botha kuier in die ateljee om oor sy boek Rediscovering Wisdom The Forgotten Gift te gesels. Anja Letsatsi vertel meer oor ‘n gebedspojek vir kinders en Charlene Grobler wat aan die hoof staan van die Loius Botha en Jakaranda Kinderhuise kuier in die ateljee om meer te vertel oor…
30 Jan 2024 1 hr 28 min

Hoe hanteer jy 'n uitdaging?

In hierdie aflewering word daar gesels oor hoe om die uitdagings wat oor jou pad kom te hanteer. Elizabeth Botha van Geopende Deure gesels oor geloof onder uitdagende omstandighede, aktrise Mila Guy vertel oor haar deelname aan ‘n nuwe TV-reeks met die titel Die Uitdaging en avonturier Iana Strydom gesels…
23 Jan 2024 1 hr 33 min

Wat beteken dit om suksesvol te wees?

In hierdie aflewering gesels Christine Ferreira met Pete Portal van die Tree of life-kerk in Mannenburg, Kaapstad oor sy nuwe boek How to be (un)Successful An unlikely guide to human flourishing en wat dit in God se koninkry beteken om suksesvol te wees. Michelle Coetzee kuier in die ateljee en…
16 Jan 2024 1 hr 30 min

'n Nuwe jaar

Marielle de Vos en Esté Geldenhuys gesels oor die profetiese woord wat oor die jaar 2024 uitgespreek is, wat op elkeen van hulle se harte lê en die betekenis wat dit dié jaar vir ons inhou.
9 Jan 2024 1 hr 26 min

Kuns tot sy Eer

Skilder, Isabel le Roux kuier in die ateljee. Kunstenaar, Marianna Booyens vertel meer oor God se inspraak in haar werk en Christelle Fourie, wetenskaplike en ‘n kerkleier wat in Swede woon, deel haar getuienis rondom verlies en herstel.
5 Dec 2023 1 hr 34 min

Friendship with God

Trevor Hudson vertel oor hoe God ons uitnooi om ‘n vriendskap met Hom te betree. Dr. Fanie Briel, pastoor en lewensafrigter, kuier by in die ateljee en gesels oor hoe om die lewe, uitdagings en afdraaipaaie te bemeester.
21 Nov 2023 1 hr 33 min

Leergereed, skoolgereed

In hierdie aflewering kuier dr Melodie de Jager in die ateljee en word daar oor gesels oor skoolgereedheid.
14 Nov 2023 1 hr 35 min

Kultusse in Suid-Afrika

Joernalis en skrywer, Jana Marx, kuier in die ateljee en gesels oor kultusse in Suid-Afrika. Chante Hinds-Moller deel nuus uit die Karoo. Peet Bekker bring 'n boodskap uit Lindley en Milanie Vosloo deel 'n stiltetyd-meditasie.
7 Nov 2023 1 hr 30 min

Geestesgesondheid

Dis geestesgesondheid-maand en in die lig hiervan kuier prestasie-afrigter en avonturier, Cobus Visser vandag in die ateljee en gesels sielkundige, Dr. Johan Ferreira, met ons oor hoe om na ons geestesgesondheid om te sien.
31 Oct 2023 1 hr 35 min

Sade van hoop

In hierdie aflerwering kuier gebedstapper, Peet Bekker, en glaskunstenaar, Martli Janse van Rensburg, in die ateljee en gesels oor die werk wat die Here in hul lewens doen.
24 Oct 2023 1 hr 33 min

Dink nuut, geloofskrisis en gebede vir die Vervolgde Kerk

In hierdie aflewering kuier skrywer, Sanet Deysel, in die ateljee om oor haar boeke Mountains Moving your mountains one thought at a time en Things I wish I knew when I was a teen te gesels. Lewensafrigter, Amanda de Lange, gesels met ons oor wat om te doen as jy…
17 Oct 2023 1 hr 32 min

Dink nuut oor aftree

Ontwikkelingskundige, dr Melodie de Jager, gesels oor hoe om aftrede reg te benader as dit kom by liggaam, siel en gees.
10 Oct 2023 1 hr 33 min

Die lewe is 'n asem lank

In hierdie aflewering gesels Ds Deon Loots oor hoe om ‘n spontane getuienis van Jesus te wees. Frieda van den Heever vertel meer oor ‘n digbundel met die titel Die lewe is ‘n asem lank Gedigte oor verlies en vertroosting. En skrywer Helena Hugo gesels oor haar jongste geestelike roman…
3 Oct 2023 1 hr 32 min

Demensie en geloof

Dr Michiel van der Merwe gesels oor die godsdiensbelewenis van ‘n persoon met demensie. en Prof Wentzel Coetzer vertel meer oor generasie-bagasie, wat dit behels en wat die impak daarvan op ons menswees en welstand is.
26 Sep 2023 1 hr 34 min
60 – 80