GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
510 Episodes
200 – 220

#JouGrootKuier - Jan Mathys

Die kontrak 3 sensasie Jan Mathys kuier vandag in die ateljee en vertel ons van waar sy loopbaan begin het en ook sy toekoms planne terwyl hy ons vermaak met lekker akoestiese musiek.
15 Nov 2023 25 min

#DieGrootTrek - Dr Wium Erasmus praat oor Outisme

Dr. Wium Erasmus het tyd afgestaan om met Doepie en Nina te kom gesels oor Outisme tydens Internasionale Gestremdheids maand. Daar is 'n hele paar mispersepsies oor Outisme en Dr. Erasmus klaar dit op asook hoe om dit by jou kind te sien in 'n jong ouderdom en die behandeling…
9 Nov 2023 27 min

#JouGrootKuier - Dan Patlansky

Nie net is Dan al benoem as die 4de beste guitarist in die wereld nie maar hy is ook een van SA se grootste musikale talente. Dan Patlansky kuier vandag in die ateljee en vertel ons hoekom hy besluit het op die Blues, waar sy passie vandaan kom en hoe…
8 Nov 2023 35 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Jonk Trou of wag)

Met die samelewing wat so baie verander het wonder baie paartjies of jonk trou die beste idee is vir hulle of moet hulle dalk langer wag. Daar is positiewes in albei situasies maar Liezel kom gesels met ons oor wat jy moet weet voor jy trou om te help die…
7 Nov 2023 35 min

#DieGrootTrek - E-Sports & Gaming met Wayne Holt & Shane

Doepie is 'n groot gamer en daar is baie ander manne daar buite wat ook gereeld agter n console of rekenaar inskuif. Die wereld van gaming is besig om te verander en Wayne Holt van Lenovo kom gesels oor Legion wat hulle gebruik om gaming in SA aan te help…
3 Nov 2023 31 min

#JouGrootKuier - Jacob Swan

Die Liedjieskrywer van die jaar wenner Jacob Swann kom kuier vandag bietjie by ons en gesels oor sy duet met van "Lief" saam Karlien Van Jaarsveld en ook waar al die name en stories vandaan kom oor die persone wie hy sing. Verseker 'n kunstenaar om dop te hou.
1 Nov 2023 31 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers brink Oktober Check-in

'n Ware man van sy woord. Tshwane Burgermeester Cilliers Brink het kom inloer om vir ons op hoogte te hou van sake in en om Pretoria hy het ook van die geleentheid gebruik gemaak om vir Burgermeesters kommitee-lid vir publieke veiligheid Mnr. Grandi Theunissen saam te bring om vir ons…
27 Oct 2023 33 min

#JouGrootKuier - Fatman

Hy is terug saam ons in die ateljee en het weer sy kitaar saamgebring. Fatman vertel ons meer van sy nuwe enkelsnit en musiek video en vat ook 'n paar versoeke van die luisteraars af.
25 Oct 2023 29 min

#JouGrootKuier - Minke Brits

Minke het bietjie haar vellies ateljee toe gebring om vir ons haar treffers akoesties op te voer en vertel ons ook bietjie hoe die pasgetroude lewe haar hanteer.
18 Oct 2023 33 min

#DieGrootTrek - Doep & Nins stel ondersoek in oor die Franse (KOS)

Plaaslike Chef Jeannie het vir Doepie en Nina 'n paar eg Franse disse kom bedien na Doepie besluit het die Franse het dalk sulke moeilike persoonlikhede omdat hulle kos hulle persoonlikehede beinvloed. Suid-Afrika se mense is lekker want ons eet lekker, is dit dieselfde in Frankryk?
16 Oct 2023 26 min

#DieGrootTrek - Terugploeg help jong seuns mans word

Elke dag is daar soveel meer seuns wat sonder Pa's grootword en wat geen figuur het om hulle te help om basiese dinge te leer en 'n rolmodel vir hulle te wees nie. Terugploeg het 'n inisiatief wat hulle kampe doen en die jong seuns vat en vaardighede aanleer sodat…
12 Oct 2023 22 min

#JouGrootKuier - Pieter Smith

Die man agter die lekker saamsing nommertjies by kuiers regoor Suid Afrika, Pieter Smith, kuier vandag saam ons in die ateljee en ons gesels bietjie oor name wat gebruik word in sy liedjies asook stereotipes en hoe hy dit maak werk in sy musiek.
11 Oct 2023 30 min

#DieGrootTrek - Dr. Eugene Jooste & Babette oor Borskaknker

Tydens borskanker bewusmakingsmaand het ons dit goed gedink om met 'n spesialis in die veld te gesels en ook iemand wat reeds borskanker oorwin het. Dr Eugene Jooste gesels met ons oor gevaartekens en Babette deel haar persoonlike storie oor borskanker met ons.
10 Oct 2023 31 min

#DieGrootTrek - Expedition H2O incheck

Jean en DeWitt het op hulle motorfietse geklim en hulle reis begin teen die Weskus van Afrika af. Die manne sit al in Kongo en ons loer in by hulle om te hoor hoe hulle trip gaan en hoe die mense van Afrika hulle ontvang.
9 Oct 2023 14 min

#DieGrootTrek - DOEP & NIENS se ou Onnies.

Op Internationale Onderwysersdag het ons dit goed gedink om twee van ons gunsteling onnies in te kry. Toevallig dat die twee ook met mekaar getroud is. Ons gesels oor ou skool memories en watse rol die onderwysers in Doepie en Nina se lewe gemaak het.
6 Oct 2023 29 min

#JouGrootKuier - Prop

Propskie kom loer weer bietjie in by ons en gesels oor sy nuwe liedjie wat net betyds is vir die rugby wereldbeker. Ons gesels ook bietjie familie lewe en oor sy nuwe musiek video terwyl hy ons vermaak met n paar lekker akoestiese nommertjies.
4 Oct 2023 30 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem (Help! Daar's 'n baby in die huis.)

Liezel van Intiem kuier vandag in die ateljee en gesels oor 'n onderwerp wat so baie paartjies raak. Die liefde het geblom en jou verhouding was ongelooflik. Nou het julle n baba en jou verhouding soos jy dit geken het val plat. Wat maak mens en wat is die praktiese…
3 Oct 2023 30 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers Brink (September Inloer)

Burgermeester van Tshwane Cilliers Brink is n man wat by sy woord hou. Hy is weer in die ateljee om vir ons terugvoer te gee oor ons stad en alles wat in September gebeur het. Dit is nie net alles slegte nuus nie, hy deel ook hoe hulle besig is…
29 Sep 2023 30 min
200 – 220