GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
510 Episodes
240 – 260

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers Brink Augustus Inloer

Hy is 'n man van sy woord. Burgermeester Cilliers Brink het weer kom inloer om te gesels oor die uitdagings wat Pretoria op die oomblik beleef met al die stakings en ook wat ons plaaslike regering doen om dinge reg te ruk en soveel waarde as moontlik aan die belasting…
11 Aug 2023 34 min

#DieGrootTrek - Tendai "Beast" Mtawarira

Hy is n gentle Giant en een van die niceste sportmanne daar buite. Doepie en Nina gesels met Beast Mtawarira oor sy liefde vir liefdadigheid, sy klein hart vir sy familie en ook wat hy dink van die bokke en hulle kanse die jaar by die wereld beker!
10 Aug 2023 16 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Entrepreneur (SOX)

Jy het al gehoor daar word gese, jy moet jou sokkies optrek! Dis presies wat hierdie entrepreneur gedoen het en toe een van Suid-Afrika se suksesvolste sokkie maatskappye begin wat nou uitvoer reg oor die wereld.
7 Aug 2023 25 min

#DieGrootTrek - Rooksein

Rooksein kom loer by ons in op n Vrydag middag nogal om te gesels oor hulle toekenings vir enkelsnitte wat Goud en Platinum gegaan het en bederf ons sommer met lekker akoestiese musiek.
28 Jul 2023 29 min

#JouGrootKuier - Barto

Die eerste keer wat hy by die GrootTrek kom kuier en die man het nie ons in die steek gelaat nie. Barto is vandag op die Rooi stoel en kom vermaak die luisteraars met van sy gewildste liedjies akoesties en vertel ons ook meer oor sy loopbaan wat skielik vlam…
26 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Zyl

In 'n tyd waar Suid-Afrikaners elke sent moet tel het Thys van Everest Wealth by ons kom kuier om te gesels oor die volgende 6 maande se finansiele vooruitsig en hoe ons kan maak om ons finansies beter te bestuur.
25 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Grafiese Ontwerper)

Ons het almal al beelde gesien wat onmiddelik ons oog vang, maar wie is die kreatiewe meesterbreine agter hierdie skeppings. Vandag gesels ons met Amone n grafiese ontwerper oor wat haar beroep so spesiaal maak en wat mense nie weet van dit nie.
24 Jul 2023 27 min

#DieGrootTrek - Expedition H2O

Jean en Dewitt is al vriende van Universiteitsdae af en het besluit om n toer op hulle ysterperde aan die Weskus van Afrika te doen deur 20 lande om geld bymekaar te maak vir 'n projek in die vrystaat wat vars drinkwater aan families sal voorsien.
20 Jul 2023 28 min

#JouGrootKuier - Brendan Peyper

Hy het lanklaas kom inloer maar kom deel vandag bietjie sy storie oor hoe sy operasie aan sy stembande sy hele uitkyk op die lewe verander het. Hy deel ook n liedjie wat 2 weke terug geskryf is oor sy liefde vir rugby en bederf ons met nog n paar…
12 Jul 2023 32 min

#DieGrootTrek - Quiet Quitting met Dr Jannet Davel

'n Nuwe tendens in die werkplek genaamd "Guiet Quitting" het onlangs begin sy kop uitsteek en ons gesels met bedryfssielkundige Dr Jannet Davel oor wat presies dit is en hoe om dit te vermy in jou maatskappy.
11 Jul 2023 31 min

#DieGroottrek - Dag in die lewe van (popmaker)

Het jy al ooit gewonder waar kom daai oulike handpoppe vandaan wat gebruik word in films, teater en op skool? Ons gesels vandag met Emile Wepener wat poppe maak vir n lewe en wat presies dit is wat hy doen en waarvan hy hou in sy beroep.
10 Jul 2023 24 min

#DieGrootTrek - Mej SA Finalis Natasha Joubert

Na sy die eerste keer deelgeneem het aan Mej SA en toe gestuur is na Mej Heelal het Natasha terug gekom en moes sy baie emosies deurmaak. Onder andere depressie en angs wat sy nie geken het voorheen nie. Sy vertel ons meer van hoe sy dit hanteer en ook…
6 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van n Optomotris

Charle Welgemoed kuier vandag by ons om meer te vertel van haar beroep en hoekom sy so passievol is oor mense se sig. Ons leer ook meer oor die oog en 'n paar goed wat jy kan doem om na jou oë om te sien.
26 Jun 2023 32 min

#DieGrootTrek - Jo Black inspireer met sy nuwe boek

Het jy al ooit gewonder wie is die man agter die baard? Jo Black se nuwe boek gee so baie agtergrond oor wie hy is en waar die liedjies vandaan kom. Doep en Jo het ook n baie diep gesprek oor waar mans staan in vandag se samelewing.
20 Jun 2023 31 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Apteker (Lilani Joubert)

Dis die eerste plek waar ons stop as ons nie lekker voel nie, en ons hoop dat hulle vir ons advies het wat ons beter sal laat voel. Vandag kyk ons na Apteker as beroep en gesels met Lilani Joubert wat baie passievol is oor mense help en ons meer…
19 Jun 2023 33 min
240 – 260