GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
510 Episodes
260 – 280

#JouGrootKuier - Lucinda Neethling (Meltert Kommissie)

Hulle was deel van die klankbaan van ons universiteits dae en Lucinda van Melktert het ook haar eie solo album al vrygestel. Sy kom kuier by ons om op te vang oor waar almal deesdae is, waarmee hulle besig is en wanneer jy die melkterte naby jou kan sien.
14 Jun 2023 33 min

#DieGrootTrek - Dr George Groenewald oor Aardbewings in Gauteng

Dit was op almal se lippe en orals op sosiale media. Die onlangse aardbewing in Johannesburg het baie mense aan die gons gehad maar ons wou weet hoekom dit gebeur en het toe met Dr George Groenewald gesels wat dit baie mooi vir ons verduidelik het.
13 Jun 2023 17 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Radio Program bestuurder

Al ooit gewonder wat presies aangaan agter die skerms by n radio stasie, en wie in beheer is van alles wat uitgaan op lug? Ons gesels met Francois Botha ons eie GrootFM 90.5 Program bestuurder oor wat sy rol is by die radio stasie en wat hy op 'n dag…
12 Jun 2023 31 min

#JouGrootKuier - Tarryn Lamb

Sy is een van ons land se mees talentvolste sangers en mens kan hoor hoekom. Tarryn het kom kuier en voer n paar treffers akoesties op wat ons asems wegslaan en stel ook haar splinternuwe enkelsnit bekend.
7 Jun 2023 27 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem

Elke gesonde verhouding het konflik. maar hoe om dit reg te hanteer is belangrik. Liezel van Intiem kom kuier en gesels presies oor dit en help om jou verhouding nog beter te maak as wat dit reeds is.
6 Jun 2023 32 min

#DieGrootTrek - Afriforum se KuberBoelie gids

Leandi Brasler van Afriforum het ons meer kom vertel oor hulle Gids wat saamgestel is om seker te maak kinders en ouers weet waarvoor om op die uitkyk te wees as dit kom by kuber Boelies of as hulle kinders n slagoffer is van hierdie tipe boelies.
1 Jun 2023 12 min

#JouGrootKuier - Charlize Bergh

Die super talentvolle Charlize Bergh het kom kuier en vertel ons bietjie van haar nuwe musiek wat oppad is asook wat sy tans mee besig is. Sy wend haarself weer bietjie na die teater en is ook tans besig met 'n show waar sy van die grootste hits cover.
31 May 2023 29 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Dirigent - Christo

Al ooit gewonder wat doen die mense voor n koor of orkes wat staan en hulle hande so rondswaai? Wel Doepie het en dis waarom ons vir Christo ingekry het wat 'n dirigent is om vir ons te kom vertel van sy beroep en wat presies dit is wat hy…
29 May 2023 30 min

#JouGrootKuier - John-Henry (Klopjag)

Hulle musiek was die klankbaan vir soveel Pretorianers se studente dae en ons kan nog elke woord onthou. Wat 'n voorreg om John-Henry van Klopjag saam ons in die ateljee te hê en bietjie meer te hoor oor die ontstaan van die band asook waar in die wereld almal nou…
24 May 2023 32 min

#DieGrootTrek - Louise Carver

Nog n splinternuwe enkelsnit wat ons kan speel vir die heel eerste keer op Suid-Afrikaanse radio en dit nog die dag voor dit uitkom. Louise kom kuier by ons om te gesels oor "Selfish" en hoe haar loopbaan verander het oor die laaste 20 jaar.
18 May 2023 31 min

#JouGrootKuier - Loufi

Een van ons land se grootste afrikaans rappers kuier saam ons in die ateljee vandag. Loufi wys bietjie sy ander kant en vertel ons meer oor hoe hy van dwelms af kon kom met hulp van die Here en wat sy geloof nou vir hom beteken. Hy perform ook sy…
17 May 2023 31 min

#DieGrootTrek - Stian van Butterfly Foundation

Dit was ongelooflik lekker om met Stian van Butterfly foundation te gesels oor die groot impak wat hulle maak in verskeie plekke in SA. So is hulle ook betrokke by die hernuwing van Fort Klapperkop se staproetes en nog vele meer.
16 May 2023 25 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Boer (Werner Boshoff)

Ons weet met al die uitdagings in ons land dat die mense baie swaar kry. Maar wanneer laas het jy gedink wat die boere deurgaan. Ons gesels met Werner oor wat dit vat om in vandag se tyd n boer te wees, die uitdagings daarvan en ook hoe jong mense…
15 May 2023 30 min

#DieGrootTrek - Moedersdag Special

Dit was 'n groot bederf of Doepie asook Nina en Lise-Chris se mammas in die ateljee te hê net voor moedersdag. Die luisteraars het kans gekry om die moeders regstreeks vrae te vra oor die omroepers en paar van Doepie se skandes het dalk uitgekom. Ons wou net vir ons…
12 May 2023 24 min

#DieGrootTrek - SA Weerdiens

Me Jackie Modika van die Suid-Afrikaanse weerdiens kom kuier by ons vandag en help ons beter verstaan hoe die weer en weervoorspellings werk. Doepie wou graag weet of hulle net by die vensters uitkyk en besluit wat die weer is maar blykbaar is daar baie wetenskap agter die hele storie.
11 May 2023 32 min

#JouGrootKuier - Monique Steyn

Een van die juwele van Afrikaanse musiek, Monique Steyn, kuier vandag saam ons in die ateljee om bietjie te gesels oor haar rol in die Kontrak 3 en ook wanneer ons bietjie nuwe musiek kan verwag. Sy blaas ons ook weg met n paar akoestiese nommers in die ateljee.
10 May 2023 30 min
260 – 280