GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
280 – 300

#DieGrootTrek - DOEP & NIENS se ou Onnies.

Op Internationale Onderwysersdag het ons dit goed gedink om twee van ons gunsteling onnies in te kry. Toevallig dat die twee ook met mekaar getroud is. Ons gesels oor ou skool memories en watse rol die onderwysers in Doepie en Nina se lewe gemaak het.
6 Oct 2023 29 min

#JouGrootKuier - Prop

Propskie kom loer weer bietjie in by ons en gesels oor sy nuwe liedjie wat net betyds is vir die rugby wereldbeker. Ons gesels ook bietjie familie lewe en oor sy nuwe musiek video terwyl hy ons vermaak met n paar lekker akoestiese nommertjies.
4 Oct 2023 30 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem (Help! Daar's 'n baby in die huis.)

Liezel van Intiem kuier vandag in die ateljee en gesels oor 'n onderwerp wat so baie paartjies raak. Die liefde het geblom en jou verhouding was ongelooflik. Nou het julle n baba en jou verhouding soos jy dit geken het val plat. Wat maak mens en wat is die praktiese…
3 Oct 2023 30 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers Brink (September Inloer)

Burgermeester van Tshwane Cilliers Brink is n man wat by sy woord hou. Hy is weer in die ateljee om vir ons terugvoer te gee oor ons stad en alles wat in September gebeur het. Dit is nie net alles slegte nuus nie, hy deel ook hoe hulle besig is…
29 Sep 2023 30 min

#DieGrootTrek - Riana Nel nuwe Enkelsnit

Riana Nel kom drop haar splinternuwe enkelsnit by Doepie en Nina. Sy maak ook bietjie oop oor haar lewe die laaste 2 jaar en hoe die Here werk in haar lewe en hoe sy haar doel in die lewe soek. Haar lirieke het nou 'n baie dieper betekenis as sy…
29 Sep 2023 29 min

#JouGrootKuier - Renaldo (Die Kontrak 3)

Renaldo het ingekom as die "Wildcard" en het toe asems weggeslaan met sy stem. Die jong man het dit al die pad gemaak tot die Top 10 en begin nou eers sy loopbaan, verseker n stem om dop te hou. Maar vandag kuier hy saam Doepie en Nina op Jou…
27 Sep 2023 31 min

#JouGrootKuier - Pj Powers

Haar stem is ikonies en as mens dink aan die grootste Rugby Wereldbeker liedjie dan kom World In Union heel eerste op. Ons gesels bietjie met PJ oor haar lewe en ook nuwe musiek wat uitkom. Ook om te help almal in die Bok gees te kry n splinternuwe dans…
20 Sep 2023 40 min

#DieGrootTrek - Gesig Analise met Dr Lizelle Grobler

Het jy al ooit gewonder wat jou gesig oor jou persoonlikheid sê? Wel dit is een van die velde waarin Dr. Lizelle Grobler spesialiseer en sy het ons meer vertel wat wat dit is wat sy doen, hoe dit jou kan help as jy n verkoops persoon is en sommer…
19 Sep 2023 27 min

#JouGrootKuier - Die Piesanskille

Die manne het groot opspraak gemaak op sosiale media en is besig om al die trefferlyste plat te slaan. Vandag kom vermaak die Piesangskille ons akoesties in die ateljee.
13 Sep 2023 30 min

#DieGrootTrek - #RadioRugbyChallenge (SCOTLAND)

Doepie en Nina daag radiostasie van die land teen wie die bokke speel uit met 'n dare om te wys hoe bankvas ons agter die manne staan. Ons eerste dare het uitgegaan aan Boogie en Arlene van Forth1 in Edinburgh.
8 Sep 2023 9 min

#DieGroottrek - Ross Learmonth

Better bekend as die hoofsanger van Prime Circle het Ross ongeveer 4 jaar terug ook bietjie 'n solo loopbaan agterna gesit. Hy kom kuier vandag om te vertel oor hoe sy musiek verander het oor die jare, hoe gereeld hy en die band nog saam speel, toere oorsee en ook…
7 Sep 2023 30 min

#JouGrootKuier - Robbie Wessels

Hy is 'n man van min woorde maar hy laat sy liedjies en verhoog persoonlikheid die praatwerk doen. Robbie Wessels kom stel sy splinternuwe rugby liedjie "Hiep Hiep Hoera" bekend net op die GrootTrek.
6 Sep 2023 27 min

#DieGrootTrek - Diensplig ('n Boek deur Anlia Heese)

'n Hele generasie se jong mans moes diensplig doen, en alhoewel dit vir sommiges die beste tyd van hulle lewens was is dit nie die geval vir almal nie. Anlia Heese het met veterane gesit wat hulle stories met haar gedeel het en dit toe vasgevang in hierdie boek.
5 Sep 2023 23 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van DuikInstrukteur (Peter)

Baie mense is doodbang vir water maar nie Peter nie. Hy is al vir langer as 30 jaar in die duikbedryf en het al duisende mense opgelei om hierdie onderwater sport te kan geniet. Ons vind uit hoe lyk 'n dag in sy lewe en wat die beste dele van…
4 Sep 2023 33 min

#DieGrootTrek - JJ Van Rensburg (Lente Tuine)

Ons hou daarvan om 2 keer 'n jaar met JJ te gesels wanneer ons tuine die meeste aandag nodig het. JJ help ons met raad oor hoe om jou wintertuin nuwe lewe te gee en seker maak dit is pragtig en reg vir lente.
1 Sep 2023 28 min

#JouGrootKuier - Jakkie Louw & Charlize Bergh

Better bekend saam as Jakkals en Berg het Jakkie Louw en Charlize Bergh kom inloer vir JouGrootKuier om meer te deel oor hulle nuwe konserte saam. Hulle voer ons ook weg met 'n liedjie geskryf deur Jakkie genaam "Bella Musica"
30 Aug 2023 34 min

#DieGrootTrek - Belinda Davids (Whitney Houston cover artist)

Sy is bekend as een van die wereld se beste Whitney Houston impersonators en jy sal haar dalk al op talent kompetisies op die televisie gesien het. Hierdie ongelooflike kunstenaar met die gou stem kom kuier vandag by Doepie en Nina en wys hulle hoekom almal so gaande is oor…
30 Aug 2023 20 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Everest Wealth

Thys gesels weer met Doepie en Nina vir sy maandelikse GrootGeld insetsel. Hy gee insig oor BRICS en wat dit vir ons bellegings inhou asook wat gebeur met rentekoerse en hoe om self jou aandele te bestuur en waarna om te kyk.
29 Aug 2023 24 min

#DieGrootTrek - Moeletsi Mbeki

Met BRICS sopas verby en baie wat gebeur het wou die GrootTrek span gesels met Journalis en Politiese ontleder ook broer van voormallige president Thabo Mbeki, Moeletsi Mbeki. Hy gee vir ons 'n samevatting van wat gebeur het by die BRICS beraad en ook wat dit moontlik inhou vir SA.
25 Aug 2023 18 min
280 – 300