GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
300 – 320

#JouGrootKuier - Ivan Roux

Die man weet hoe om 'n mens aan die beweeg te kry met sy lekker dans liedjies. Ivan Roux kom gesels bietjie vandag met Doepie & Nina en bederf ook luisteraars met 'n paar akoestiese liedjies.
23 Aug 2023 32 min

#DieGrootTrek - GoodThingsGuy Brent Lindeque

Na al die negatiewe nuus wat ons onlangs gesien het in die media was dit hoogtyd vir iets om ons op te kikker. Brent Lideque better bekend as "The Good Things Guy" het weer bietjie lekker stories kom deel wat ons nie altyd hoor nie en ook meer vertel van…
17 Aug 2023 26 min

#JouGrootKuier - Franja Du Plessis

Die beeldskone Franja Du Plessis het weer kom inloer net na haar nuwe enkelsnit Hakahana vrygestel is. Ons vind uit presies wat dit beteken en watter ander snaaks woorde hulle in die huis gebrui terwyl sy ons vermaak met lekker akoestiese liedjies.
16 Aug 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Kunstenaar (Andel Olivier)

Is daar werklike 'n kunstenaar in ons almal? Wel Andel Olivier glo so. Sy het kom inloer en met Doepie en Nina gesels oor wat haar beroep as beeldende kunstenaar van haar eis en sommer bietjie gesien wie is die kreatiewe een tussen Doepie en Nina.
14 Aug 2023 31 min

#DieGrootTrek - Burgermeester Cilliers Brink Augustus Inloer

Hy is 'n man van sy woord. Burgermeester Cilliers Brink het weer kom inloer om te gesels oor die uitdagings wat Pretoria op die oomblik beleef met al die stakings en ook wat ons plaaslike regering doen om dinge reg te ruk en soveel waarde as moontlik aan die belasting…
11 Aug 2023 34 min

#DieGrootTrek - Tendai "Beast" Mtawarira

Hy is n gentle Giant en een van die niceste sportmanne daar buite. Doepie en Nina gesels met Beast Mtawarira oor sy liefde vir liefdadigheid, sy klein hart vir sy familie en ook wat hy dink van die bokke en hulle kanse die jaar by die wereld beker!
10 Aug 2023 16 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Entrepreneur (SOX)

Jy het al gehoor daar word gese, jy moet jou sokkies optrek! Dis presies wat hierdie entrepreneur gedoen het en toe een van Suid-Afrika se suksesvolste sokkie maatskappye begin wat nou uitvoer reg oor die wereld.
7 Aug 2023 25 min

#DieGrootTrek - Rooksein

Rooksein kom loer by ons in op n Vrydag middag nogal om te gesels oor hulle toekenings vir enkelsnitte wat Goud en Platinum gegaan het en bederf ons sommer met lekker akoestiese musiek.
28 Jul 2023 29 min

#JouGrootKuier - Barto

Die eerste keer wat hy by die GrootTrek kom kuier en die man het nie ons in die steek gelaat nie. Barto is vandag op die Rooi stoel en kom vermaak die luisteraars met van sy gewildste liedjies akoesties en vertel ons ook meer oor sy loopbaan wat skielik vlam…
26 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Thys van Zyl

In 'n tyd waar Suid-Afrikaners elke sent moet tel het Thys van Everest Wealth by ons kom kuier om te gesels oor die volgende 6 maande se finansiele vooruitsig en hoe ons kan maak om ons finansies beter te bestuur.
25 Jul 2023 30 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Grafiese Ontwerper)

Ons het almal al beelde gesien wat onmiddelik ons oog vang, maar wie is die kreatiewe meesterbreine agter hierdie skeppings. Vandag gesels ons met Amone n grafiese ontwerper oor wat haar beroep so spesiaal maak en wat mense nie weet van dit nie.
24 Jul 2023 27 min

#DieGrootTrek - Expedition H2O

Jean en Dewitt is al vriende van Universiteitsdae af en het besluit om n toer op hulle ysterperde aan die Weskus van Afrika te doen deur 20 lande om geld bymekaar te maak vir 'n projek in die vrystaat wat vars drinkwater aan families sal voorsien.
20 Jul 2023 28 min

#JouGrootKuier - Brendan Peyper

Hy het lanklaas kom inloer maar kom deel vandag bietjie sy storie oor hoe sy operasie aan sy stembande sy hele uitkyk op die lewe verander het. Hy deel ook n liedjie wat 2 weke terug geskryf is oor sy liefde vir rugby en bederf ons met nog n paar…
12 Jul 2023 32 min

#DieGrootTrek - Quiet Quitting met Dr Jannet Davel

'n Nuwe tendens in die werkplek genaamd "Guiet Quitting" het onlangs begin sy kop uitsteek en ons gesels met bedryfssielkundige Dr Jannet Davel oor wat presies dit is en hoe om dit te vermy in jou maatskappy.
11 Jul 2023 31 min

#DieGroottrek - Dag in die lewe van (popmaker)

Het jy al ooit gewonder waar kom daai oulike handpoppe vandaan wat gebruik word in films, teater en op skool? Ons gesels vandag met Emile Wepener wat poppe maak vir n lewe en wat presies dit is wat hy doen en waarvan hy hou in sy beroep.
10 Jul 2023 24 min

#DieGrootTrek - Mej SA Finalis Natasha Joubert

Na sy die eerste keer deelgeneem het aan Mej SA en toe gestuur is na Mej Heelal het Natasha terug gekom en moes sy baie emosies deurmaak. Onder andere depressie en angs wat sy nie geken het voorheen nie. Sy vertel ons meer van hoe sy dit hanteer en ook…
6 Jul 2023 30 min
300 – 320