GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
320 – 340

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van n Optomotris

Charle Welgemoed kuier vandag by ons om meer te vertel van haar beroep en hoekom sy so passievol is oor mense se sig. Ons leer ook meer oor die oog en 'n paar goed wat jy kan doem om na jou oë om te sien.
26 Jun 2023 32 min

#DieGrootTrek - Jo Black inspireer met sy nuwe boek

Het jy al ooit gewonder wie is die man agter die baard? Jo Black se nuwe boek gee so baie agtergrond oor wie hy is en waar die liedjies vandaan kom. Doep en Jo het ook n baie diep gesprek oor waar mans staan in vandag se samelewing.
20 Jun 2023 31 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Apteker (Lilani Joubert)

Dis die eerste plek waar ons stop as ons nie lekker voel nie, en ons hoop dat hulle vir ons advies het wat ons beter sal laat voel. Vandag kyk ons na Apteker as beroep en gesels met Lilani Joubert wat baie passievol is oor mense help en ons meer…
19 Jun 2023 33 min

#JouGrootKuier - Lucinda Neethling (Meltert Kommissie)

Hulle was deel van die klankbaan van ons universiteits dae en Lucinda van Melktert het ook haar eie solo album al vrygestel. Sy kom kuier by ons om op te vang oor waar almal deesdae is, waarmee hulle besig is en wanneer jy die melkterte naby jou kan sien.
14 Jun 2023 33 min

#DieGrootTrek - Dr George Groenewald oor Aardbewings in Gauteng

Dit was op almal se lippe en orals op sosiale media. Die onlangse aardbewing in Johannesburg het baie mense aan die gons gehad maar ons wou weet hoekom dit gebeur en het toe met Dr George Groenewald gesels wat dit baie mooi vir ons verduidelik het.
13 Jun 2023 17 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Radio Program bestuurder

Al ooit gewonder wat presies aangaan agter die skerms by n radio stasie, en wie in beheer is van alles wat uitgaan op lug? Ons gesels met Francois Botha ons eie GrootFM 90.5 Program bestuurder oor wat sy rol is by die radio stasie en wat hy op 'n dag…
12 Jun 2023 31 min

#JouGrootKuier - Tarryn Lamb

Sy is een van ons land se mees talentvolste sangers en mens kan hoor hoekom. Tarryn het kom kuier en voer n paar treffers akoesties op wat ons asems wegslaan en stel ook haar splinternuwe enkelsnit bekend.
7 Jun 2023 27 min

#DieGrootTrek - Liezel van Intiem

Elke gesonde verhouding het konflik. maar hoe om dit reg te hanteer is belangrik. Liezel van Intiem kom kuier en gesels presies oor dit en help om jou verhouding nog beter te maak as wat dit reeds is.
6 Jun 2023 32 min

#DieGrootTrek - Afriforum se KuberBoelie gids

Leandi Brasler van Afriforum het ons meer kom vertel oor hulle Gids wat saamgestel is om seker te maak kinders en ouers weet waarvoor om op die uitkyk te wees as dit kom by kuber Boelies of as hulle kinders n slagoffer is van hierdie tipe boelies.
1 Jun 2023 12 min

#JouGrootKuier - Charlize Bergh

Die super talentvolle Charlize Bergh het kom kuier en vertel ons bietjie van haar nuwe musiek wat oppad is asook wat sy tans mee besig is. Sy wend haarself weer bietjie na die teater en is ook tans besig met 'n show waar sy van die grootste hits cover.
31 May 2023 29 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Dirigent - Christo

Al ooit gewonder wat doen die mense voor n koor of orkes wat staan en hulle hande so rondswaai? Wel Doepie het en dis waarom ons vir Christo ingekry het wat 'n dirigent is om vir ons te kom vertel van sy beroep en wat presies dit is wat hy…
29 May 2023 30 min

#JouGrootKuier - John-Henry (Klopjag)

Hulle musiek was die klankbaan vir soveel Pretorianers se studente dae en ons kan nog elke woord onthou. Wat 'n voorreg om John-Henry van Klopjag saam ons in die ateljee te hê en bietjie meer te hoor oor die ontstaan van die band asook waar in die wereld almal nou…
24 May 2023 32 min

#DieGrootTrek - Louise Carver

Nog n splinternuwe enkelsnit wat ons kan speel vir die heel eerste keer op Suid-Afrikaanse radio en dit nog die dag voor dit uitkom. Louise kom kuier by ons om te gesels oor "Selfish" en hoe haar loopbaan verander het oor die laaste 20 jaar.
18 May 2023 31 min

#JouGrootKuier - Loufi

Een van ons land se grootste afrikaans rappers kuier saam ons in die ateljee vandag. Loufi wys bietjie sy ander kant en vertel ons meer oor hoe hy van dwelms af kon kom met hulp van die Here en wat sy geloof nou vir hom beteken. Hy perform ook sy…
17 May 2023 31 min

#DieGrootTrek - Stian van Butterfly Foundation

Dit was ongelooflik lekker om met Stian van Butterfly foundation te gesels oor die groot impak wat hulle maak in verskeie plekke in SA. So is hulle ook betrokke by die hernuwing van Fort Klapperkop se staproetes en nog vele meer.
16 May 2023 25 min
320 – 340