GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
574 Episodes
340 – 360

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van - Boer (Werner Boshoff)

Ons weet met al die uitdagings in ons land dat die mense baie swaar kry. Maar wanneer laas het jy gedink wat die boere deurgaan. Ons gesels met Werner oor wat dit vat om in vandag se tyd n boer te wees, die uitdagings daarvan en ook hoe jong mense…
15 May 2023 30 min

#DieGrootTrek - Moedersdag Special

Dit was 'n groot bederf of Doepie asook Nina en Lise-Chris se mammas in die ateljee te hê net voor moedersdag. Die luisteraars het kans gekry om die moeders regstreeks vrae te vra oor die omroepers en paar van Doepie se skandes het dalk uitgekom. Ons wou net vir ons…
12 May 2023 24 min

#DieGrootTrek - SA Weerdiens

Me Jackie Modika van die Suid-Afrikaanse weerdiens kom kuier by ons vandag en help ons beter verstaan hoe die weer en weervoorspellings werk. Doepie wou graag weet of hulle net by die vensters uitkyk en besluit wat die weer is maar blykbaar is daar baie wetenskap agter die hele storie.
11 May 2023 32 min

#JouGrootKuier - Monique Steyn

Een van die juwele van Afrikaanse musiek, Monique Steyn, kuier vandag saam ons in die ateljee om bietjie te gesels oor haar rol in die Kontrak 3 en ook wanneer ons bietjie nuwe musiek kan verwag. Sy blaas ons ook weg met n paar akoestiese nommers in die ateljee.
10 May 2023 30 min

#DieGrootTrek - Vaping onder kinders Paneel gesprek.

Dit is geen geheim dat vaping onder kinders 'n groot probleem is nie. Dit affekteer nie net hulle by die skool nie maar kan ook geestelike probleme veroorsaak. Ons het n paneel van kenners bymekaar gesit om die probleem in meer diepte te bespreek. Dr Taban is 'n pulminoloog, Wilna…
4 May 2023 35 min

#JouGrootKuier - Elandre

Binnekort op stage by Lekkerland, Elandre het kom inloer by die ateljee en ons bederf met n paar van sy grootste treffers maar akoesties. So passievol soos altyd en met n stem soos geen ander kan jy gerus luister na hierdie Groot Kuier!
3 May 2023 31 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem (Konflikhantering)

Baie mense in verhoudings probeer konflik vermy, wanneer dit reg bestuur word kan argumente in jou verhouding n goeie ding wees. Liezel het kom inloer met praktiese stappe en voorbeelde van hoe ons te werk moet gaan om seker te maak dat hierdie nie ons verhoudings versuur nie.
2 May 2023 27 min

#DieGrootTrek - Thys van Zyl (Everest Wealth) April Inloer

Altyd 'n plesier as die man kom kuier. Thys van Zyl van everest wealth bespreek bietjie finansies. Ons fokus bietjie meer op 'n langtermyn uitsig en hoe jy nou al kan begin pelan om seker te maak jy en jou kinders het alles wat julle nodig het oor 10-15 jaar…
25 Apr 2023 32 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Hypnoterapeut

Soms kan mens jare lank soek aan die antwoord om jou te help met trauma of angstigheid en ander toestande waarvoor mens berading kort, maar het jy al ooit gedink aan Hypnose? Ons gesels vandag met Tim Surman oor die voordele en ook mispersepsies van Hypnose.
24 Apr 2023 30 min

#DieGrootTrek - GPF en Gemeenskapveiligheid projekte wat werk.

Baie mense het al gehoor van die GPF (Gemeenskap Polisiering Forum) maar verstaan nie presies wat dit is wat hulle doen nie, en ook nie hoe om betrokke te raak nie. Ons gesels Met Chris De Kock oor die GPF en ook met Andrew Van Den Berg van die LGE…
20 Apr 2023 34 min

#DieGrootTrek - Sung Yoon (Samsung Africa CEO)

Met soveel lesse wat Sung geleer het as die CEO van Samsung Africa in 'n mark wat baie mense gesê het nie baie sin sal maak nie, het hy tydens sy tyd hier produkte in die mark gesit wat nou top verkopers is regoor die wereld. So het hy ook…
18 Apr 2023 29 min

#DieGrootTrek - Counting Crows Interview

Hulle was laas in 2008 in Suid-Afrika en hulle is oppad terug. Doepie en Nina gesels met Adam Duritz die hoofsanger van Counting Crows oor hulle 30 jaar in die industrie en ook hoe dit voel om ouer te wees en op toer en sy liefde vir kosmaak gedurende lockdown!
13 Apr 2023 8 min

#JouGrootKuier - Wikus Bothma

Hy was lanklaas saam ons in die ateljee maar Wikus is terug met n splinternuwe enkelsnit genaamd "Kleintjie". Ons vind ook uit hoe sy liefde vir melktert bak in lockdown gemaak het dat hy sy vrou ontmoet en hulle groot reis-planne vir die jaar.
12 Apr 2023 26 min

#DieGrootTrek - My name is Reeva skrywer Justin Strydom

Die nuwe 3 episode storie op showmax genaamd "My Name is Reeva" vertel die Oscar Pistorius storie van June en Barry Steenkamp se kant af as ouers wat 'n kind verloor het. Nie net dit nie maar daar word ook gekyk na die weergawes van die gebeure wat daai aand…
11 Apr 2023 26 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Mpho Kwena (Lugmag)

Het jy al ooit gewonder of die Suid-Afrikaanse lugmag steeds bestaan? Hoeveel van ons vliegtuie is steeds in werking en wat presies doen die lugmag. Mpho is 'n kommunikasie beampte vir die lugmag en sy vertel ons meer van wie kan betrokke raak, wat die stand is van sake by…
3 Apr 2023 32 min

#JouGrootKuier - Bernice West

Die super talentvolle Bernice West kuier vandag saam Doepie & Nina. Nie net sing die dame vir n lewe nie maar sy dans en speel ook toneel. Ons vind meer uit oor haar passies en die groot kompetisie waar haar fans saam haar op toer kan gaan Dubai toe later…
29 Mar 2023 33 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Begrafnisondernemer

Lize Bothma is 'n begranisondernemer en sy vertel ons vandag meer oor haar beroep en waarom sy besluit het om die roete te volg. Dit vat 'n baie spesiale soort persoon om die werk te doen met die liefde en omgee soos sy dit doen veral wanneer daar soveel oomblikke…
27 Mar 2023 34 min

#DieGrootTrek - Madie van A Strangerkind

Madie het so paar jaar terug n platform met die nie naam ASK (A StrangerKind) gestig wat n veilige spasie is vir normale mense om enige vrae te vra aan mense met verskillende talente of uitdagings. Ons goeie nuus Vrydag storie vertel meer van haar platform en hoe dit geneesing…
24 Mar 2023 21 min
340 – 360