GROOTfm 90.5 Die Groot Trek

Die Groot Trek

Doepie hou van adrenalien, nuwe uitdagings en om altyd die gek te skeer. Hy is die tipe ou wat die grap in enige gesprek sal raaksien en uitwys maar kan self baie opgewerk raak oor situasies wat mense nie altyd wil aanspreek nie. Hy het tog ‘n sagte hart en sagte plek vir mense. Daar is nooit ‘n ‘dull moment’ saam met Doepie nie en mens is nooit regtig seker wat volgende gaan gebeur nie. Dit waarborg egter dat die #GrootTrek ‘n program is wat jou op die punt van jou stoel gaan hou vir ‘n volle drie ure.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
510 Episodes
80 – 100

#DieGrootTrek - Dozi

Dozi is 'n naam wat elke Afrikaanse huis ken, die man maak al vir jare musiek. Maar na hy vir n ruk die besigheidswereld betree het voel Dozi dis weer tyd om alles te los en net musiek te maak. Hy het kom inloer om te praat oor sy nuwe…
14 Oct 2024 29 min

#DieGrootTrek - Sonder Onderbroeke stel LEGO vry!

Ons GrootFM Battle of the Bands wenners 2024, die Sonder Onderbroeke het kom kuier. Doepie en Nina voel soos trotse ouers want die jong mans was 2 weke voor hulle ingeskryf het nie eers 'n band nou, nou het hulle n platekontrak en hulle eerste enkelsnit word vrygestel waar alles…
11 Oct 2024 21 min

#DieGrootTrek - Dodo Nyoka maak oop oor sy liedjies

Ons ken almal Dodo Nyoka vir sy lekker dans liedjies. Vandag het hy kom kuier by Doepie en Nina en ons bietjie meer vertel van die stories agter die musiek en wie Dodo regtig is en wat musiek vir hom as mens gedoen het.
10 Oct 2024 22 min

#DieGrootTrek - Wêreld Geestesgesondheid Gebede

Met vandag wat Wêreld Geestegesondheidsdag is het ons dit goed gedink om van ons GrootFM span bymekaar te kry en te Bid vir verskeie luisteraars wat dalk met hierdie situasie gekonfronteer is. Ons Bid vir ons mans, vrouens, kinders, families, mense wat trauma beleef het en almal wat voel die…
10 Oct 2024 15 min

#DieGrootTrek - EskomSePush waar is die manne nou?

Na amper 200 dae sonder loadshedding het Doepie en Nina gewonder waar is ons "Heroes" wat seker gemaak het ons het n slim app op ons fone wat vir ons sê wanneer die krag afgaan. Ons gesels met die mede-stigters van die ESP app, Dan Southwood-Wells and Herman Maritz oor…
8 Oct 2024 17 min

#DieGrootTrek - Zelda Le Grange (What Nelson Mandela taught me)

Vir amper 20 jaar was Zelda Le Grange aan die sy van voormalige president en wereld-ikoon Nelson Mandela. Die lesse wat sy geleer het as n jong vrou by hierdie man het haar lewenslank bygebly en in haar nuwe boek "What Nelson Mandela Taught me" vertel sy bietjie oor hoe…
7 Oct 2024 34 min

#DieGrootTrek - Michael Naranjo

As jy Doepie en Nina se ouderdom is sal jy vir Michael Naranjo onthou as die hoofsanger vir hulle rockband genaam One Day Remains. Michael het kom inloer om sy storie te deel en ook hoe sy lewe verander het na 'n traumatiese insident. Ons vind ook meer uit oor…
3 Oct 2024 34 min

#DieGrootTrek - Appel kuier en Doep en Niens het n verrassing!

Een van die Top kunstenaars en liedjie skrywers in SA, Appel, Kom kuier op die groot trek vandag. Het jy geweet jou gunsteling afrikaanse liedjie is dalk deur hom geskryf? Doepie en Nina toets sy kennis oor sy eie liedjies deur met hom "Skiet met 'n titel" te speel.
30 Sep 2024 32 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Liezel het weer kom kuier met nog 'n "Liewe Liezel" Luisteraars vraag. Sy het ook vir ons die terugvoer van 2 beraders gebring en ons ontleed die vraag in bietjie meer diepte.
26 Sep 2024 33 min

#DieGrootTrek - Ivan Roux met sy nuwe enkelsnit Morsig

Ivan het kom kuier by Doepie en Nina. Ons gesels bietjie oor sy country song wat baie goed doen internasionaal en ook wat Suid-Afrikaners weet van country en speel ook vir die heel eerste keer op SA radio sy nuwe enkelsnit "Morsig"
26 Sep 2024 22 min

#DieGrootTrek - Doepie vind uit oor sy erfenis

Met Erfenisdag wat more gebeur het Doepie gaan kuier by die ErfenisSentrum by die Voortrekker Monument. Die argiewe het duisende boeke oor verskeie familiename en stambome en met die hulp van die span daar het Doepie gaan kyk of hy kan uitvind waar en hy en van die luisteraars vandaan…
23 Sep 2024 27 min

#DieGrootTrek - BloedBroers deur Deon Lamprecht

Deon Lamprecht is die skrywer van die boek BloedBroers en hy kom gesels vandag met ons hieroor. Onder ander die gebeure van 10 Junie 1980 gedurende ’n eindelose dag van bloedige gevegte onder die Angolese son toe 13 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag dood en etlike beseer was na 61…
17 Sep 2024 38 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van Eiendomsreg Prokereur

Bert Smith lewer al meer as twee dekades uitstaande eiendomsregsdienste. Hulle hanteer 'n uitgebreide kliëntebasis regoor Suid-Afrika en werk saam met eiendomsagente, ontwikkelaars, individue en groot banke. Hulle spesialiseer in residensiële en kommersiële transaksies, insluitend dorpsregisters, deeltitelskemas, registrasie van serwitute, verbandregistrasie, onderverdelings en meer. Bert gesels met ons oor sy…
16 Sep 2024 28 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van 'n Wildlife Fotograaf

Jackie Gouverneur was al reg oor die wereld en het van die mooiste fotos geneem van wilde diere. Ons vind meer uit oor haar beroep en hoe sy op dit afgekom het. Ook van haar mees gunsteling oomblikke en interaksies met die diere wat sy afneem.
9 Sep 2024 31 min

#DieGrootTrek - Lente Lywe saam Angelique

NUWE SEISOEN, NUWE JY! Angelique Van Der Linde van JVL het kom kuier om te gesels oor jou lyf reg kry vir somer! Jy hoef net tyd te maak en by die huis te begin en dit hoef jou nie geld te kos nie, so waarvoor wag jy?
5 Sep 2024 31 min

#DieGrootTrek - Jannie Putter hernu jou gees!

NUWE SEISOEN, NUWE JY! Doepie en Nina gesels met Jannie putter om nuwe lewe in ons geesteslewe in te blaas en uit te vind hoe ons die jaar kan afsluit opo n hoogtepunt vol positiwiteit.
3 Sep 2024 34 min

#DieGrootTrek - Dag in die lewe van (Kuns en Vermaak Joernalis)

AJ Opperman is 'n Kuns en Vermaak joernalis by Netwerk24. Dit klink natuurlik soos enige jongmens se droomberoep maar tog is daar uitdagings. AJ vertel ons hoe hy in die beroep beland het, wat van sy hoogtepunte is en wat iemand moet ingedagte hou sou hulle dieselfde beroep wil beoefen…
26 Aug 2024 25 min

#DieGrootTrek - Grandi Theunissen en Sean Bolhuis

MMC Vir gemeenskap veiligheid in Tshwane, Grandi Theunissen en Sean Bolhuis van die Metro Polisie kom kuier en gesels oor die suksesse wat hulle die afgelope paar maande gehad het met die skud van voertuie en ook die projekte wat hulle mee besig is in Pretoria om ons stad veiliger…
22 Aug 2024 36 min
80 – 100