GROOTfm 90.5 Ontbyt met Doepie en Nina

Ontbyt met Doepie en Nina

Doepie en Nina is vir die afgelope 5 jaar ‘n span op lug en is bitter opgewonde om hulle tande te slyp in Ontbyt-radio.
Doepie en Nina se sterk… (en minder sterk) punte, vul mekaar aan en hulle verskillende belangstellings maak dat hulle enige onderwerp kan aanpak van geloof tot stories oor menslike belange, finansies, politiek tot plaaslike en internasionale sterre. Hul passie vir radio en hul luisteraars is wat hulle dryf om interessante inhoud te skep en dag na dag luisteraars met relevante nuus en inhoud ingelig te hou en ook ‘n stem te gee aan die wat stemloos is.
Elke oggend saam met Doepie en Nina is energiek, opwindend, insiggewend en ‘n emotional rollercoaster, want hulle lag soms tot hulle huil, of vertel ander se stories met ‘n traan…
Vergeet wat jy weet van tradisionele oggend radio en maak reg vir ONTBYT saam met Doepie en Nina.

Nina is avontuurlustig, mal daaroor om die wêreld vol te reis en is passievol oor haar familie en vriende. Sy bring die meeste hart saam na elke uur op lug. Vir stories en geselskap wat maak dat jy uit jou maag wil lag, spandeer jou middae saam Nina op die #GROOTtrek.
Weekly Afrikaans South Africa News
572 Episodes
60 – 80

#DieGrootTrek - GeeWeek (Maritza Sealie)

Maritza Sealie het haar ongelooflike getuienis kom deel, oorhoe Kairos haar gedra het deur die swaarste tye in haar lewe - en nou is sy ook deel van Kairos waar sy ander kan help…
30 May 17 min

#DieGrootTrek - GeeWeek (Kairos Bestuur)

Die bestuur van Kairos, Julie Maritz en Marius Lubbe, het kom kuier by Doepie en Nina op die GrootTrek en stories kom deel van hartseer maar ook van hoop…
29 May 34 min

#DieGrootTrek - GeeWeek (Afrikaans Hoër Seunskool)

Uitvoerende Hoof van Affies, Mnr Peregrene Joint, en Organiseerder van Liefdadigheid, Me Salome De Bruyn het kom kuier op die GrootTrek om te gesels oor die Affiekombuis, wat vir 800 kinders per dag kosgee deur Kairos.
28 May 25 min

#DieGrootTrek - GeeWeek (Generaal Nicolaas Smit)

Generaal Nicolaas Smit is 'n steunpilaar van die gemeenskap, waar Kairos betrokke is. Skoolhoof Julie Maritz en Adjunkhoof Collette Naude vertel stories van oorwinning en deel die hart van die skool.
26 May 36 min

#DieGrootTrek - Liezel Van Intiem

Doepie en Nina gesels met Liezel van Intiem vir hulle maandelikse insetsel oor die huwelik. Hierdie maand is deel een van 2. Die Top 5 huweliksprobleme in SA vs die Wêreld, hoe en hoekom dit verskil. Hulle gesels ook oor die vreugdes van die huwelik, net om seker te maak…
22 May 33 min

#DieGrootTrek - Tony Leon

Tony Leon gesels oor sy nuwe boek, Being There. Hulle praat oor alles van Trump en Ramaphosa tot die moontlike RNE destyds en die gesprekke rondom ons huidige RNE, asook so 'n bietjie Zuma.
20 May 21 min

#DieGrootTrek - Danny Smoke

Danny het kom kuier met n splinternuwe enkelsnit! Ons gesels ook bietjie meer oor sy Solo loopbaan en waar hy nou is met sy musiek!
9 May 33 min

#DieGrootTrek - Probleem, geen Probleem (Troue)

Ons eerste Probleem, Geen Probleem luisteraar het laat weetdat sy binnekort trou maar alles is baie duur. Ons het gaan aanklop by Courtney Cousins van Weddings by Courtney Cousins om te hoor watse wenke sy het om jou troudag pragtig maar bekostigbaar te maak!
9 May 7 min

#DieGrootTrek - Leah

Die Pragtige Leah het weer kom inloer en die keer is dit vir haar nuwe enkelsnit. Doepie en Nina kyk ook of sy goed kan jok met 'n vinnige spelletjie en sy voer vir ons 2 liedjies akoesties op!
8 May 29 min

#DieGrootTrek - Eloff

Eloff in die ateljee met n nuwe enkelsnit maar ons speel eers 2 rondtes van "Is dit rof of Eloff" om te sien wat sy musieksmaak is.
6 May 28 min

#DieGrootTrek - Riana Nel Kies Enkelsnit

Riana Nel kuier by Doepie en Nina op die GrootTrek om te gesels oor haar nuwe enkelsnit, Kies. Sy deel ook haar getuienis van haar en haar man se ontmoeting en moedig jong meisies aan om te wag vir die regte een, wat God vir hulle gekies het…
2 May 30 min

#DieGrootTrek - GrootGeld met Jan van PSG Silver Lakes

Jan Van Wyk van PSG Silver Lakes het weer kom inloer om te gesels oor alles GrootGeld! Ons bespreek 'n baie bedrywige April maand en wat dit beteken vir jou beleggings en hoe PSG vir jou 'n antwoord kan bied op alles!
29 Apr 36 min
60 – 80