Preek Opnames

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Christianity
128 Episodes
1 – 20

Hervormingsdiens - 26 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 18:9–14 Op verskillende vlakke is ons as gelowiges geanker in iets wat standvastig is. Ons protestante kerktradisie is byvoorbeeld een so anker. Ons vier vandag onder andere hierdie anker, maar ons gaan ook soek na die grootste anker waarsonder ons vir seker nie kan oorleef…
26 Oct 32 min

Kinderdiens - 19 Oktober 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: 2 Timoteus 3:14–17 Paulus herinner ons hoe kosbaar en lewensnoodsaaklik die Woord van God is. Die Bybel is nie net ’n boek vol reëls of stories nie – dit is God se lewende stem wat ons lei, leer en versterk. Hoe lees jy die Bybel? Net…
19 Oct 29 min

Erediens - 12 Oktober 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Lukas 17:11–19 Tema: Jesus “on demand” Tien siekes word in ’n oomblik genees - maar net een van hulle snap wat regtig gebeur. Is hierdie tendens vandag nog waar? Draai ons na Jesus net wanneer ons Hom nodig het? ’n Verhouding met die enigste ware God…
12 Oct 37 min

Erediens - 05 Oktober 2025

PREDIKER: Nicolette Bester TEKS: 2 Timoteus 1:1-14 TEMA: Die roeping geskenk in jou hart en menswees In 2 Timoteus 1:9 lees ons: “Hy het ons verlos en geroep met ’n heilige roeping – nie op grond van ons dade nie, maar op grond van sy eie besluit en genade. Reeds…
5 Oct 22 min

Erediens - 28 September 2025

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 146 TEMA: Waar is jou vertroue? Psalm 146 is een van die lof- of halel-psalms, die eerste van vyf aan die einde van die psalmboek. Dit daag ons uit om ernstig te wees oor waar – of by wie – ons vertroue lê. God wat…
28 Sep 27 min

Erediens - 21 September 2025

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 113 TEMA: God wat afbuk en optel Ons weet God is groot en almagtig, ons weet Hy is die Skepper van hemel en aarde, maar ons vergeet soms dat dieselfde God ook afbuk en ons van die ashoop af optel, ons uit die stof ophelp…
21 Sep 28 min

Erediens - 07 September 2025

PREDIKER: Nadia Muller TEKS: Psalm 1 TEMA: Gelukkig is die mens… Ons dink dikwels geluk is iets om na te streef. Ons hou dit in ons visier en dink: net nog daardie ding of prestasie gaan vir ons geluk bring. Tog voel dit soms of geluk soos ’n reënboog is…
7 Sep 31 min

Erediens - 10 Augustus 2025

Prediker: Nicolette Bester Teks: Hebreërs 10:1-3; 8-18 Tema: Geloof wat volhard – wat beteken dit? Geloof – ’n woord wat ons so maklik gebruik maar tog so moeilik werklik kan begryp. ’n Ander verstaan kan wees “vertroue in God”. Die twee loop hand-aan-hand. As mense is ons geneig om te…
10 Aug 32 min

Erediens - 03 Augustus 2025

Prediker: DJ Muller Teks: Rom. 8:35-39 Tema: “Welwese” is baie meer as ’n gevoel In ons lewens is daar seisoene waarin ons geweldige swaarkry beleef. Soms is hierdie seisoene ’n paar ure lank, ander kere hou dit vir jare aan. Dikwels word ons in hierdie tye lamgelê deur bekommernis, hartseer…
3 Aug 28 min

Erediens - 20 Julie 2025

Teks: Lukas 10 Prediker: DJ Muller Tema: Wanneer is besig-wees genoeg? Produktiwiteit! Dis iets waarna ons daagliks streef. Ons gebruik hulpmiddels soos outomatisering en kunsmatige intelligensie om dit te verhoog. Waarom? Omdat ons meer wil doen. Ons wil beter presteer. Dit voel selfs goed om te vertel hoe besig ons…
20 Jul 21 min

Erediens - 13 Julie 2025

Teks: Kolossense 1:9-20 Prediker: Nadia Muller Tema: Is my God groot genoeg? Ons almal ken die kinderlied: “My God is so groot, so sterk en so magtig, daar’s niks wat my God nie kan doen nie.” As kinders – of selfs as volwassenes – sing ons dit uit volle bors,…
13 Jul 35 min

Erediens - 06 Julie 2025

Tema: Geloofsonderskeiding: Wat beteken dit? Teks: Lukas 10:1–12, 16–19 Prediker: Nadia Muller Ons wens soms vir ’n stem uit die hemel of ’n vers in die Bybel wat ons sommer op die naam noem en al ons vrae beantwoord — maar dis nie hoe dit werk nie. As God dan…
6 Jul 32 min

Erediens - 18 Mei 2025

Prediker: Nadia Muller Tema: From thanksgiving to thanksliving Teks: 1 Tess. 5:16–22; Ps. 148 Ons leer ons kinders om dankie te sê. Ons sê dankie as ons iets ontvang het of iemand iets vir ons gedoen het. Maar wat as ons leef in dankbaarheid? Hoe sal ons anders begin leef…
18 May 34 min

Erediens - 06 April 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Jesaja 43:19 Tema: “Kyk, Ek gaan iets nuuts doen. Kan julle dit nie besef nie?” Ons verlede vorm ’n belangrike deel van wie ons is. Dit gee konteks, identiteit en herinneringe. Waar jy vandaan kom, beïnvloed wie jy vandag is – maar dit hoef nie te…
6 Apr 30 min

Erediens - 30 Maart 2025

Nadia wys 'n video tydens die diens. In hierdie opname, sê sy wanneer jy gou na die video moet kyk. Kyk die stukkie daarvan wat hier begin (dit is omtrent so 2min lank): https://youtu.be/gYF1AsOmoW8?si=EI41w7L0RHSBheZB&t=4210
30 Mar 30 min

Erediens - 09 Maart 2025

Prediker: Nadia Muller Teks: Deuteronomium 26:1-11 Tema: Wat was, wat is en wat kom! Met die eerste week van Lydenstyd dink ons spesifiek aan die verlede, aan Jesus, en die verlossing wat Hy bewerkstellig het. Ons word herinner aan die dankbaarheid wat ons teenoor Hom voel. Ons bevind ons tans…
9 Mar 30 min
1 – 20