"Kom kyk" - Ontmoet Jesus en die vrou by die put
Loading player...
Hierdie is 'n luister-drama. Dit vertel oor die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put as ’n intieme gesprek tussen twee mense wat mekaar oor bekende grense heen ontmoet. Deur hulle afwisselende herinneringe ontvou Johannes 4 as ’n verhaal oor dors, waarheid, skaamte en die verrassende ervaring om volledig gesien te word sonder om veroordeel of verklein te word.
Die vrou kom met haar kruik om water te haal, maar gaan uiteindelik met leë hande terug - of tog ook nie. Haar eenvoudige uitnodiging aan haar dorp, “Kom kyk”, word ook die uitnodiging van die drama: om nader te kom aan die Een wat ons waarheid ken, grense deurbreek en ’n ander soort water bied vir ons diepste dors.