Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel. SEFANJA 3:17 NLV
God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit. Romeine 8:28 DB
En Ek sal julle 'n nuwe hart gee en 'n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle 'n hart van vlees gee. ESÉGIËL 36:26 AFR53
Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan. JOSUA 1:9 AFR53
Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. FILIPPENSE 4:6 AFR83
Ek gaan iets nuuts doen. Dit het alreeds begin gebeur! Sien julle dit nie? Ek maak ’n pad deur die woestyn vir my volk om huis toe te kom! Ek maak vir hulle riviere in die woestyn! JESAJA 43:19 NLV
En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. ROMEINE 8:28
30 Dec 2024 10PM
1 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.