Müller en Freddie Hendriks gesels oor Ps 68 waar aanbidding vir Wie en Wat God is, 'n sentrale punt is. Ons word aangemoedig om God te loof. Ons leer van God se getrouheid veral wanneer ons deur oomblikke van benoudheid gaan.
Die Psalm-digter herinner ons in Ps 66 aan God se verlossing en dit nooi die leser uit om God te aanbid en Sy dade te besing. Müller en sy vrou Annie Crauwcamp gesels oor Ps 66 waar ons aangemoedig word om Hom met blydskap te loof, Sy dade bekend te…
God gee om vir my en vir jou. Nie net is Hy goedhartig nie, maar Hy staan ook die ongelowiges teë en sorg vir Sy volk. Müller Crauwcamp en Deon Gerber gesels oor Ps 65 waar God se hart vir Sy mense duidelik na vore kom
In Ps 64 sien ons hoe Dawid God vra om sy lewe te bewaar teen sy vyande. Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 64 waar ons herinner word om op God te fokus ten spyte van moeilike tye en in Hom onsself te verbly.
Wat beteken dit om naby God te bly...soms voel ons verwyder van die Here, maar is dit waar? Nooit! Hy is altyd naby ons, selfs al mag ons van tyd tot tyd, voel ons los Sy hand. Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 63
Dawid begin hierdie Psalm met 'n versoek aan God om sy gebed te verhoor. Muller Crauwcamp gesels vanoggend met Leon Gerber oor Ps 61 waar ons sien dat maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie, ons kan altyd tot God roep om hulp
Hoe vind ek my toevlug in God, as my Rots? Toewyding speel 'n groter rol as wat ons dalk dink. God is toegewy aan jou, is jy toegewy aan Hom? Luister saam na hierdie Psalm
Almal van ons beleef by tye onderdrukkende leierskap, of neerhalende bestuur. Hoe hanteer ons dit vanuit 'n Woord, en Heilige Gees, gedrewe perspektief? Mag hierdie Psalm, vir jou tot insig en seën wees
Voel jy soms so vasgevang in die 'gat' of grot van jou eie subjektiewe perspektief? Mag jy bemoedig word deur die geliefde koning Dawid se woorde in die kragtige, en pragtige Psalm
Voel jy soms dat daar net te veel mense, en hul dinge, teen jou is? God is vir jou...nie een traan gaan ongesiens by Hom verby nie, en jy is gekoester in Sy kosbare liefde. Mag jy Sy lewenslig bly sien, deur Sy kosbare Woord!
Het jy sorge, en wat doen jy daarmee? Veral as jy jouself in 'n woestyntyd beleef...? Wie van ons word nie getoets daardeur nie? Laat dit oor aan jou Vader. Werp jou bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir jou! (1 Petrus 5:7)
DIé Psalm praat oor die dwase, die afgedwaaldes, en dié wat onreg pleeg. Tog bespeur ons 'n heerlikheid hierin, opgesluit vir die kind van God, wat deur die bril van die kruis na God se genade, liefde, en vergifnis kyk, en juis as gevolg daarvan, 'n liefdesplig het teenoor die…
Stres jy? Die Vader se antwoord hierop...RUS in My...werp jou bekommernisse op My...want Ek sorg vir jou - mag die Psalm jou vreugde, en vrede, herstel op 'n tasbare wyse
Wat gemaak as jy beledig, bedrieg, en verniel voel, in die lewe? God se goedertierenheid bly altyd vasstaan in ons lewens, ten spyte van wat ander mag doen. Mag dié perspektief op Psalm 52 vir jou tot seën wees
Na verontskuldiging, kom blydskap, genesing, en versterking. Luister saam na die tweede aflewering van Psalm 51, oor hoe God blydskap, en herstel, in Koning Dawid se lewe gebring het, en dieselfde vir jou gedoen het.
Het jy al so die merk gemis, of in eenvoudige Afrikaans gestel, so drooggemaak, dat dit nie voel of jou skuld weggeneem kan word nie? In dié eerste aflewering van Psalm 51, sien ons baie mooi hoe God 'n koning - wie gesteel, en gemoor het - verontskuldig! Mag die…
4 Jul 2024
51 min
20 – 40
Agree to storing cookies on your device.
PreferencesAccept all
×
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.