Heerlikheid

Ontdek weer die heerlikheid van die evangelie. Die fokus is om ‘n meer diepgaande passie vir die Woord van God onder gelowiges te laat opvlam.
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity
145 Episodes
1 – 20

Ps 76 - 'n Viering van God se soewereinheid

Ps 76 is 'n psalm waar God se soewerenheid gevier word. Müller en Jean Hendricks bespreek die feit dat slegs God gevrees kan word want niemand kan teen Hom staan nie. God kry eer daaruit wanneer Hy sy volk red en die wat teen Hom staan, vernietig word. God is…
2 Jan 42 min

Ps 75 - U verhef een persoon en bring 'n ander af

Müller en Jean Hendricks gesels oor Ps 75 waar die beskryf word hoe die "horings" van die ongelowiges afgekap sal word en diè van die regverdiges opgelig sal word. Horings is 'n simbool van krag en eer.
26 Dec 2024 41 min

Ps 74 - Here hoekom het U ons verstoot?

Müller en Deon Gerber gesels vanoggend oor Ps 74 wat 'n smeekgebed is, in groot droefheid. 'n Gebed waar God gesmeek word om op te staan en Sy saak te verdedig. Maar tog leer ons 'n belangrike les: om nog steeds God te prys vir die feit dat Hy 'n…
19 Dec 2024 42 min

Ps 73 - Voorspoed onder die goddeloses?

Müller en Annie Crauwcamp gesels vanoggend oor Ps 73 waar ons duidelik sien dat Asaf (skrywer van Ps 73) verbitterd is oor die voorspoed van goddelose mense. Hy het amper sy vertroue in God verloor maar deur na God se waarhede te kyk het dit sy geloof in God versterk
12 Dec 2024 50 min

Ps 71 - in God het ons 'n toevlug!

In God het ons 'n toevlug! Die Psalm digter skryf dat God sy hoop was in sy jeug-jare en God is steeds sy hoop soos hy ouer word. Müller en Arno Van Der Merwe gesels oor Ps 71 wat juis daaroor gaan dat ons in God 'n toevlug het
28 Nov 2024 50 min

Ps 70 - Verlos my van my vyande!

Ps 70 is 'n Psalm waar ons 'n nood raaksien - 'n hulpkreet om verlos te word van vyande. Müller en Annie Crauwcamp bespreek die tema wat ons tog so goed ken, want ons gaan ook soms deur tye waar ons om God roep om ons vinnig te kom red…
21 Nov 2024 46 min

Ps 69

Hoe het die mensdom gelyk na Adam en voor Christus? Muller en Charles van Onselen kuier vanoggend rondom Ps 69 waar Dawid sy perspektief gee
14 Nov 2024 48 min

Ps 68 - Loof God vir Wie en Wat Hy is

Müller en Freddie Hendriks gesels oor Ps 68 waar aanbidding vir Wie en Wat God is, 'n sentrale punt is. Ons word aangemoedig om God te loof. Ons leer van God se getrouheid veral wanneer ons deur oomblikke van benoudheid gaan.
7 Nov 2024 49 min

Ps 67 - Here God seën ons

Müller en John Hendricks gesels oor Ps 67 wat handel oor die gebed dat God ons sal bly seën - om te voorsien wat ons nodig het
31 Oct 2024 52 min

Ps 66 - Loof Hom met blydskap! Maak Sy Naam groot!

Die Psalm-digter herinner ons in Ps 66 aan God se verlossing en dit nooi die leser uit om God te aanbid en Sy dade te besing. Müller en sy vrou Annie Crauwcamp gesels oor Ps 66 waar ons aangemoedig word om Hom met blydskap te loof, Sy dade bekend te…
24 Oct 2024 43 min

Ps 65 - God se goedheid en Sy hart vir Sy mense

God gee om vir my en vir jou. Nie net is Hy goedhartig nie, maar Hy staan ook die ongelowiges teë en sorg vir Sy volk. Müller Crauwcamp en Deon Gerber gesels oor Ps 65 waar God se hart vir Sy mense duidelik na vore kom
17 Oct 2024 46 min

Ps 63 - Ek bly altyd naby U

Wat beteken dit om naby God te bly...soms voel ons verwyder van die Here, maar is dit waar? Nooit! Hy is altyd naby ons, selfs al mag ons van tyd tot tyd, voel ons los Sy hand. Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 63
3 Oct 2024 49 min

Ps 62 - God, ons Anker

Charles en Müller Crauwcamp bespreek Ps 62 waar ons herinner word dat ons ons vertroue in God moet plaas wat Hy alleen is 'n ankerpunt vir ons geloof.
26 Sep 2024 47 min

Ons kan altyd tot God roep om hulp

Dawid begin hierdie Psalm met 'n versoek aan God om sy gebed te verhoor. Muller Crauwcamp gesels vanoggend met Leon Gerber oor Ps 61 waar ons sien dat maak nie saak wat in ons lewens aangaan nie, ons kan altyd tot God roep om hulp
19 Sep 2024 48 min

Die belangrikheid van rus

Charles gesels met Müller Crauwcamp oor Ps 60 en die belangrikheid van rus ten spyte van die lewe se vinnige spoed
12 Sep 2024 51 min

Wat moet jy doen as jy onder ongeregtige leierskap ly?

Almal van ons beleef by tye onderdrukkende leierskap, of neerhalende bestuur. Hoe hanteer ons dit vanuit 'n Woord, en Heilige Gees, gedrewe perspektief? Mag hierdie Psalm, vir jou tot insig en seën wees
29 Aug 2024 44 min
1 – 20