Maroela Media Nóú pra’ jy

Nóú pra’ jy

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Personal Journals
51 Episodes
1 – 20

Chris Chameleon: ʼn Kersfees vir tant Poppie

Deur Chris Chameleon Iemand (nie een van haar kinders nie – beide van hulle sit in Australië) het vir tant Poppie by die ouetehuis afgelaai. Sy was gedaan en vol skete en alhoewel sy eens mooi was, was sy nou verweer en vol plooie. 
11 Dec 2024 10 min

Chris Chameleon: Vir ewig joune

Deur Chris Chameleon En dis toe dat ek die oggend vroeg opstaan, my deftige pak klere aantrek en my aanstaande knielend wakker maak en vra om vir ewig myne te wees, sodat ek vir ewig hare kan wees en die beste mens waartoe ek in staat is tot haar beskikking…
25 Nov 2024 6 min

Die absurditeit van oorlog

Deur Freek Robinson ʼn Mens kan jou indink watter geweldige impak dit gehad het op die gemoed van jong seuns. Sulke voorvalle het bygedra tot die ontmensliking van die manne. Van die begin af, met hulle aanmelding vir diensplig by basisse, is troepe verskreeu, gevloek en aan uiterste fisieke take…
21 Nov 2024 8 min

Chris Chameleon: Wat maak dat ek 'n boek verder wil lees

Deur Chris Chameleon Daar is egter ook die opwinding van nuwe ontdekkings en insigte in die blaaie van hierdie oeroue, misterieuse geskrif. Een van die mees merkwaardige hoofstukke hierin is die skeppingsverhaal soos in Genesis vertel.
30 Oct 2024 5 min

Kommer oor Trump

Deur Freek Robinson Dit is te verwagte dat konserwatiewe groeperinge vir Trump sal stem, maar die middelklas en beroepslui is bekommerd oor die vervlakking van die politieke diskoers.
16 Oct 2024 6 min

Chris Chameleon: Die vergestalting van my manlikheid

Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.
26 Sep 2024 6 min

In 'n staat van trauma

Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.
4 Sep 2024 4 min

Chris Chameleon: Kom ons MAGA vir goud!

Deur Chris Chameleon Ek wil my eerder hier bemoei met die meer tradisionele aspekte van die Olimpiese Spele en menslike uitnemendheid, asook die tanende belangstelling in atletiek. Die wêreld het MAGA (make athletics great again) nou nodiger as ooit.
29 Aug 2024 8 min

Vind die Mandela in jou

Deur Freek Robinson Minister McKenzie het met entoesiasme vertel hoe hy as bende-misdadiger tot “bekering” gekom het deur Nelson Mandela se boodskap van ubuntu en vergiffenis. So kan elkeen die Mandela in hulself vind en help bou aan ʼn verenigde nasie.
7 Aug 2024 4 min

Chris Chameleon: ʼn Wonderwerkie

Deur Chris Chameleon En so het dit gekom dat Gijs tydens sy drafsessie presies daar verby gedraf het, die beursie wat uit my sak geval het gesien, dit as myne herken het en... Wel, dankie God, en dankie Gijs.
23 Jul 2024 4 min

Die Rooi Gevaar

Deur Freek Robinson Vandag weet ons daar het niks gekom van die rooi gevaar of die totale aanslag nie. Op die ou einde is ons maar almal mense met dieselfde behoeftes en probleme, ongeag ideologie.
6 Jun 2024 5 min

Chris Chameleon: Muilband FM 

Deur Chris Chameleon Daar het in die afgelope 30 jaar ʼn kultuur van selfsensuur langsamerhand die strop al nouer om die keel van wit omroepers getrek.
22 May 2024 6 min

Oor almal wat uitgesluit word

Deur Freek Robinson Een van die eerste hoë profiel mense wat kritiek teen die inisiatief uitgespreek het, was Christo van der Rheede – ʼn “bruinman” wat al diep spore in “Afrikaner”-instansies getrap het soos AgriSA en die Afrikaanse Handelsinstituut.
3 May 2024 6 min

Chris Chameleon: Die misdaad van pornografie

Deur Chris Chameleon As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.
25 Apr 2024 6 min

Chris Chameleon: Kuns vir wins

Deur Chris Chameleon Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.
26 Feb 2024 7 min

Dis nie so maklik om te oordeel nie

Deur Freek Robinson Veelvoudige rituele word toegepas internasionaal. Sommige heel onskuldig – soos sê nou maar ʼn universiteit se gradeplegtigheid tot die inisiasie van jong Xhosa-seuns wie se besnydenis dikwels lei tot die dood. Jy kan nie sommer sê wat is reg of verkeerd nie.
22 Feb 2024 5 min

Goeie en slegte verwikkelinge

Deur Freek Robinson In hierdie versoeningsmaand het van die allerverskriklikste voorvalle van rassisme plaasgevind. Tog was daar ook opbeurende nuus.
30 Dec 2023 6 min
1 – 20