Lindy Wilson, die DA se provinsiale leier in Limpopo, sê die toestande by die Groblersdal-hospitaal is ysingwekkend en bedreig die gesondheid en welstand van sy ongeveer 200 pasiënte.
Meer as 15 bote en jetski’s het die waterslaai na vier verskillende uithaalpunte gestoot waar ongeveer 50 vrywilligers die plante met hul kaal hande uit die water verwyder het. Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir die sentraalstreek, sê egter die gemeenskap is besig om die regering se werk vir hom…
Aansoeke op die DWS se aanlynplatform kan nie afgehandel word indien die aansoeker nie aan bepaalde vereistes van breedgabaseerde swart ekonomiese bemagtiging (BGSEB) voldoen nie.
Plaasaanvalle het in die derde kwartaal van die jaar (Julie tot September) met altesame 21% toegeneem. Altesame 88 plaasaanvalle, waaronder 13 plaasmoorde, is in hierdie tydperk aangeteken. In die tweede kwartaal (April tot Junie) is 73 plaasaanvalle, waaronder 23 moorde, aangeteken.
AfriForum stel sedert 2013 jaarliks ’n onafhanklike blou-en-groendruppelverslag saam om betroubare inligting oor die gehalte van Suid-Afrika se drink- en rioolwater aan die publiek bekend te maak. Marais de Vaal, AfriForum se raadgewer vir omgewingsake, waarsku vanjaar se toetse is rede tot ernstige kommer.
Volgens Marais de Vaal, AfriForum se adviseur vir omgewingsake, het AfriForum sterk kapsie gemaak teen die voorgestelde waterregulasies van die departement aangesien dit nie net ontspanningswatergebruikers soos hengelaars, boot- en seiljagvaarders, toerisme-operateurs en oewer-grondeienaars se gevestigde regte sou vertrap nie, maar ook sou neerkom op ’n growwe oorskryding van regeringsmag.
Die burgerregteorganisasie AfriForum en Skaak SA was Donderdag in die Pretoriase hooggeregshof oor die onregmatige skorsing van Skaak SA vroeër vanjaar deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok).
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê die omstrede Bela-wetsontwerp is ’n aanslag spesifiek teen Afrikaanse skole en dat minister Motshekga net weer haar – en die ANC – se ware kleure gewys het.
Oud-Springbok-agtsteman Pierre Spies sien uit om die Bokke in aksie te sien tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi. Hier is sy raad aan die Bokke op die vooraand van hul eerste wedsteryd teen Skotland.
Leona Kleynhans, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) in die Vrystaat, het die Seekoeivlei-natuurreservaat onlangs besoek en vasgestel dat die vleiland deur al die rioolvuil van die dorp – met sy sowat 5 000 inwoners – besoedel word.
Landbou in die omgewing het dringende hulp van die staat nodig. Plase grensend aan drie provinsies, Mpumalanga, KwaZulu-Natal en Vrystaat, is tot as verbrand, sê die DA se Henro Kruger.
Volgens Henriette du Plessis het die nuwe burgemeester ook die protokolbestuurder weer aangestel, wat op ʼn strafregtelike klagte teregstaan omdat hy na bewering 'n hond met 'n byl opgekap het.
Ronald Peters, bestuurder van AfriForum Sport, sê AfriForum doen ’n beroep op Netbal Suid-Afrika en sy beheerliggame om kritieke kwessies te prioritiseer en die hoof te bied eerder as om geldige bekommernisse en stemme te probeer onderdruk.
Isaac Sileku, die DA se provinsiale woordvoerder oor plaaslike regering, sê daar is gerugte – weliswaar nog ongetoets – dat die betogings deur “niemand anders nie as die ANC aangehits is”.
Die burgerregte-organisasie AfriForum is gereed vir regsaksie as die Bela-wetgewing aanvaar word. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, beklemtoon dat die Bela-wet onderwys in die land ingrypend sal skaad indien dit in die huidige formaat aanvaar word en is daarom gereed om dit met litigasie teen te staan.
AfriForum het Donderdag ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) by die kantoor van pres. Cyril Ramaphosa ingedien om meer inligting te bekom rakende oudpresident Jacob Zuma se onlangse spesiale kwytskelding.
Die DA in Noordwes vind Eskom se slinkse poging om ’n situasie te skep waar die entiteit nie meer in minagting van die hof is nie in die Lictenburg-elektrisiteitsage walglik.
15 Aug 2023
1 min
40 – 60
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.