Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
101 Episodes
60 – 80

Bok-vroue oorgehaal vir nuwe toernooi

Louis Koen, tussentydse hoofafrigter van die Springbok-vroue, meen die nuwe WXV 2-toernooi, wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind, hou groot potensiaal en aantrekkingskrag in.
14 Aug 2023 1 min

13 vroue nou ook meesterslagters by Shoprite

Dorothy Labuschagne, van die slaghuisopleidingsafdeling by Checkers Hyper Edenvale in Gauteng, het aan die Master Meat Artisan-program deelgeneem en sê dit was ʼn uitstekende leerskool. Labuschagne is al die afgelope 28 jaar by die Shoprite-groep betrokke.
10 Aug 2023 1 min

Sewe vas vir ontvoering, moord op boer

Die DA het sy skok oor die moord op Mike Pattinson van Harrismith, Vrystaat, te kenne gegee en moedig boere en landelike inwoners aan om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp.
25 Jul 2023 1 min

Wanneer ʼn ma se gemoed té donker word ...

’n Psigiater van Pretoria sê dit is ongelukkig in sommige gevalle só dat voorgeskrewe medikasie vir ma’s met geestesversteurings die verskil tussen lewe en dood beteken.
21 Jul 2023 5 min

Duisende brandalarms nou in Wes-Kaapse nedersettings

Die Wes-Kaapse regering het 13 000 brandalarmstelsels – ter waarde van sowat R2,6 miljoen – in informele nedersettings aangebring as proaktiewe maatreël om die brandrisiko in kwesbare gemeenskappe te beperk.
18 Jul 2023 1 min

Bloulig-aanval: ‘Hulle het vir hul lewens gevrees’

Ian Cameron, Action Society se direkteur van veiligheid, sê die slagoffers van die opspraakwekkende bloulig-aanval het vir hul lewens gevrees en na aanleiding van dié voorval is dit tyd dat die noodsaaklikheid van die BBP-beskermingseenheid heeltemal herevalueer word.
6 Jul 2023 1 min

Plaasaanvalle en -moorde het 'n rimpeluitwerking

Uys van der Westhuijzen, voorsitter van Agri SA se sentrum vir landelike veiligheid, verduidelik ’n plaasaanval en -moord raak ook nie net die slagoffers nie, maar ook die slagoffer se gesin, die werkers en die landelike gemeenskap.
15 Jun 2023 1 min

‘Waar sal ons hulp vandaan kom’, vra boere onder beleg

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, verduidelik hoe boere op hulself aangewese is vir beskerming en veiligheid – sonder veel hulp van die staat. Hy gee ook raad oor wat boere kan doen om hulself te beveilig.
15 Jun 2023 1 min

‘Lady R’: Departement gee nog geen antwoorde

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, sê die departement se vertraagde reaksie op sy versoek vir inligting wys dat die regering nie werklik belangstel in aanspreeklikheid nie.
13 Jun 2023 1 min

Plaasaanvalle: Gemeenskappe moet self 'mobiliseer'

Jacques Broodryk, AfriForum se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, doen ’n dringende beroep op boere en landelike inwoners om hul veiligheid en paraatheid op te skerp. Die oproep kom na twee plaasaanvalle waarin vier mense gesterf het.
5 Jun 2023 1 min
60 – 80