Johan Böning, 'n afgetrede polisiekolonel, het Maroela Media vertel oor die grutonele wat op 20 Mei 1983 in Kerkstraat, Pretoria, afgespeel het toe ʼn motorbom voor die Poynton-gebou, waar die lugmaghoofkwartier destyds geleë was, ontplof het.
Die Stad Kaapstad het ’n verkeersbestuursplan ingestel om toeskouers Saterdag veilig by die DHL-stadion in Groenpunt, Kaapstad, te kry vir die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).
Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, sê die regering is Suid-Afrikaners 'n behoorlike verduideliking verskuldig oor presies wat die Yuan Wang 5, 'n Chinese waarnemingskip, in Suid-Afrikaanse gebiedswater doen.
AfriForum se jongste verslag oor plaasaanvalle en -moorde toon dat daar nie ’n noemenswaardige afname in syfers tussen die eerste kwartaal van hierdie jaar en dieselfde tydperk verlede jaar is nie.
Ouers en voogde wat hul kinders volgende jaar vir gr. 1 of -8 in Gautengse skole wil inskryf, moet kennis neem dat die aanlyn registrasieproses op 15 Junie 2023 om 08:00 open. Dié tydperk loop op 14 Julie 2023 om middernag ten einde. Alana Bailey van AfriForum moedig ouers aan…
Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê ten spyte van die herhaalde teenkanting wat die regering oor die duur Karpowerships-kontrak kry, is hy vasbeslote om die plan deur te voer.
AfriForum loof plaaslike skole wat eilande van uitnemendheid is en kinders behoorlik met geletterdheid toerus, maar is diep bekommerd oor die meeste skole se onderrig. Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriiForum, is aan die woord.
Leono Kleynhans, 'n DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, sê die provinsiale departement het versuim om iets aan die ernstige verval van die Oliviershoekpas te doen. Luister hier:
Kelvin van Baalen moes eintlik nie lewendig uit die brandende wrakstukke van sy valskermsweeftoerusting gekom het nie, maar loop vandag sonder vrees sy toekoms in.
Selfs al is wapens nie verskaf nie, het die besoek van Russiese skepe en vliegtuie en die gesamentlike vlootoefening, gegewe die huidige internasionale klimaat, die voorwaardes geskep vir Suid-Afrika om ekonomiese selfmoord te pleeg, waarsku Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
Martin Meyer, die DA se woordvoerder oor samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, sê dit het tydens ʼn portefeuljekomiteevergadering aan die lig gekom dat toelae teen ʼn slakkepas bestee word. Luister hier:
Ernst van Zyl van die burgerregtegroep AfriForum sê hulle is bekommerd oor die “verergerende dubbele standaarde” wat na sy mening gesien kan word in hofuitsprake, die regering se toepassing van wetgewing en mediaveroordeling.
Die kabinet kos Suid-Afrikaners byna R1 miljard per jaar. “En wat is die opbrengs op dié belegging vir Suid-Afrikaners? Fase 6-beurtkrag, ongebreidelde misdaad, toenemende armoede en dienste wat ineenstort," sê dr. Leon Schreiber.
Christel Cornelissen van Maroela Media gesels met Tshwane-burgemeester Cilliers Brink oor die groot uitdagings wat vir die stad voorlê en die nuwe span se planne om die hoofstad reg te ruk.
Maroela Media het vandeesweek met internasionale kenner Jaco Kleynhans gesels oor hoe die EFF se nasionale stilstand die land se beeld oorsee geraak het.
Nuwe transmissielyne is dringend nodig om ʼn toename in beskikbare krag behoorlik te herlei, maar Eskom sukkel tot tien jaar lank om grondregte hiervoor te bekom, sê Ronald Marais van die kragverskaffer.
Yolandi Singleton, hoof van Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum in Pretoria-Noord, gee raad oor wat ouers en skole kan doen indien hul kinders by die skool afgeknou of geboelie word.
17 Feb 2023
2 min
80 – 98
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.