Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
105 Episodes
1 – 20

‘Bidvest-rasseskema’: Solidariteit vra steun in VSA

Solidariteit het ʼn formele versoek aan die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, en groot Amerikaanse aandeelhouers in Bidvest Group Limited, gerig, waarin dié organisasie vra vir onmiddellike optrede teen ʼn rassediskriminerende werknemersvoordelebeleid van Bidvest wat die kinders van wit Bidvest-werknemers in Suid-Afrika uitsluit. Jaco Kleynhans, hoof van internasionale…
11 Jul 1 min

7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers

Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie…
7 Jul 2 min

Luister | R15 000 vir goudklagte om te ‘verdwyn’

Het die Valke ʼn goudsmokkelring oopgevlek, of ʼn growwe flater begaan toe hulle in Mei twee mans voorgekeer wat in besit van ʼn skoendoos vol goudstafies was? Maroela Media het vroeër berig oor hoe Daniel Schubert (61) en Adriaan du Plessis (49) in hegtenis geneem en die 80 goudstawe wat…
13 Jun 3 min

Binnelandse sake slaan toe op Plastic View

Cilliers Brink, die DA se koukusleier in Tshwane, het die optrede van die departement van binnelandse sake in die Plastic View-nedersetting in die ooste van Pretoria verwelkom.
23 May 1 min

Koelbloedig | Geregtigheid nog in weegskaal ná ma se branddood

Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni onder meer met Charlene Pretorius se seun, Jason Venter, oor wie sy ma was, wat hy oor die dag van haar dood en verhouding met die beskuldigde in die saak onthou en hoe geregtigheid vir hulle as familie lyk.
3 Apr 25 min

Koelbloedig | Die nagklubmoord op Daniël Botha

Vir dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met die geliefdes van Daniël Botha (26) wat in 2018 so erg in ʼn nagklub aangerand is dat hy later breindood verklaar is. Tania Heyns, verslaggewer by Maroela Media, vertel ook meer oor wat alles in die hof gebeur het.
27 Mar 21 min

Klagte oor opdrag vir slegs Engels-verklarings by Noord-Kaapse polisie

Dit is duidelik dat die polisie óf nie bewus is van die skikking wat in 2017 in die Noord-Kaapse hooggeregshof bereik is nadat Solidariteit regsaksie geneem het nie, óf dat die polisie die betekenis van die betrokke Grondwet-artikel verkeerd interpreteer, sê Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum.
14 Mar 1 min

Louis en Dezzi Liebenberg staan rug 'teen die muur’

Louis Liebenberg, die omstrede diamanthandelaar, het die naweek in ‘n oproep vanuit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria onder meer gepleit by sy beleggers om te help met sy regkoste. 'n Vertroueling van Liebenberg het die opname aan Maroela Media bevestig en gesê hy probeer die sakeman bystaan om ‘n…
24 Dec 2024 23 min

Bela-wet | 'Wen-wen-skikking', sê DA

Die DA sê pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die inwerkingstelling van die Bela-wet maak dit duidelik dat die DA se Siviwe Gwarube - as minister van basiese onderwys - die plig het om regulasies, norme en standaarde te ontwikkel wat die wetgewing gaan bestuur. Dit sluit in die omstrede…
20 Dec 2024 2 min

Omstrede artikels nie sonder beskerming teen magsmisbruik ingestel - Dirk Hermann

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die Solidariteit Beweging, sê die omstrede artikels oor taal en toelatingsbeleid in die Bela-wet kan nie ingestel word voordat Siviwe Gwarube, minister van basiese onderwys, ’n tydsraamwerk vasgestel het en die nodige norme, standaarde en regulasies ontwikkel het nie. “Prakties beteken dit dat hierdie artikels…
20 Dec 2024 1 min
1 – 20