
7/7-bomaanvalle: SA’ner onthou dag van angs, slagoffers
Loading player...
Adrian Heili (45) was op die moltrein toe die eerste bom 20 jaar gelede in ʼn reeks terreuraanvalle in Londen ontplof het. Hy is vanjaar vir die eerste keer deel van die amptelike herdenkingsplegtigheid, maar bring al die afgelope twee dekades op sy eie manier hulde aan diegene wat daardie dag nie oorleef het nie.