KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
207 Episodes
140 – 160

Chappie oomblike

Dis Donderdag en daar is baie woorde oor Fikile, Redi, AARTO en ook ‘n paar chappie oomblikke.
13 Jul 2023 24 min

Dis ‘n Trosfok!

Loadshedding is terug maar gelukkig gee die USA vir ons $ 1,3 miljoen om navorsing te doen. JJ Tabane maak baie aanmerkings en opmerking maar soms moet ‘n mens die balk eers uit jou eie oog uithaal. Redi Tlhabi is in die moeilikheid op Twitter na haar plasing “I also…
12 Jul 2023 23 min

Die "Mandemie" van by die huis werk.

Na die COVID-19 pandemie het min al werklik teruggekeer na normaal. Veral in meeste werkende mense se lewe wat steeds van die huis af werk. Daar word beweer dat produktiwiteit onder die “work from home” beginsel afskaal so langer die tyd verloop. Meeste mense voel ook geïsoleerd en sukkel om…
11 Jul 2023 32 min

Daai K-woord

Dis Maandag en die span “beklets” die nuus. Die Sport Joernalis, Jody Hendricks gesels oor sy rubriek wat Sondag in die Rapport verskyn het oor kwotas in Rugby. Van die bokke ondersteuners takel mekaar op “Roftus” en die polisie hou die polisie dop.
10 Jul 2023 34 min

McDonald's en Seks

Dis Vrydag en Tanya Michelle join die KLETS span met "Waar is die JOL?". McDonald's verkoop pakkette vir troues wat verseker baie goedkoper is as die wat jy moet betaal by ‘n trou venue. Antwoord die 3 maklike vrae en vind uit hoe jy jouself, ‘n pasmaat en seks sien…
7 Jul 2023 30 min

Alles is Blou!

Die Blouligbrigade is steeds op almal se lippe. Nuwe inligting kom op die lappe maar weerspreek ook. Wat glo ‘n mens vandag? Is ons terug daar waar, as ek dit nie gesien het met my eie oë nie dan het dit nie gebeur nie? Zapiro beeld die voorval uit in…
6 Jul 2023 20 min

My regte met die Blou-lig Brigade

Die Blou-lig Brigade is terug in die nuus na die "alleged highway assault" soos die media berig. Chris Willemse KLETS saam die span oor die voorval en wat die doel is van die blou ligte. Verder gee Chris raad oor hoe om so 'n situasie te hanteer indien jy dalk…
5 Jul 2023 33 min

AI, die pikkewyn!

ChatGTP het vir ons 'n Afrikaanse storie geskryf oor 'n pikkewyn in 'n paar sekondes. AI is deel van ons daaglikse handel en wandel. As jy jou slimfoon aansit, iets opsoek op Google, die verkeer of weer dophou op apps. Dit is wel iets wat baie mense steeds onrustig laat…
4 Jul 2023 28 min

Die kind, die Derek's en die Huisgenoot

Dis Maandag en die span KLETS oor die nuusgebeure die afgelope week. 'n Jong seun in Kaapstad verloor sy lewe in die bed van sy maatjie se pa. Colene gesels met 'n ma, Charlize Kahts, oor die insident en kry raad oor hoe ouers die uitslaap van kinders beter kan…
3 Jul 2023 45 min

Van Randfonteit tot Rodeo Drive

Dis Vrydag en Tanya Michelle vertel ons Waar is die JOL. Matthys gesels met Neil Sandilands oor kuns, musiek, sy nuwe album en toer deur die land. Maar meestal oor Afrikaans, Afrikaner wees met ‘n goeie skeut filosofie. Neil praat die mooiste Afrikaans en in sy woorde kan 'n mens…
30 Jun 2023 50 min

Durban, Korea en Klimt

Almal in Korea is nou een jaar jonger en Putin is onrusbarend stil na die Wagner geselsies. Miskien is kuns 'n beter investment maar jy kan dit ongelukkig nie op laybuy koop nie.
29 Jun 2023 24 min

Is die broek te swaar vir mans?

In KLETS gesels die span met Johan Botha, ‘n lewensafrigter, oor mans, manlikheid en die manlike identiteit. Die woord “toxic masculinity” doen gereeld die rondtes en is dit die rede dat mans hul “plek” in die samelewing begin betwyfel en so ook hul identiteit verloor? Is vrouens meer aanpasbaar as…
28 Jun 2023 40 min

Die 2-pot van die toekoms

In KLETS gesels die span oor die 2-pot aftrede beginsel? Is Suid-Afrikaners genoeg savvy om met geld te werk? UK betaal Rwanda om vlugtelinge te neem maar wat gaan van die mense word?
27 Jun 2023 25 min

Die Tall horse en die rewolusie

Dis Maandag en die span KLETS oor wat verlede week in die nuus gebeur het. Colene hoor by vriende wat onlangs in Griekeland was dat Tall Horse wyne nou 'n befaamde wyn en uitvoerproduk van Suid-Afrika is. Johannesburg is in skerwe maar vermoed dat die stad die 4de en 5de…
26 Jun 2023 28 min

Ons maak lyn nat

Dis Vrydag en ons gesels met Tanya Michelle oor waar is die JOL. Corne van FishPo 2023 kom KLETS saam oor die expo wat op 22 Julie by Loftus plaasvind. Corne gee ook 2 VIP kaartjies weg sodat jy kan skouer skuur met van die land se vernaamste name in…
23 Jun 2023 23 min

Stein en die onderwêreld

Colene het gister by Rick Stein se The Seafood Restaurant in Padstow geëet. Louis Liebenberg is deel van die Derek Hougaard storie en die vroueslaner Jaco Swart kruip weg in London.
22 Jun 2023 21 min

Om te Google

Google het gister bekend gemaak watter terme Suid-Afrikaners die meeste Google en waaroor hul dan duidelik nuuskierig is. Van om Google te Google tot dobbel en darem hier en daar steeds vir Thabo Bester. Die Titanic is steeds is wat mense fassineer maar al jy die kans vat om te…
21 Jun 2023 25 min

Wolf, Wolf hoe Woke is ons?

'n Kind op skool in Suid-Afrika vermoed hy is nou 'n “wolf” en die skool aanvaar sy nuwe identiteit. Is kinders opgewasse genoeg om te besluite oor hul geslag en waarmee hul assosieer as 'n geslag op skool? Wat gaan word van die jeug met die “woke transgender” beweging onder…
20 Jun 2023 22 min

Onse Cyril het die War(ge)saw

Onse Cyril het met groot gewilligheid die presidente van Oekraïne en Rusland besoek om vrede te bewerkstellig. Die sirkus het Suid-Afrika tussen 14 en 16 miljoen rand gekos en min in die sak gebring behalwe slegte publisiteit. Prins William gaan van sy eie grond weggee om te help met behuising…
19 Jun 2023 22 min

Lughawens en fluitjies.

Coléne en Matthys is terug na gister se afwesigheid. Colene is warm onder die kraag vir BA en Boris Johnson is in die sop omdat hy ‘n drankie gedrink het gedurende COVID. Is Andre de Ruyter steeds die ridder op die wit perd of het sy fluitjie ophou blaas?
15 Jun 2023 23 min
140 – 160