KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
207 Episodes
160 – 180

Die Sien, Sê en Doen van Veiligheid

In KLETS vandag gesels Matthys met Chris Willemse, die operasionele bestuurder, van Princeton Security in Kaapstad. Chris verduidelik hoe belangrik is dit om elke dag bewus te wees van wat om jou gebeur om sodoende intelligensie te vergader ten opsigte van misdaad en veiligheid. Chris gee tips oor wat en…
13 Jun 2023 30 min

Die "Wiid" is los

Dis Maandag en die span KLETS oor nuusgebeure van verlede week. Greta Wiid is nie 'n "ally" nie en was dalk verantwoordelik vir die aardbewing in die Oos-Rand. Zuma is nou al 19 jaar besig in die hof om homself onskuldig te bewys. Is Putin die rugbyheld van die skool…
12 Jun 2023 29 min

Lekker Bekker

Vandag op KLETS gesels Matthys met Amore Bekker. Die mees bekendste stem op Afrikaanse radio van die afgelope 20 jaar. Amore vertel hoe sy vreesloos lewe, wat haar verveel en haar gunsteling kos. Ons gesels oor Afrikaans, sterretekens en haar sê-ding “ek voel dit in my water”. Ook op KLETS…
9 Jun 2023 22 min

Landbou - Die fondasie van ons Ekonomie

In KLETS vandag gesels ons met Christo van der Rheede, die Uitvoerende Hoof Beampte van AgriSA oor landbou, die boere en die rol van landbou in ons ekonomie. Christo deel sy raad aan jong boere of iemand wat die landbou sektor wil aanpak. Ons gesels oor voedselinflasie en die rol…
8 Jun 2023 29 min

Kos, Leeus en Onse Cyril

Colene is terug in die KLETS ateljee. Ons gesels oor die feit dat kos keuses van 'n land nou baie meer belangriker is wanneer iemand 'n trip beplan. Die oorsese mense wonder steeds of daar leeus in Suid-Afrika is en of dit dalk net 'n storie is. Onse Cyril maak…
7 Jun 2023 24 min

Dirk Scheepers en die DS Program

Ons KLETS vandag saam Dirk Scheepers, die aanbieder van die DS program wat nou ook op Afrikaans.Radio beskikbaar is. Luister saam oor hoekom ons verwys na Dirk as 'n baanbreker in Afrikaanse podsendings. Ons gesels oor die rand en die stand van Suid-Afrika in die makro ekonomie, moontlike sanksies van…
6 Jun 2023 26 min

Be"Kors" ons het BRICS

Die span KLETS die Maandag oor verlede week se nuus. Die minister van Elektrisiteit Dr. Ramokgopa het op ENCA gepryk in 'n Michael Kors sweater gedurende 'n onderhoud oor die stand van loadshedding en die planne wat beraam word om dit te bekamp. Suid-Afrika dans hard na Putin se pype…
5 Jun 2023 28 min

Wat is 'n Jol?

Matthys gesels met Tanya Michelle die aanbieder van "Waar is die JOL?" op Afrikaans.Radio oor Jol. Wat beteken dit om 'n jol te maak of een te hê? Ons het vir 'n paar mense gevra vir voice notes oor wat is 'n jol in hulle oë. Verder vertel Tanya wat…
2 Jun 2023 26 min

Op twee wiele deur Suid-Afrika

Matthys gesels met die avonturiers Werner en Cissy wat onlangs al hul besittings verkoop het en die besluit geneem het om op twee motorfietse 'n minimalistiese en nomadiese leefstyl te volg. Wat was die rede tot die groot verandering in hul leefwyse en hoe pas mens aan as alles wat…
1 Jun 2023 31 min

Entrepreneurskap in Suid-Afrika

Coléne KLETS met Prof. Jurie van Vuuren wat verbonde is aan die Universiteit van Pretoria rakende die stand van entrepreneurskap in Suid-Afrika. Wat is die regering se posisie en wat doen die Departement van Kleinsake-ontwikkeling vir entrepreneurs en die groei van ons ekonomie in die sektor.
31 May 2023 31 min

269 voorlaaiers in Vryheid

Matthys gesels met die historikus en voorsitter van Erfenis Potchefstroom, Johan Wolfaardt, oor die nuutste vonds van 269 voorlaaiers wat in Vryheid, KZN onlangs gevind is. ‘n Groep "geskiedkundiges” genaamd die Vryheid History Diggers, het onlangs met hul metaalverklikkers voorlaaiers opgegrawe wat vermoedelik deur Engelse soldate van die Zoeloes afgeneem…
30 May 2023 29 min

Moenie vir die Druggies meer geld gee nie!

Dis Maandag en die span "beklets" verlede week se nuusgebeure. Elon kan nou iets in jou brein inplant, die onderwêreld van waterverkope, Amerika kort geld om rekeninge te betaal en Rusland is steeds besig met die Oekraïne.
29 May 2023 24 min

Die Jol, die Blom en die Advertensie!

Dis Vrydag en die span KLETS met Tanya Michelle oor waar is die JOL in Suid-Afrika. Ons val met die deur in die huis oor die Budweiser advertensie en hoekom advertensies so "woke", lomp en oninteressant geraak het. Suid-Afrikaners verteenwoordig en wen eerste prys by die Chelsea-skou in Londen, Engeland…
26 May 2023 26 min

Verbeel jou as Suid-Afrikaners kan saamstaan

Die span KLETS oor die interest rate verhoging, die koningin van Rock en haar songs wat sinoniem is Mej. Suid-Afrika in die 80's, die R77m van tax geld wat gebruik word vir Qedani Mahlangu se regskostes en die feit dat Suid-Afrikaners nie kwaad genoeg is nie en ook nie bereid…
25 May 2023 21 min

Afrika - die Moeder kontinent?

Afrika kry soms die bynaam "Moeder kontinent" omdat dit die oudste bewoonde kontinent op aarde is volgens navorsing. Die span KLETS vandag saam François Conradie, 'n politieke ekonoom verbonde aan Oxford Economics Africa. François spesialiseer in landrisiko in Afrika rakende; politiek, konflik, staatsfinansies, belegging, beleid en handel. Ons vind uit…
24 May 2023 25 min

Wat de vloekwoord?!

Die span KLETS met Gerhard van Huyssteen, 'n Professor van Afrikaans en Nederlandse Taalkunde verbonde aan die Noordwes-Universiteit, oor vloek, vloek woorde en die navorsingstudie wat hul tans mee besig is. Gerhard ontgin Coléne en Matthys se vloekmeter en watter woorde is taboe. Luister gerus na "Wat de vloekwoord?!" op…
23 May 2023 42 min

Vraatsug en Tee

Sondagkoerante wat vol van dieselfde vraatsug. Johanna maak tee vir Daveyton se mense. Wat kan ons leer by die oop hand? Moet ons meer na ons onmiddellike gemeenskappe kyk om die wa deur die drif te trek? Of dalk het ons te ver in demokrasie verval en kort weer 'n…
22 May 2023 24 min

Jammer Tannie!

Coléne het 'n boodskap ontvang wat melding maak oor hoeveel sy vloek, dalk is dit dieselfde Tannie wat vir Anita se man uit die CEO posisie van KWF gekry het. Die NCOP se chair weet nie of dit is notice of 'n motion of dalk nie 'n motion is nie…
19 May 2023 24 min

Wie polish die drol?

Die span het vasgeloop in 'n drol. Wie is die drol in die drink water en wie polish en dans om die drol? Gordan was voor SCOPA en klink of hy diep seergemaak is deur Andre de Ruyter. Harry en Megan jaag vir 2 ure rond in NYC om foto’s…
18 May 2023 22 min

Wat is ons regte as inboorlinge van Suid-Afrika

Die span KLETS saam Louise du Plessis, 'n prokureur by Lawyers for Human Rights, oor die mense en hul regte. Ons "beklets" die "Trolley Pushers" in ons stede en vind uit hoe werk die beweging van die groep mense. Verder leer ons ook die reg tot eiendom besit.
17 May 2023 22 min
160 – 180