KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm.

Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam!

Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Weekly Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary
207 Episodes
180 – 200

Het Suid-Afrika by die Ram vir 'n Rus program aangesluit?

Suid-Afrika is dieper in die bed met Rusland as wat ons vermoed. Dalk het Suid-Afrika by die "Ram vir 'n Rus" TV program aangesluit. Die krokodilboer, Rooies Strauss, dryf outisme uit mense en vermoed daar is baie meer homoseksuele mense by kunstefeeste. Andre de Ruyter se boek maak steeds opslae…
16 May 2023 20 min

Die regering staan agter die deur.

Dis dag 134 van 2023. Die span "beklets" verlede week se nuusgebeure en Coléne het 3 temas gevind in die nuus. Andre de Ruyter se boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, is nou beskikbaar en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het 994 vakante poste en baie minder budget…
15 May 2023 26 min

Die Rand het nie 'n Parachute nie!

Ons KLETS saam Andre Cilliers, 'n valuta-strateeg, van TreasuryONE oor die rand wat tuimel sonder 'n parachute. Hy deel met ons wat was die aanloop tot die verknorsing en waarheen kan die Rand dalk nog tuimel. Ons verlang terug na ons trip in die US 'n paar jaar gelede toe…
12 May 2023 31 min

Wierook, Mirre en Beurtkrag

Blaas loadshedding soms jou kersie dood? Die span KLETS vandag saam Gielie Hoffmann oor die effek van beurkrag op ons psige en hoe dit ons elke dag beïnvloed. Gielie gee praktiese wenke oor hoe om kop bo water te hou. Verder gesels ons oor "Onse Cyril" en 2024 verkiesings vooruitsigte.
11 May 2023 31 min

Wat maak mens met R 700 000.00 salaris per dag?

Kan geld geluk koop? Van die CEO's in die mynwese verdien R 700 000.00 per dag, is dit binne almal se bereik om soveel geld per dag te verdien? Wat is die prys wat jy moet betaal vir 'n vet bankrekening per maand?
10 May 2023 21 min

Wat koop jy vir jou Ma op Moedersdag? Of is geskenke geld mors?

Moedersdag is om die draai en Matthys is useless met geskenke. Moet mense jou bel op jou verjaarsdag en lang geselsies aanknoop, en wat is die etiket as dit kom by 'n oproep mis op jou verjaarsdag? Stuur vir ons jou Moedersdag geskenk idees na klets@afrikaans.radio. En luister uit vir…
9 May 2023 21 min

Die worsie en breëboontjies van die nuwe Koning.

Die Kletsers praat bietjie Vrydag nonsens. Matthys hou regtig nie van Charlie nie. Brittanje is in twee geskeur oor die nuwe koning. Van hul hou duidelik van worsies en breëboontjies. Kan jy dink hoe gaan London ruik oor ‘n paar uur. En ongetroud hou jou gelukkig, wel volgens Tannie Amore.
5 May 2023 23 min

Die Stingel van Stres

Die span KLETS vandag oor Stres. Is dit so deel van ons lewe dat ons nie eens meer agterkom dat ons stres nie? 'n Studie bewys dan vroue meer stres as mans. Ons gesels met Greta van Rensburg oor die nuwe reeks "siel" waar jy meditasies wat nie indringend of…
4 May 2023 19 min

Voedselinflasie knyp Suid-Afrikaners

Die span KLETS saam Dr. Hester Vermeulen van Die Buro van Voedels- en Landboubeleid (BFAP) oor die stygende voedselpryse en wat die prys van kos beïnvloed. Dr. Vermeulen deel 'n paar wenke oor hoe om die inflasie en pryse te beheer in jou kosmandjie.
3 May 2023 32 min

Mayday, Mayday

Mayday, Mayday die hele wêreld behalwe Cyril dink hulle sink, miskien moet ons almal kry wat hy drink. Die span "beklets" verlede week se nuus van Amerika tot Sudan asook die massas Russiese soldate wat leier loos gesterf het in die Oekraïne. Elon wil nie sy bord vol kos met…
2 May 2023 29 min

Die volharding van Afrika en sy innovasies.

Suid-Afrika het 'n hele gross innovasies en uitvindings waarop ons moet trots wees. Maar meer moet ons trots wee op die feit dat ons as Afrikaners voldhard in alles wat ons doen en aanpak. Ons "beklets" die uitvindings van Suid-Afrika en raak aan die hartsnaar van die Carike Keuzenkamp liedjie…
28 Apr 2023 31 min

Oranje Blanje Blou - moet hy ry of moet hy bly?

Die Oranje Blanje Blou was onlangs weer in die nuus. Waar kom die ou Suid-Afrikaanse vlag vandaan en hoekom staan dit bekends as die Apartheidsvlag? Ons gesels met Johan Wolfaardt 'n Museumkundige by Potchefstroom Museum en Voorsitter van Heritage Potchefstroom Erfenis.
26 Apr 2023 29 min

Die Katte van Kyknet.

Ons "beklets" die nuwe katte op Kyknet. Wie is die vrouens van Die Real Housewives van die Wynlande. Waar kom hul vandaan en wie gaan die meeste moeilikheid maak?
25 Apr 2023 19 min

Die Minister sonder 'n Mandaat.

Dis Maandag en ons "beklets" verlede week se nuusgebeure in en om Suid-Afrika. Dr Blade Nzimande se ego, Kgosientsho Ramokgopa's se job description en die SA se vuil hande. Ons deel ook ons eerste houtlepel uit vir die week.
24 Apr 2023 24 min

Is daar meer dae as geld in jou maand?

'n Onlangse studie van Capitec se gebruikers data dui aan dat Suid-Afrikaaners word armer by die dag. Ons spandeer gemiddeld 8% meer op kruideniersware en 16% meer op brandstof. Leef ons almal op skuld om deur die maand te kom? In klets gesels ons oor die stand van persoonlike finansies…
21 Apr 2023 24 min

Wat jy drink se baie van jou

Almal het hul gunsteling drankie. Maar wat se daai drankie van jou persoonlikheid. Volgens Greg, 'n kroegman in London, kan jou gekose "gif" baie van jou persoonlikheid en omstandighede se. Ons hoor ook wat is die beskendste drankies in Suid-Afrika.
20 Apr 2023 19 min

Is mense wat van die huis af werk lui?

Is werk van die huis af nog 'n goeie opsie vir waar ons as Suid-Afrika is vandag of steek mense wat by die huis werk nie maar net lyf weg nie?
19 Apr 2023 18 min

Van Warmbad tot Wimbledon.

Ons gesels met Etienne Pretorius oor die groot keuse wat hy en sy man gemaak het om te immigreer van Suid-Afrika na die Verenigde Koninkryk. Hul noem huis nou "Wimble-fontein". Wat was die redes hoekom hulle verhuis en het wat mis hul die meeste van Suid-Afrika.
18 Apr 2023 19 min

Die Thabo Bester en boerewors sepie

Elke Maandag "beklets" die span die vorige week se nuus gebeure. Die week is dit die Thabo Bester Sepie, die "Gold Mafia" en wie verlang na boerewors? Ons gee ook die eerste Klitser van die week toekenning.
17 Apr 2023 21 min
180 – 200