Klank Kompas Kerkbode Kollig

Kerkbode Kollig

Weeklikse podcasts gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, laat nadink en inspireer. Kerkbode is die amptelike nuusblad van die NG Kerk.
Weekly Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality
48 Episodes
40 – 48

Episode 7: Twee vertel hoe Jesus se lyding hulle dieper geraak het

Emeritus-prof Pieter Carstens van Pretoria wou in Februarie 2019 weens ’n terminale kankerdiagnose sy lewe waardig afeindig. Hy wou dit doen met bystanddood by die Dignitas-kliniek in Switserland soos wat Carol de Swardt van George (ook gediagnoseer met aggressiewe velkanker) vroeër vanjaar gedoen het. Toe gebeur in sy woorde “net…
31 Mar 2024 37 min

Episode 6: ‘Ses jaar as gyselaar maak my geloof sterker’

Gerco van Deventer was vir ses jaar as gyselaar aangehou in Noord-Afrika. Eers in ’n huis, toe ’n tent en daarna onder ’n boom iewers tussen die sandduine van die Sahara met net ’n kombers as beskerming. Vir hierdie episode van Kerkbode Kollig vertel hy sy geloofstorie - van die…
24 Mar 2024 33 min

Episode 5: God se hart vir weerloses

Dinsdag 19 Maart is internasionale Maatskaplike Werkerdag. Regoor die land is baie maatskaplike hulporganisasies wat uit die kerk ontstaan het. In hierdie episode van Kerkbode Kollig fokus ons op van hierdie organisasies in Gauteng wat nou saam met ander deur ‘n bestaanskrisis bedreig word omdat die provinisiale regering hulle subsidies…
17 Mar 2024 27 min

Episode 4: Op reis met God

Dr Tom Smith van Fontainebleau Gemeenskapskerk in Randburg neem op 1 April oor by dr Andre Bartlett as hoof van Excelsus, die NG Kerk se Sentrum vir Voortgesette Bedieningsontwikkeling in Pretoria. Hy het met Kerkbode Kollig gesels oor sy eie jarelange geloofsavontuurreis asook waarna hy uitsien in sy nuwe pos…
9 Mar 2024 28 min

Episode 3: In saamloop lê hoop

Nie net ons land is stukkend nie. Ook binne die kerk is daar stukkendheid. Daar is gemeentes wat sê hulle maak hulle los van strukture soos die Algemene Sinode, ringe en streeksinodes maar hulle wil NG Kerk bly. Ons gesels hieroor met Jan Lubbe, ’n NG dominee van Bloemfontein en…
29 Feb 2024 25 min

Episode 2: Oor grense na hoop

In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels ons oor die oorsteek van grense. Ds Deon van der Berg van Stella in Noordwes is ondervoorsitter van die Red ‘n Plaas Red ‘n Gemeenskap Rampfondsprojek. Hy vertel meer daaroor asook die verskillende kreatiewe maniere waarop mense die camino-fondsinsameling daarvoor kan ondersteun. Die…
24 Feb 2024 26 min

Episode 1 - Kerkbode Kollig: Van trane na hoop

In hierdie episode van Kerkbode Kollig, gesels ons oor geloof in tye van tragedie en verlies. Ds Christo Nel van Welkom vertel van die hartseer, maar ook verstommende ondersteuning wat hulle as gemeenskap ervaar het na ‘n busongeluk waarin ses tieners dood is. Die nuwe moderator van die Wes-Kaapland, ds…
17 Feb 2024 25 min

Inleiding

Heléne Meissenheimer van Kerkbode vertel kortliks waaroor Kollig gaan. Ons skop amptelik op 18 Februarie 2024 af!
9 Feb 2024 1 min
40 – 48