Episode 22 | Ma van twee vertel hoekom sy uithouwedlope doen vir goeie doel

Loading player...
Sanja Steyn van Darling het Race4Grace begin omdat sy lief is vir hardloop en ’n hart het vir die kwesbare weeskinders van Zimbabwe. Die land waar haar ouers sendelinge was en sy grootgeword het. Na haar pa, ds Henry Murray, se dood in 2014, het sy besluit sy gaan met uithouwedlope fondse insamel vir die fonds wat haar ouers begin het om kinders wat swaarkry te help.
Verlede jaar het sy met SkyRun 100, ’n deurnaghardloop van 100 km in die Drakensberge, R150 000 kon insamel vir die Henry Murray Gedenkfonds (kliek om meer oor hierdie fonds te lees op Getuienisaksie se webblad). Die fondse het dit vir 18 weeskinders moontlik gemaak om vanjaar te kon skoolgaan.
Einde vanjaar maak sy weer so. Dié keer in Zimbabwe.
28 Jul 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 56 | | Wie gee om vir die een wat omgee?

Onderwysers, maatskaplike werkers en predikante moet so opgelei word dat hulle weerbaar is vir trauma. “Ons moet hulle die toerusting gee om ’n veilige hawe te wees en nie self uit te brand nie.” Só sê die rektor van Hugenote Kollege, prof Retha Bloem. Sy vertel in hierdie episode van…
4 Mar 10 min